{"id":239760,"date":"2023-05-08T12:21:42","date_gmt":"2023-05-08T12:21:42","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=239760"},"modified":"2023-11-09T18:59:55","modified_gmt":"2023-11-09T16:59:55","slug":"hier-is-die-kknk-se-kanna-wenners-vir-2023","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/hier-is-die-kknk-se-kanna-wenners-vir-2023\/","title":{"rendered":"Hier is die KKNK se Kanna-wenners vir 2023"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Die terugkeer van plekspesifieke teater na die KKNK-program is tydens vanjaar se Kannas met drie pryse beloon.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teatermaker Nicola Hanekom se <em>Mirre en aalwyn<\/em> het aan feesgangers die geleentheid gebied om teater \u00edn die pragtige Klein Karoo te ervaar. Di\u00e9 drama het op Vrydag 5 Mei tydens die Kannas, wat uitsonderlike kreatiewe bydraes by die KKNK beloon, drie Kanna-pryse ontvang, tydens \u2019n geselligheid by Leopard\u2019s Leap Wynlandgoed net buite Franschhoek met &nbsp;Lyntjie Jaars as aanbieder.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hanekom is bekroon vir beste liter\u00eare bydrae vir haar oorspronklike teks, asook as beste regisseur. Die produksie, met Amalia Uys, Daneel van der Walt, Gretha Brazelle en Alyssa van Reenen in die rolverdeling, is ook as beste toneelaanbieding bekroon.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">David Kramer se nuwe musiekspel <em>Ver in die w\u00eareld Kittie<\/em> is bekroon met die Kanna vir beste musiekaanbieding, asook beste ensemble vir die spel van Dean Balie, Jenny Stead, Andr\u00e9 Terblanche en Rushney Ferguson, wat die verhaal van Josef Marais, Rosa De Miranda, Kittie Jaftha en Koos Heuningbek uit die 1950\u2019s vertel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Neil Coppen en Craig Leo is bekroon vir die ontwerp en konsep van die fisieke teaterstuk <em>Droomkraan Kronieke<\/em>, die tweede teaterproduksie wat as deel van die KKNK se <em>Karoo Kaarte.<\/em>-projek geskep is. Di\u00e9 produksie is saamgestel uit \u2019n reeks Oudtshoorn-kinderstories en -herinneringe uit kinderdae van deelnemers wat tydens projeknavorsing na vore gekom het. Plaaslike akteurs, dansers en musikante is ingesluit by die produksie (asook die hele projek wat al vanaf 2021 bestaan).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Karoo Kaarte.<\/em>, wat vanjaar ondersteun is deur die ATKV, is \u2019n multidissiplin\u00eare kunsteprogram wat op Oudtshoorn lewe kry. Die projek is vir die tweede jaar met die Herrie-prys vir innovasie of grensverskuiwende werk bekroon. Diane de Beer vertel namens die Kannapaneel oor di\u00e9 besluit: \u201c<em>Karoo Kaarte.<\/em> draai rondom Oudtshoorn-stories. Sodoende word \u2019n lewende argief saamgestel deur almal wat wil deelneem aan di\u00e9 opwindende projek, wat reeds baie gedoen het om die KKNK een van die mees inklusiewe feeste in die land te maak. Die sukses van <em>Karoo Kaarte.<\/em> l\u00ea daarin dat dit bestuur word deur mense wie se harte en arms oopstaan om almal van die gemeenskap wat wil deelneem te betrek. Vanjaar het die inspirerende fisieke teaterproduksie, <em>Droomkraan Kronieke<\/em>, met kinderspeletjies, -herinneringe en -drome harte gesteel. Ek was geheel en al oorrompel deur die verbeeldingryke spel en storie, wat saam met al die ander elemente van <em>Karoo Kaarte.<\/em>, bygedra het tot die welverdiende erkenning.\u201d Ander elemente van di\u00e9 projek het \u2019n app, kinderstorieboek, kunsuitstallings, werksessies en Zines ingesluit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dawid Minnaar is bekroon vir beste vertolking vir sy spel in <em>Mirakel<\/em>, terwyl Liza Grobler die Absa Kanna vir beste visuele kunsaanbieding ontvang het vir haar uitstalling <em>Inkommers, laatkommers &amp; laatlammers<\/em>, asook die <em>Droom<\/em>-installasie waaraan sy saam met die plaaslike Oudtshoorn ReWOLusie gewerk het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Margit Meyer-R\u00f6denbeck en Deon van Zyl is vir die tweede agtereenvolgende jaar met die Kanna vir beste kinderteateraanbieding bekroon, di\u00e9 keer vir <em>Liewe Heksie vang vis<\/em>. Gita Fourie is as beste opkomende kunstenaar bekroon vir haar teks van die klug <em>Afval<\/em>, wat as deel van die Universiteit Stellenbosch Dramadepartement se Premi\u00e8re Teaterfees ontwikkel is en ook aangebied is as deel van die KKNK se Teksmark.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Slurpie-prys, \u2019n spesiale prys aan \u2019n jong belangrike stem is geborg en toegeken deur NATi. Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van NATi het die wenner aangekondig en di\u00e9 prys aan Veronique Jephtas oorhandig, vir die konsep en haar bydrae as skrywer en speler in <em>My kroon se krank. <\/em>Die digter Lynthia Julius was medeskrywer en die drama was onder regie van Tinarie van Wyk Loots, met Lee-Ann van Rooi as vervaardiger.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alwyn van Zyl het die Kanna vir uitnemende tegniese bydrae ontvang, \u2019n prys wat sedert 2018 ingestel is om erkenning te gee aan die harde werk wat tydens die KKNK agter die skerms plaasvind. Zonika van Zyl het die Kanna vir opkomende tegniese talent ontvang.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kannas is in 13 kategorie\u00eb oorhandig, nadat die KKNK se 27 debuutproduksies van 1 tot 9 April deur die onafhanklike Kannapaneel beoordeel is. Werk wat nie by die KKNK gedebuteer het nie, is ook vir die Kanna vir beste opkomende kunstenaar in ag geneem. Die Kannapaneel is Rafiek Mammon (sameroeper), Diane de Beer, Ilse Klink, Felicia Lesch en Fahiem Stellenboom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Prysgeld is geborg deur Absa (hoofborg van die KKNK), ATKV, Beans about Coffee Oudtshoorn, Castle Lager, Herotel, Het Jan Marais Nationale Fonds, Kunste Onbeperk, NATi, Ton &amp; Anet Vosloo en Wicus Pretorius. Wenners se beeldjies is gemaak deur Haidee Nel en Owen Claasen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die 28ste KKNK, geborg deur Absa, vind van 23 tot 31 Maart 2024 in die Klein Karoo plaas, terwyl Klein Karoo Klassique vanjaar van 4 tot 7 Augustus op Oudtshoorn aangebied word, met Teksmark wat van 28 Augustus tot 1 September in die Baxter-teatersentrum in Kaapstad aangebied word. Vir meer inligting, besoek <u>kknk.co.za<\/u> of kontak 044&nbsp;203 8600, <a href=\"mailto:info@kknk.co.za\">info@kknk.co.za<\/a> of stuur \u2019n WhatsApp na 065 285 2337.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">The complete list of Kanna winners is:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna for Best Production: Theatre, sponsored by the Het Jan Marais Nationale Fonds<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Mirre en aalwyn <\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna for Best Production: Music, sponsored by Castle Lager<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Ver in die w\u00eareld Kittie&nbsp; <\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste aanbieding \u2013 visuele kuns, geborg deur Absa <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Liza Grobler \u2013 <em>Inkommers, laatkommers &amp; laatlammers<\/em>, asook die <em>Droom<\/em>-installasie<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste vertolking, geborg deur Wicus Pretorius<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dawid Minnaar \u2013 <em>Mirakel<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste liter\u00eare bydrae, geborg deur NATi<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nicola Hanekom &#8211; <em>Mirre en aalwyn<\/em> (oorspronklike teks)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste regisseur, geborg deur ATKV<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nicola Hanekom \u2013 <em>Mirre en aalwyn<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste ensemble, geborg deur Kunste Onbeperk <\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Ver in die w\u00eareld Kittie <\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste ontwerp en tegniese bydrae, geborg deur Herotel<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Craig Leo en Neil Coppen vir die konsep en ontwerp van <em>Droomkraan Kronieke<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste aanbieding \u2013 kinderteater, geborg deur Kunste Onbeperk<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Liewe Heksie vang vis<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste opkomende kunstenaar, geborg deur Ton en Anet Vosloo<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gita Fourie \u2013 <em>Afval<\/em> (teks)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Herrie-prys vir innovasie of grensverskuiwende werk, geborg deur Kunste Onbeperk<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Karoo Kaarte. <\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Slurpie-prys, geborg deur NATi<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Veronique Jephtas<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir uitnemende tegniese bydrae, geborg deur Beans about Coffee Oudtshoorn<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alwyn van Zyl<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir opkomende tegniese talent, geborg deur Pieter-Jan Kapp<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Zonika van Zyl<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Foto&#8217;s: Natalie Gabriels Photography<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Hooffoto: Grant Swanby, Nicola Hanekom (Mirre en aalwyn) en Hen\u00e9t de Villiers van die Het Jan Marais Nationale Fonds&nbsp;<\/em><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kannas is in 13 kategorie\u00eb oorhandig, nadat die KKNK se 27 debuutproduksies van 1 tot 9 April deur die onafhanklike Kannapaneel beoordeel is.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":240935,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-239760","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239760","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=239760"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239760\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240936,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/239760\/revisions\/240936"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/240935"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=239760"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=239760"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=239760"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}