{"id":239624,"date":"2023-04-09T09:39:09","date_gmt":"2023-04-09T09:39:09","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239624"},"modified":"2023-11-09T19:04:46","modified_gmt":"2023-11-09T17:04:46","slug":"mirakel-wys-hoe-dit-lyk-om-te-ly-vir-jou-kuns","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/mirakel-wys-hoe-dit-lyk-om-te-ly-vir-jou-kuns\/","title":{"rendered":"\u2018Mirakel\u2019 wys hoe dit lyk om te ly vir jou kuns"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">In die magies-realistiese <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Mirakel<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">, \u2019n drama binne-in \u2019n drama, bevind \u2019n teatergeselskap hulself in \u2019n vervalle Vrystaatse Rooms-Katolieke kerk in die jaar 1936. Gepas dat hierdie geselskap die mirakelspel <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Elkeman<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> \u2013 \u2019n laat-middeleeuse drama-genre oor wonderwerke \u2013 uitvoer, wyl d\u00edt juis is waarop hulle wag, \u2019n wonderwerk.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Terwyl hierdie Reza de Wet-toneelstuk natuurlik sal spreek tot die kunstenaars en akteurs in die gehoor, is hulle nie die enigste mense wat hierby sal aanklank vind nie. Met die huidige omstandighede wat armoede en swaarkry betref in nie net Suid-Afrika nie maar die ganse w\u00eareld, is hierdie uitbeelding van die post-Depressie-era nog net so relevant as wat dit was toe De Wet se Hertzog-bekroonde <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Mirakel<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> oorspronklik in 1993 uitgegee is as deel van haar Vrystaat-trilogie (waarvan <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Drif<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> en <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Mis<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> ook deel uitmaak).<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hierdie toneelstuk is \u2019n verkenning van \u2019n w\u00eareld waarin daar van die \u201cgewone\u201d afgesien is in ruil vir \u2019n lewe in die teater. Dit is \u2019n speling tussen idealistiese en realistiese idees, droom en werklikheid, lig en donker. Die slim manier waarop net-net nie genoeg inligting weergegee word vir die gehoor om definitief te weet of wat gebeur wel die toedoen van bonatuurlike magte is nie, is uiters doeltreffend. Di\u00e9 onheilspellendheid en by tye byna groteske word om die beurt, met die perfekte tydsberekening, afgewissel met fyn humor, wat uitloop op \u2019n toweragtige spel waardeur die kyker verbysterd gelaat word.&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">In \u2019n tyd n\u00e1 die Covid-pandemie, wat almal op die een of ander wyse geraak het, word daar onder meer in hierdie interpretasie van die stuk gevra: Watter keuse is daar anders as \u201cthe show must go on\u201d, en hoe ver kan dit jou werklik bring om te \u201cfake it till you make it\u201d? Onder leiding van teaterlegende Marthinus Basson wys Dawid Minnaar (Dante du Pr\u00e9), Bettie Kemp (Salom\u00e9), Rolanda Marais (Anna), Edwin van der Walt (Abel), Carla Smith (Lenie) en Eben Genis (Antoine) aan die gehoor hoe dit lyk om werklik te ly vir jou kuns.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Let wel, \u2019n waarskuwing is by die omskrywing van hierdie stuk gevoeg: \u201cTeks bevat woorde wat aanstoot kan gee binne die konteks van historiese tyd en karakters.\u201d&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Om meer uit te vind oor <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Mirakel<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> lees: <\/span><a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/program\/mirakel\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">https:\/\/kknk.co.za\/program\/mirakel\/<\/span><\/a><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">The Art Stories Incubator is enabled by PESP-3, BASA and the Department of Sport, Arts and Culture.<\/span><\/i><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onder leiding van teaterlegende Marthinus Basson wys Dawid Minnaar (Dante du Pr\u00e9), Bettie Kemp (Salom\u00e9), Rolanda Marais (Anna), Edwin van der Walt (Abel), Carla Smith (Lenie) en Eben Genis (Antoine) aan die gehoor hoe dit lyk om werklik te ly vir jou kuns.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":240943,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-239624","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239624","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239624"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239624\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240944,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239624\/revisions\/240944"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/240943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239624"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239624"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239624"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}