{"id":240489,"date":"2023-08-24T08:55:59","date_gmt":"2023-08-24T08:55:59","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=240489"},"modified":"2023-11-09T18:55:12","modified_gmt":"2023-11-09T16:55:12","slug":"twintig-skrywers-se-tekste-by-agtste-teksmark-te-sien","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/twintig-skrywers-se-tekste-by-agtste-teksmark-te-sien\/","title":{"rendered":"Twintig skrywers se tekste by agtste Teksmark te sien"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><b> Teksmark <\/b>is \u2019n KKNK-projek, in samewerking met NATi (Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief) en die Baxter-teater, en word van <b>Woensdag 30 Augustus tot Vrydag 1 September<\/b> in die Baxter se Golden Arrow Studio aangebied. <span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns sien geweldig uit daarna om nuwe teks-idees van opkomende \u00e9n gevestigde skrywers by <b>Teksmark <\/b>te verwelkom en aan hulle \u2019n geleentheid tot moontlike verdere ontwikkeling van hulle idees te bied\u201d, s\u00ea Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Theart s\u00ea verder daar is meer as 100 tekste ingedien vir oorweging, waarna die onafhanklike keuringspaneel bestaande uit Ilse Oppelt, Jody Abrahams, Mannie Manim, Saartjie Botha en Cornelia Faasen, uiteindelik 18 tekste gekies het om by die Baxter-teater voor te l\u00ea.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 18 tekste en hul skrywers is: <em>Dryfhout<\/em> deur <b>Nell van der Merwe<\/b>, <em>Found<\/em> deur <b>Darryl Nel<\/b>, <em>Ken jy vir Dewie?<\/em> deur <b>Ilne Fourie<\/b>, <em>Khanya and Her Golden Dream<\/em> deur <b>Sibahle Mabaso<\/b>, <em>Kontrapunt<\/em> deur <b>Jason Jacobs &amp; Devon Delmar<\/b>, <em>Mahlomola a Lockdown &#8211; An Unspoken Story of Covid-19<\/em> deur <b>Ngwako Maifala<\/b>, <em>Martha<\/em> deur <b>Ilse van Niekerk &amp; Albert Maritz<\/b>, <em>Moedswil en muitery<\/em> deur <b>Ingrid Winterbach<\/b>, <em>Ontbaar<\/em> deur <b>Philip Rademeyer<\/b>, <em>Please don\u2019t call me Moffie<\/em> deur <b>Zubayr Charles<\/b>, <em>praat gou weer<\/em> deur <b>Kanya Viljoen<\/b>, <em>Punchlines<\/em> deur <b>Brent Palmer<\/b>, <em>Stoffel<\/em> deur <b>Elisha Zeeman-Knoesen<\/b>, <em>The Good White<\/em> deur <b>Mike van Graan<\/b>, <em>The Massacre at Mount Ursula<\/em> deur <b>Louis Viljoen<\/b>, <em>Tot \u2019n einde<\/em> deur <b>Ludwig Binge<\/b>, <em>Verloren<\/em> deur <b>Andi Colombo<\/b> en <em>Waar die wind ons waai<\/em> deur <b>Mikyall Harris<\/b>.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Elkeen van die skrywers kry by <b>Teksmark <\/b>\u2019n geleentheid om oor hul teks-idee te gesels en dit aan potensi\u00eble beleggers voor te l\u00ea. Daarna word \u2019n uittreksel van tien minute as leesteater opgevoer, waarna die vloer oopgestel word vir vrae en verdere bespreking van die teks tussen die skrywer, betrokkenes en die gehoor, gefasiliteer deur gewilde TV-aanbieder <b>Kabous Meiring<\/b>.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Uittreksels word opgevoer deur 60 spelers, waaronder Ira Blanckenberg, Waldemar Schultz, Wessel Pretorius, Crystal Donna Roberts, Geon Nel, Ilse van Niekerk, Marlo Minnaar, Ludwig Binge, Veronique Jephtas, Oscar Peterson, Bianca Flanders, Mbulelo Grootboom, Andr\u00e9 Roothman, Rehane Abrahams, Nicole Holm, Faniswa Yisa, Qondiswa James en Zenobia Kloppers.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Regie van die uittreksels word behartig deur 18 regisseurs, waaronder Albert Maritz, Margit Meyer-R\u00f6denbeck, De Klerk Oelofse, Rafiek Mammon, Gideon Lombard, Lwanda Sindaphi, Llandi Beeslaar en Wolf Britz.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit bly verstommend om te sien hoeveel tekste jaarliks instroom vir <b>Teksmark<\/b>. Die lys van gevestigde en bekroonde skrywers en natuurlik nuwe talent, maak mens opnuut bewus van hoe belangrik \u2019n projek is waar die fokus op die teks en die woord val. Elke jaar oorrompel skrywers mens met die kwaliteit van die tekste en hulle idees \u2013 en dan bestaan daar geen meer twyfel daaroor dat hierdie projek belangrik en bowenal, noodsaaklik is nie\u201d, s\u00ea Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van NATi.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Lara Foot, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die Baxter-teatersentrum, beaam die belangrikheid van <b>Teksmark <\/b>en s\u00ea di\u00e9 projek het oor die jare gegroei in sy pogings om jong kunstenaars, dramaturge en teatermakers te ondersteun. \u201cHulle het nou, meer as ooit, s\u00f3 \u2019n platform nodig waar hulle gekoester, gelei en aangemoedig word in die ontwikkeling van hul stories en tekste. <b>Teksmark <\/b>bied \u2019n platform vir al die skrywers om te speel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die doel van <b>Teksmark <\/b>is om uiteindelik nuwe Suid-Afrikaanse verhoogtekste te ontwikkel en aan alle Suid-Afrikaanse skrywers \u2019n geleentheid te bied om hul idees vir moontlike verdere ontwikkeling aan belanghebbendes in die teaterbedryf bekend te stel. Feeste, teaters, vervaardigers en ander beleggers onderhandel direk met skrywers om tekste moontlik verder te ontwikkel.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sedert die ontstaan van <b>Teksmark<\/b> in 2016, is <b>125 tekste<\/b> ingesluit as deel van di\u00e9 inisiatief, met <b>36<\/b> <b>teks-idees <\/b>wat in volskaalse produksies ontwikkel is, waarvan verskeie bekroon is met \u2019n rits toekennings en pryse.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bywoning van <b>Teksmark <\/b>by die Baxter-teatersentrum is gratis, maar dit is belangrik om vooraf op die KKNK se webblad te registreer vir sessies wat bygewoon word, aangesien spasie in die teater beperk is. <span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir meer inligting oor <b>Teksmark <\/b>2023 kontak die KKNK-kantoor per e-pos by <a href=\"mailto:info@kunste.org.za\">info@kunste.org.za<\/a>, telefonies by 044&nbsp;203 8600 of via WhatsApp by 065&nbsp;285 2337.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><b>Photos: <\/b>\u2019n Reeks foto\u2019s geneem tydens Teksmark 2022 waar verskeie tekste as leesteater by die Baxter-teatersentrum voorgel\u00ea is. \u00a9 Nardus Engelbrecht<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twintig skrywers het vanjaar die geleentheid om hul teks-idees tydens die agtste Teksmark by die Baxter-teater in Kaapstad aan voornemende beleggers voor te l\u00ea.\u00a0<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":240928,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-240489","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/240489","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=240489"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/240489\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240929,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/240489\/revisions\/240929"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/240928"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=240489"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=240489"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=240489"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}