{"id":240516,"date":"2023-09-05T09:40:02","date_gmt":"2023-09-05T09:40:02","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=240516"},"modified":"2023-11-09T18:49:03","modified_gmt":"2023-11-09T16:49:03","slug":"agtste-teksmark-inspireer-en-daag-uit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/agtste-teksmark-inspireer-en-daag-uit\/","title":{"rendered":"Agtste Teksmark inspireer en daag uit"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">So s\u00ea Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK, wat die agtste <b>Teksmark<\/b> van Woensdag 30 Augustus tot Vrydag 1 September by die Baxter-teater in Kaapstad aangebied het.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><b>Teksmark<\/b> word finansieel ondersteun deur NATi, die Baxter-teater en die Het Jan Marais Nationale Fonds, met gebruik van fasiliteite en infrastruktuur vir di\u00e9 projek wat deur die Baxter-teater geborg word.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Theart was dit opvallend dat daar gewaag word met temas wat wyer as die self en identiteit kyk, maar met \u2019n groter, meer holistiese aanslag na die w\u00eareld. \u201cVolgende jaar gaan beslis \u2019n interessante teaterjaar wees en dit maak my opgewonde dat daar met \u2019n nuwe lens na die verlede gekyk word, met \u2019n blik na die hede \u00e9n die toekoms, sonder om in die onmiddellike w\u00eareld vasgevang te word.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><b>Teksmark<\/b>, wat sedert 2016 aangebied word, is nie \u2019n kompetisie nie, maar skep \u2019n platform vir opkomende en gevestigde skrywers om hul teks-idees voor verteenwoordigers uit die teaterbedryf, asook potensi\u00eble beleggers en die publiek te toets.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cSoveel sterk tekste is die afgelope drie dae hier voorgel\u00ea, dat verskeie verdere gesprekke reeds aan die gang is en nog agter die skerms gaan plaasvind \u2013 met vennote wat nie hier kon wees nie, wat ook besig is om teks-idees te lees en na die opnames te kyk. Een ding is seker: Daar is opwindende teaterwerk op pad vir 2024 en 2025,\u201d s\u00ea Theart. <span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir Lara Foot, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die Baxter-teater, begin alles met \u2019n teks. \u201cEk glo werklik in <b>Teksmark<\/b>. \u2019n Projek soos hierdie is baie belangrik vir die industrie. Daar is geen gelyke vir die innoveer, inspireer en uitbrei in die omvang van verbeelding en intellek, wat deur \u2019n goeie skrywer na die verhoog gebring kan word nie. Dit gaan oor innoverende dialoog en ons moet die skrywers op hierdie manier ondersteun. Baie geluk en hou aan skryf.\u201d<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-240519\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/KKNK-Teksmark-2023-by-die-Baxter-teater-in-Kaapstad-1.jpg\" alt=\"\" width=\"1560\" height=\"978\" title=\"\"> <img decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-240521\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/KKNK-Teksmark-2023-by-die-Baxter-teater-in-Kaapstad-5.jpg\" alt=\"\" width=\"1458\" height=\"975\" title=\"\"> <img decoding=\"async\" class=\"alignnone size-full wp-image-240525\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/09\/KKNK-Teksmark-2023-by-die-Baxter-teater-in-Kaapstad-2.jpg\" alt=\"\" width=\"1396\" height=\"981\" title=\"\">Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van NATi, s\u00ea vanjaar se <b>Teksmark<\/b> was een van di\u00e9 projek se bestes. \u201cDie aanbod van tekste was besonders sterk en ek is meer opgewonde oor die toekoms van teater as ooit vantevore,\u201d s\u00ea sy. Faasen het ook aangekondig dat \u2019n nuwe teksontwikkelingsprojek later vanjaar vir die eerste keer in Gauteng aangebied word. \u201cOns is opgewonde oor di\u00e9 projek in Johannesburg op Vrydag 3 en Saterdag 4 November waar n\u00f3g 13 tekste by die Foxwood-teater op die verhoog te sien is.\u201d<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gewilde TV-aanbieder <b>Kabous Meiring<\/b> het die sessies gefasiliteer, waar skrywers \u2019n geleentheid gehad om oor teks-idees te gesels en daarna vrae uit die gehoor kon beantwoord. Vanjaar se 18 tekste is: <i>Dryfhout <\/i>deur <b>Nell van der Merwe<\/b>, <i>Found <\/i>deur <b>Darryl Nel<\/b>, <i>Ken jy vir Dewie?<\/i> deur <b>Ilne Fourie<\/b>, <i>Khanya and Her Golden Dream<\/i> deur <b>Sibahle Mabaso<\/b>, <i>Kontrapunt<\/i> deur <b>Jason Jacobs &amp; Devon Delmar<\/b>, <i>Mahlomola a Lockdown &#8211; An Unspoken Story of Covid-19<\/i> deur <b>Ngwako Maifala<\/b>, <i>Martha<\/i> deur <b>Ilse van Niekerk &amp; Albert Maritz<\/b>, <i>Moedswil en muitery <\/i>deur <b>Ingrid Winterbach<\/b>, <i>Ontbaar <\/i>deur <b>Philip Rademeyer<\/b>, <i>Please don\u2019t call me Moffie<\/i> deur <b>Zubayr Charles<\/b>, <i>praat gou weer <\/i>deur <b>Kanya Viljoen<\/b>, <i>Punchlines <\/i>deur <b>Brent Palmer<\/b>, <i>Stoffel <\/i>deur <b>Elisha Zeeman-Knoesen<\/b>, <i>The Good White <\/i>deur <b>Mike van Graan<\/b>, <i>The Massacre at Mount Ursula<\/i> deur <b>Louis Viljoen<\/b>, <i>Tot \u2019n einde <\/i>deur <b>Ludwig Binge<\/b>, <i>Verloren <\/i>deur <b>Andi Colombo<\/b> en <i>Waar die wind ons waai<\/i> deur <b>Mikyall Harris<\/b>.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir meer inligting oor <b>Teksmark <\/b>2023 kontak die KKNK-kantoor per e-pos by <a href=\"mailto:info@kunste.org.za\">info@kunste.org.za<\/a>, telefonies by 044&nbsp;203 8600 of via WhatsApp by 065&nbsp;285 2337.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><b>Photos: <\/b>\u2019n Oorsig van die agtste KKNK Teksmark wat van 30 Augustus tot 1 September by die Baxter-teater in Kaapstad plaasgevind het. \u00a9 Nardus Engelbrecht<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cTeksmark was \u2019n inspirerende geleentheid met opwindende teaterkonsepte en insiggewende gesprekke, wat ook uitgedaag het.\u201d<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":240922,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-240516","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/240516","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=240516"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/240516\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240923,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/240516\/revisions\/240923"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/240922"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=240516"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=240516"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=240516"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}