{"id":239620,"date":"2023-04-09T09:35:49","date_gmt":"2023-04-09T09:35:49","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239620"},"modified":"2023-11-09T19:05:29","modified_gmt":"2023-11-09T17:05:29","slug":"kanya-viljoen-en-carlo-daniels-verstom-met-jessie-die-man-en-die-maan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/kanya-viljoen-en-carlo-daniels-verstom-met-jessie-die-man-en-die-maan\/","title":{"rendered":"Kanya Viljoen en Carlo Daniels verstom met \u2018Jessie, Die Man en Die Maan\u2019"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Kanya Viljoen se jongste projek, <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Jessie, Die Man en Die Maan<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">, is \u2019n wonderlike tentoonstelling van haar vaardigheid as skrywer en regisseur, sowel as Carlo Daniels se veelsydigheid as verhoogkunstenaar.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Met Daniels se agtergrond in bewegingsteater is hy die perfekte keuse vir hierdie eenmanstuk. Hy span sy hele liggaam in om \u2019n boeiende verhaal van verlies en verwarring onder die stilte van die volmaan te vertel. Hy vertolk prim\u00ear die rol van AB wat beide sy vrou (Jane) en kind (Jessie) aan die dood afstaan, maar dans meesterlik rond vanuit een karakter se liggaam na die ander om ook die rolle van Jane en Jessie te vervul.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hoewel die teks homself soms tot sentimentaliteit en emotiewe taal verleen, is dit kompak genoeg om die trefkrag te behou. Daarmee saam is dit hoogs effektief hoe sterk die teks in plek\/ruimte geanker is. Die stuk speel grotendeels af in Mowbray, waar AB saam met sy gesin woon en in dieselfde huis vasgevang bly n\u00e1 hulle dood. Die verwysings na ruimtelike merkers in die karakters se omgewing help om die gehoor te ori\u00ebnteer, ongeag die simplistiese aard van die verhoogstel \u2013 \u2019n enkele stoel, deursigtige wit gordyn wat oor \u2019n houtvensterraam gedrapeer is, en twee lampe wat onderskeidelik die afwesige karakters van Jane en Jessie verteenwoordig. Die gebruik van beligting in di\u00e9 stuk is besonders: Daniels gebruik nie net die onderskeie lampe om aan te dui wanneer hy in Jane en Jessie se skoene tree nie, maar die flikkering van die gloeilampe dra by tot die gevoel van hulpeloosheid en eensaamheid wat AB ervaar.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Met elke teaterstuk waarin ek Daniels te\u00ebkom, raak dit duideliker dat hy van die mees opwindende jong verhoogakteurs is om dop te hou. Sy samewerking met Viljoen in <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Jessie<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> is \u2019n plesier vir teaterliefhebbers.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Lees hier meer: <\/span><a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/program\/jessie-die-man-en-die-maan\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">https:\/\/kknk.co.za\/program\/jessie-die-man-en-die-maan\/<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">The Art Stories Incubator is enabled by PESP-3, BASA and the Department of Sport, Arts and Culture.<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">&nbsp;<\/span><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met elke teaterstuk waarin ek Daniels te\u00ebkom, raak dit duideliker dat hy van die mees opwindende jong verhoogakteurs is om dop te hou. Sy samewerking met Viljoen in Jessie is \u2019n plesier vir teaterliefhebbers.\u00a0<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":240945,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-239620","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239620","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239620"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239620\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240946,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239620\/revisions\/240946"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/240945"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239620"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239620"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239620"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}