{"id":240673,"date":"2023-09-28T12:51:39","date_gmt":"2023-09-28T12:51:39","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=240673"},"modified":"2025-04-24T11:32:31","modified_gmt":"2025-04-24T09:32:31","slug":"kknk-en-oudtshoorn-skitter-met-wes-kaapse-erkenning","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/kknk-en-oudtshoorn-skitter-met-wes-kaapse-erkenning\/","title":{"rendered":"KKNK en Oudtshoorn skitter met Wes-Kaapse erkenning"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie toekennings erken jaarliks uitnemende bydraes tot die kunste, kultuur, erfnis, taal, biblioteke, argiewe, museums en geografiese name en is in 2023 vir die 21ste keer by die Kunstekaap-teatersentrum in Kaapstad oorhandig.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Verder tot die Kuns- en Kultuurtoekennings, het die Wes-Kaapse Minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais, ook spesiale toekennings oorhandig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><b><i>Karoo Kaarte.<\/i><\/b>, die KKNK se bekroonde gemeenskapsgedrewe kunsteprojek, het die prys ontvang vir <b>mees innoverende gemeenskapskunstefees<\/b>. Hierdie projek, vanjaar ondersteun deur die ATKV, is \u2019n multidissiplin\u00eare kunsteprogram wat op Oudtshoorn lewe kry. <i>Karoo Kaarte.<\/i> draai rondom Oudtshoorn-stories en stel sodoende \u2019n lewende argief saam, met behulp van almal wat wil deelneem aan di\u00e9 opwindende projek, wat reeds baie gedoen het om die KKNK een van die mees inklusiewe feeste in die land te maak. Die projek is deurlopende samewerking, gefasiliteer deur die visuele kunstenaar Vaughn Sadie en die teatermaker Neil Coppen.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanjaar is daar deur <i>Karoo Kaarte.<\/i> gefokus op stories wat met ervarings van kinderjare verband hou, asook met verlore openbare ruimtes. Aktiwiteite is regdeur die KKNK se program aangebied, met navorsing rondom hierdie temas wat in die projek na vore gekom het.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><b>Hugo Theart<\/b>, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK, ontvang die <b>Minister se spesiale toekenning<\/b> as erkenning vir sy uitstaande bydrae tot musiek en kuns. Sy passie en verbintenis tot die KKNK inspireer mense steeds en illustreer hoe kuns positiewe verandering kan aandryf en \u2019n beter w\u00eareld kan skep. Sy leierskap het die KKNK in staat gestel om \u2019n nuwe reis aan te pak en sy posisie as \u2019n Suid-Afrikaanse kultuurbaken te bevestig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die voorsitter van die KKNK se direksie, <b>Crispin Sonn<\/b>, ontvang die <b>Minister se spesiale toekenning<\/b> vir sy uitstaande bydrae tot musiek en kuns. Onder sy leiding het die KKNK gegroei tot \u2019n gekoesterde familiefees wat besoekers nie net uit alle uithoeke van Suid-Afrika nie, maar ook van regoor die w\u00eareld lok. Sonn se leierskap en toewyding toon hoe die kunste \u2019n deurslaggewende rol kan speel om mense bymekaar te bring, begrip vir verskillende kulture te bevorder en \u2019n beter toekoms vir almal te bou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Rolspelers uit Oudtshoorn is met twee verdere toekennings bekroon. Oudtshoorniet <b>Hazel Jonker<\/b> het die <b>Minister se nalatenskap-toekenning<\/b> ontvang, as erkenning vir haar uitstaande bydrae tot erfenisbewaring en -bevordering in die Klein Karoo en spesifiek Oudtshoorn. Sy is die voorsitter van Heritage Oudtshoorn Erfenis en het \u2019n aktiewe rol gespeel in die bevordering van erfenisbewaring en -bevordering binne die Klein Karoo. Haar bydraes getuig van haar passie om die ryk geskiedenis en kultuurerfenis van Oudtshoorn en sy omgewing te bewaar.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Oudtshoorn se <b>C.P. Nel-museum<\/b> het die prys ontvang vir <b>bydrae tot die bevordering van maatskaplike insluiting op die gebied van museums, erfenis en geografiese name<\/b>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Marais s\u00ea hulle is verheug om die gehalte en diversiteit van die kunste in die Wes-Kaap te kan vier. \u201cDie toekennings vertoon die wye reeks van kulturele aktiwiteite van die Wes-Kaap, wat ons met baie entoesiasme ondersteun. Vanaand vereer ons diegene wat \u2019n blywende nalatenskap vestig en ons gehelp het om al hierdie belangrik kuns- en kultuuraktiwiteite in ons provinsie te laat toeneem,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die 28ste KKNK word van <b>Saterdag 23 tot Sondag 31 Maart 2024<\/b> op Oudtshoorn aangebied. Vir meer inligting, hou die KKNK se sosiale media dop, besoek <a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a> of kontak 044&nbsp;203 8600, stuur \u2019n e-pos na <a href=\"mailto:info@kknk.co.za\">info@kknk.co.za<\/a> or a WhatsApp to 065 285 2337.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><b>Meer oor die Minister se spesiale toekennings<br><\/b>\u2022 Die Minister se spesiale toekennings erken uitstaande bydraes in hul onderskeie velde in die Kuns- en Kultuursektor.<span class=\"Apple-converted-space\"><br><\/span>\u2022 Die Minister se nalatenskap-toekennings erken legendes wat hul doelwitte in die Kuns- en Kultuursektor oortref en \u2019n betekenisvolle impak op hul gemeenskappe, die provinsie, die land en die w\u00eareld gemaak het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><b>Photos: <\/b>Drie Kuns- en Kultuurtoekennings van die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport is op Dinsdag 26 September aan die KKNK oorhandig. \u00a9 Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Drie Kuns- en Kultuurtoekennings van die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport is Dinsdagaand 26 September aan die KKNK oorhandig.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":240854,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-240673","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/240673","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=240673"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/240673\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240918,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/240673\/revisions\/240918"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/240854"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=240673"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=240673"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=240673"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}