{"id":244718,"date":"2025-09-01T15:20:42","date_gmt":"2025-09-01T13:20:42","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=244718"},"modified":"2025-09-02T09:37:24","modified_gmt":"2025-09-02T07:37:24","slug":"teksmark-vier-tien-jaar-van-nuwe-teatertekste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/teksmark-vier-tien-jaar-van-nuwe-teatertekste\/","title":{"rendered":"Teksmark celebrates ten years of new theatre scripts\u00a0"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Teksmark<\/strong>, die KKNK se teksontwikkelingsprojek, vier op Donderdag 4 en Vrydag 5 September \u2019n dekade van unieke stories.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cVanjaar se <strong>Teksmark<\/strong> bring \u2019n uitsonderlike groep skrywers byeen \u2013 waaronder drie Hertzog-pryswenners \u2013 en bied \u2019n opwindende blik op wat voorl\u00ea vir Suid-Afrikaanse teater.\u201d S\u00f3 s\u00ea Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gehore wat Teksmark in die Baxter Studio by die Baxter-teatersentrum bywoon, kan uitsien na kreatiewe teksidees van <strong>Nicola Hanekom <\/strong>(<em>Die gebed van \u2019n halfmens<\/em>), <strong>Saartjie Botha <\/strong>(<em>ge-gebergtes<\/em>), <strong>Willem Anker <\/strong>(<em>Stormjaers<\/em>), <strong>Tertius Kapp <\/strong>(<em>Vastrap<\/em>), <strong>Veronique Jephtas <\/strong>[<em>K(r)aak<\/em>], <strong>Nico Scheepers <\/strong>(<em>My kinders se honde<\/em>), <strong>Jason Jacobs &amp; Devon Delmar <\/strong>(<em>Kontrapunt<\/em>), <strong>Carla Smith <\/strong>(<em>CRYBABY<\/em>), <strong>Amee Lekas <\/strong>(<em>Beloofde land<\/em>) en <strong>Wilken Calitz <\/strong>(<em>Pierneef en die bok<\/em>). Uittreksels word ook aangebied van die twee wenproduksies uit die Baxter-teater se Zabalaza-fees: <strong>Lauren Snyders <\/strong>se <em>\u2019n Pandok se liefde<\/em>&nbsp; en&nbsp; <strong>Lwanda Sindaphi<\/strong> se <em>Purpose<\/em>.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Teksmark<\/strong> word moontlik gemaak deur NATi, die Baxter-teater, UJ Kuns &amp; Kultuur en die Het Jan Marais Nationale Fonds.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Skrywers kry hier die geleentheid om oor hul nuwe teksidee te gesels en daarna \u2019n kort uittreksel as leesteater aan te bied. Uittreksels word onder leiding van regisseurs waaronder Marthinus Basson, Dean Balie, Samuel Jumat en Kanya Viljoen aangebied, met verskeie van die skrywers wat self ook gesoute regisseurs is, wat hul eie regie behartig.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op die verhoog vir die leesteater-uittreksels is Frank Opperman, Chris van Niekerk, Joanie Combrink, Waldemar Schultz, Ren\u00e9 Cloete, Ira Blanckenberg, Cintaine Schutte, Bianca Flanders, Carel Nel, Daneel van der Walt, Wian Taljaard, Gretha Brazelle, Wilhelm van der Walt, Morn\u00e9 Visser en vele ander te sien.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bywoning van <strong>Teksmark<\/strong> is gratis en alle belangstellendes word genooi om deel te wees van die eerste saadjie wat gesaai word vir die ontwikkeling van nuwe Suid-Afrikaanse teaterproduksies en \u2019n viering van die tiende jaar van die bekroonde projek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van NATi, s\u00ea: \u201cIn \u2019n w\u00eareld wat toenemend oorheers word deur kunsmatige plaasvervangers en uitgeholde namaaksels, staan die teater en veral <strong>Teksmark<\/strong> as \u2019n baken van unieke stemme en oorspronklike idees, wat voortspruit uit die geleefde ervarings van ons eie skrywers. Hierdie projek erken dat ons gedeelde menswees die beste gekoester en gevier word deur die onvervangbare werk van kunstenaars wat waag om \u2019n spie\u00ebl voor ons samelewing te hou en ongemaklike waarhede te vertel. In \u2019n tyd wanneer ware menslike verbinding meer kosbaar as ooit voel, herinner hierdie nuwe werke ons waarom teater noodsaaklik bly. Dit is nie \u2019n luuksheid nie, maar \u2019n morele kompas en toevlugsoord vir die verbeelding.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Lara Foot, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die Baxter-teater, het <strong>Teksmark<\/strong> \u2019n sleutelrol gespeel in die koestering van jong skrywers sedert die projek se ontstaan in 2016, en aan hulle die geleentheid gebied om hulle stories te vertel en hulle stemme in hul moedertaal te deel.&nbsp; \u201cStories help ons om te leer, te voel en te genees \u2013 as gehore, as gemeenskappe en as die samelewing oor die algemeen. Die Baxter is trots op ons vennootskap met die KKNK en NATi, en wens <strong>Teksmark<\/strong> volgehoue sukses toe, soos die projek aanhou om \u2019n inklusiewe, ondersteunende en koesterende platform vir komende generasies van storievertellers te bou.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir <strong>Teksmark<\/strong> se mylpaal-viering is die projek vanjaar effens anders as in die verlede aangepak. Teksmark het nie vanjaar \u2019n ope-uitnodiging vir teksvoorstelle gehad nie, maar skrywers is deur vennote van di\u00e9 projek ge\u00efdentifiseer om opdragwerke te skryf of werke wat reeds voorgel\u00ea was is gekies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sedert die ontstaan van <strong>Teksmark<\/strong> is bykans <strong>200 teks-idees<\/strong> deur <strong>meer as 170 skrywers<\/strong> vir verdere ontwikkeling voorgel\u00ea, waarvan ongeveer <strong>50 tekste<\/strong> tot volskaalse produksies ontwikkel is. Hierdie produksies het ook reeds hope pryse ontvang.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns sien daarna uit om belangstellendes by die Baxter-teater te verwelkom om die begin van hierdie tekste te ervaar. Ons moedig ook reeds skrywers aan om hulle teks-idees gereed te kry vir <strong>Teksmark<\/strong> 2026, wanneer daar weer \u2019n ope-uitnodiging vir teksvoorstelle as deel van di\u00e9 projek sal wees\u201d, sluit Theart af.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Meer inligting en die volledige program vir <strong>Teksmark<\/strong> 2025 is aanlyn beskikbaar by kknk.co.za. Of kontak die KKNK-kantoor via e-pos by <a href=\"mailto:info@kunste.org.za\">info@kunste.org.za<\/a>, telefonies by 044&nbsp;203 8600 of stuur \u2019n WhatsApp na 065&nbsp;285 2337.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Teksmark, the KKNK\u2019s script development project, celebrates a decade of unique stories on Thursday 4 and Friday 5 September.\u00a0<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":244721,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1,31,54],"tags":[],"class_list":["post-244718","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk","category-kknk-nuus","category-teksmark"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/244718","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=244718"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/244718\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":244727,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/244718\/revisions\/244727"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/244721"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=244718"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=244718"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=244718"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}