{"id":239618,"date":"2023-04-09T09:33:52","date_gmt":"2023-04-09T09:33:52","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239618"},"modified":"2023-11-09T19:06:17","modified_gmt":"2023-11-09T17:06:17","slug":"boekgesprek-die-afrikaans-van-die-kaapse-moslems","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/boekgesprek-die-afrikaans-van-die-kaapse-moslems\/","title":{"rendered":"Boekgesprek: Die Afrikaans van die Kaapse Moslems"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Daniel Hugo, digter, vertaler en gespreksleier van die insiggewende gesprek oor die Afrikaans van die Kaapse Moslems, gesels met Shihaam Domingo, kreatiewe vervaardiger in die vermaaklikheidsbedryf, en prof Hein Willemse, skrywer en akademikus.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Willemse en Suleman Dangor het die verwerking van Achmat Davids, \u2019n gesiene figuur in die Kaapse Moslem-gemeenskap, se boek <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">The Afrikaans of the Cape Muslims<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> (1991) behartig. <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Die Afrikaans van die Kaapse Moslems<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> (2018) is vertaal deur Danie C Botha. Dit is uitgegee deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA).<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die geskiedenis van die Kaapse Moslems is een waarvan soveel Afrikaanssprekendes onbewus is. Willemse vertel hoedat &#8216;Abdullah Ibn Qadi &#8216;Abd ul-Salam, later bekend onder die Kaapse Moslems as Tuan Guru (Grand Teacher), aanvanklik in die geheim sy geloof moes beoefen omdat die VOC dit destyds verban het om enige ander geloof as Christendom aan te hang. Tuan Guru is uiteindelik na Robbeneiland gestuur vanwe\u00eb sy verset teen die VOC, en daar het hy die Koran van geheue af neergeskryf.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die streng maatre\u00ebls aangaande geloofsbeoefening is verslap met die Britte se inname van die Kaap, wat aanleiding gegee het tot die eerste Madrasa wat in die Kaap gebou is. Domingo beskryf die Madrasa as \u2019n plek waar Moslem-kinders nie net meer van hulle geloof en herkoms geleer is nie, dis ook waar hulle geleer het om te lees en skryf.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die taal wat gebesig is gedurende hierdie tydperk in die Kaap onder die onderklasse, en hier kan die Bo-Kaap as sentrum uitgelig word, was \u2019n vermenging van Kaaps en Hollands, terwyl Engels die taal van die staat geword het en tale soos Maleis aan die uitsterf was. Dit het gelei daartoe dat Kaaps-Hollands in die Madrasa-onderwys gebruik is, maar dis in Arabies met behulp van spesifieke skriftekens geskryf \u2013 vandaar die ontstaan van Arabies-Afrikaans. Interessant dat die skriftekens gebruik is omdat dit in Arabies gebruiklik is om altyd \u2019n vokaal tussen twee konsonante te plaas. Om ruimte te maak vir Afrikaans is die skriftekens dus gebruik in woorde waar daar twee konsonante langs mekaar verskyn.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die neiging om taal te stigmatiseer, veral tale wat nie as die statustaal gesien word nie, is een van die oorsake daarvan dat hierdie geskiedenis nooit deeglik in hoofstroomonderrig opgeneem is nie. Die Kaapse Moslems het egter reeds byna \u2019n eeu voor die eerste \u201cAfrikaners\u201d Afrikaans gehandhaaf, en dit is \u2019n belangrike feit om van kennis te neem.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Vir meer inligting oor die gesprek oor <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Die Afrikaans van die Kaapse Moslems <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">besoek: <\/span><a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/program\/die-afrikaans-van-die-kaapse-moslems\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">https:\/\/kknk.co.za\/program\/die-afrikaans-van-die-kaapse-moslems\/<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">The Art Stories Incubator is enabled by PESP-3, BASA and the Department of Sport, Arts and Culture.<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">&nbsp;<\/span><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Kaapse Moslems het reeds byna \u2019n eeu voor die eerste \u201cAfrikaners\u201d Afrikaans gehandhaaf, en dit is \u2019n belangrike feit om van kennis te neem.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":240947,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-239618","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239618","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239618"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239618\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240948,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239618\/revisions\/240948"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/240947"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239618"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239618"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239618"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}