{"id":239628,"date":"2023-04-09T09:40:33","date_gmt":"2023-04-09T09:40:33","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239628"},"modified":"2023-11-09T19:03:58","modified_gmt":"2023-11-09T17:03:58","slug":"mutton-hour-laat-jou-ontsnap-van-die-alledaagse","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/mutton-hour-laat-jou-ontsnap-van-die-alledaagse\/","title":{"rendered":"\u2018Mutton Hour\u2019 laat jou ontsnap van die alledaagse"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><i><span style=\"font-weight: 400;\">Mutton Hour<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> bied die perfekte geleentheid om vir \u2019n oomblik te ontsnap aan die alledaagse.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Ek was nog nooit iemand wat daarvan hou as lede van die gehoor tydens &#8216;n produksie of optrede uitgelig word deur die opvoerder nie. Gewoonlik is dit dan vir my \u2019n geval van sit in afwagting en spanning totdat die vertoning verby is. Dit was egter nie die geval tydens <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Mutton hour <\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">nie. Alhoewel Cintaine Schutte heel dikwels met die gehoorlede te make het, vind dit plaas op so \u2019n gemaklike wyse, in so \u2019n ontspanne omgewing, dat \u2019n mens w\u00edl deel wees en jy w\u00edl betrek word.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Hierdie speelse produksie is volgeprop met spontane, impulsiewe energie, fantastiese storievertelling en sommer net lawwighede vir \u2019n lekker-kyk-ervaring. Wat veral uitstaan in hierdie stuk, buiten Schutte en Wilhelm van der Walt se entoesiastiese spel, is die visuele aanbod aan die hand van Jemma Kahn se interpretasie van die Japannese storieverteltegniek, kamishibai. Dit vat my terug na toe ek as kind vir die eerste keer na \u2019n <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Storieman<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\">-kasset geluister het en saam kon volg in die gepaardgaande boekie.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Die omskrywing van di\u00e9 stuk lui: \u201cKort stories oor liefde, verlies, krokodille en katte\u201d, en terwyl dit mag klink of sommige van hierdie temas dalk nie by ander pas nie, word die balans tussen chaos en gestruktureerde vertelling goed gehandhaaf.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">As jy \u2019n behoefte het daaraan om te ontspan en iets ligs in te neem, sonder die politieke en ander kommentaar wat vanjaar in soveel produksies geopper word, sal jy beslis van <\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">Mutton hour<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> hou. Dis die perfekte afsluiting vir \u2019n aksie-belaaide en uitdagende week.<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><span style=\"font-weight: 400;\">Lees meer: <\/span><a href=\"https:\/\/kknk.co.za\/en\/programme\/mutton-hour\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><span style=\"font-weight: 400;\">https:\/\/kknk.co.za\/en\/programme\/mutton-hour\/<\/span><\/a><span style=\"font-weight: 400;\">&nbsp;<\/span><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die omskrywing van di\u00e9 stuk lui: \u201cKort stories oor liefde, verlies, krokodille en katte\u201d, en terwyl dit mag klink of sommige van hierdie temas dalk nie by ander pas nie, word die balans tussen chaos en gestruktureerde vertelling goed gehandhaaf.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":240941,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-239628","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239628","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239628"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239628\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240942,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239628\/revisions\/240942"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/240941"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239628"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239628"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239628"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}