{"id":240399,"date":"2023-08-18T06:53:42","date_gmt":"2023-08-18T06:53:42","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=240399"},"modified":"2023-11-09T18:53:09","modified_gmt":"2023-11-09T16:53:09","slug":"laaste-week-om-programvoorstelle-vir-kknk-2024-in-te-dien","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/laaste-week-om-programvoorstelle-vir-kknk-2024-in-te-dien\/","title":{"rendered":"Laaste week om programvoorstelle vir KKNK 2024 in te dien"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgende jaar se KKNK vind van <b>Vrydag 23 tot Sondag 31 Maart 2024<\/b> in die hartjie van die Klein Karoo op Oudtshoorn plaas. Di\u00e9 feesdatums sluit die skoolvakansie en Paasnaweek in.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alle programvoorstelle van kunstenaars, musikante, kreatiewe skeppers en vervaardigers word verwelkom, waarna dit ge\u00ebvalueer word deur \u2019n onafhanklike aanbevelingspaneel, in oorleg met die fees se evalueringskriteria. Hierdie kriteria maak voorsiening vir optredes in teaters, die buitelug, op musiekverho\u00eb en in die strate van Oudtshoorn. <span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Slegs aanlyn voorstelle wat teen die sluitingsdatum van <b>Vrydag 25 Augustus<\/b> ingedien is, word oorweeg.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Drama en komedie is die kerndeel van die <b>teaterprogram<\/b>, met relevante Suid-Afrikaanse stories wat belangrike sosiale, maatskaplike en ekonomiese kwessies takel. \u2019n Verskeidenheid produksies word aanvaar om \u2019n gesonde balans tussen nis- en gewilde aanbiedings te verseker, waaronder plekspesifieke voorstelle wat die landskap van die Klein Karoo inkorporeer, asook voorstelle gemik op familievermaak, kindervermaak, jeugvermaak en jong volwassenes.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alle<b> <\/b>musiekgenres word oorweeg, in besonder innoverende en weldeurdagte <b>musiekproduksies<\/b> wat uitstaande musikante en\/of sangers inkorporeer. Die KKNK wil ook bel\u00ea in musiekteaterproduksies wat politieke, sosiale en maatskaplike kommentaar lewer en stel veral belang in satiriese werk. <b>Popul\u00eare en kontempor\u00eare musiek<\/b> wat op gesinne gemik is, word op die opelugverhoog in die feesterrein aangebied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><b>Lucky Pakkie<\/b> bied \u2019n geleentheid vir jong \u00e9n gevestigde kunstenaars om te eksperimenteer en meer konseptuele teaterervarings na die fees te bring. Opvoerings as deel van di\u00e9 aanbod is slegs 15 minute lank, opgevoer in klein tydelike ruimtes met ongeveer 30 gehoorlede per vertoning. Alle genres word hier aangebied, van familievermaak tot meer uitdagende werk vir volwassenes.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Uitgebreide program van <b>straatteater en -kuns<\/b> word in Baron van Reedestraat en die feesterrein aangebied.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Voorstelle wat as aanvullende ervarings vir feesgangers kan dien, kan as <b>Klein Karoo Experiences<\/b> ingesluit word. Hierdie ervarings inkorporeer die Klein Karoo en Oudtshoorn se natuurskoon, geskiedenis en gehalteprodukte. Ander aanvullende <b>leefstylervarings<\/b> wat onder meer kos, wyn, proe\u00eb, werksessies, toere, sport, natuurervarings en mode insluit word oorweeg.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><b>Visuele kunsvoorleggings<\/b> word in \u2019n aparte proses hanteer. Voorstelle kan gerig word aan Lizan\u00e9 Basson by <a href=\"mailto:lizane@kunste.org.za\">lizane@kunste.org.za<\/a>. Interessante voorstelle vir <b>gespreksreekse<\/b>, werksessies of interaktiewe programme kan aan Hugo Theart gestuur word by <a href=\"mailto:hugo@kunste.org.za\">hugo@kunste.org.za<\/a>. Produksievoorstelle wat geoormerk kan word vir feeste verder in die toekoms word ook aangemoeding, wat geleentheid bied vir langtermyn beplanning. Hierdie voorstelle vir 2025 en 2026 kan ook aan Theart gerig word.<span class=\"Apple-converted-space\"> <\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir volledige programriglyne met meer inligting oor kriteria- en keuringsriglyne, teikenmark-inligting, \u2019n oorsig oor die KKNK se feesgangers, kontraktipes en ander belangrike inligting, besoek die KKNK se webblad by <a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Algemene navrae kan gerig word aan Lizan\u00e9 Basson by <a href=\"mailto:lizane@kunste.org.za\">lizane@kunste.org.za<\/a> of 044 203 8600. Vir meer inligting, kontak die KKNK per e-pos by <a href=\"mailto:info@kknk.co.za\">info@kknk.co.za<\/a>, telefonies by 044&nbsp;203 8600 of stuur \u2019n WhatsApp na 065&nbsp;285 2337.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Fotos: Kunstenaars en kreatiewe skeppers en denkers het nog een week om<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span>programvoorstelle vir die 28ste KKNK in te dien. \u00a9 Hans van der Veen<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kunstenaars en kreatiewe skeppers en denkers het nog een week om\u00a0programvoorstelle vir die 28ste KKNK in te dien.\u00a0<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":240925,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-240399","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/240399","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=240399"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/240399\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240926,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/240399\/revisions\/240926"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/240925"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=240399"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=240399"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=240399"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}