{"id":245574,"date":"2026-01-21T07:59:19","date_gmt":"2026-01-21T05:59:19","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=245574"},"modified":"2026-01-21T07:59:22","modified_gmt":"2026-01-21T05:59:22","slug":"voluit-feesprogram-vir-30ste-kknk-bekend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/voluit-feesprogram-vir-30ste-kknk-bekend\/","title":{"rendered":"Voluit feesprogram vir 30ste KKNK bekend"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie KKNK, geborg deur Absa, oftewel die moederfees van Afrikaanse feeste, vier van <strong>28 March to 4 April 2026<\/strong> \u2019n voluit 30ste mylpaaljaar op Oudtshoorn.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">So s\u00ea Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK. Volgens Theart word daar met die KKNK se geskiedenis natuurlik teruggekyk na waar alles begin het en hoe die fees ontwikkel het oor die jare. \u201cDi\u00e9 viering kyk egter ook voluit vorentoe. Feesgangers kan vir die 30ste jaar uitsien na \u2019n fees wat bruis van talent \u2013 beide veterane \u00e9n opkomend. Die gewilde aspekte van die fees is volgepak, met \u2019n paar nuwighede en opwindende aanpassings.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOp die teaterprogram is daar verskeie debuutproduksies van nuutgeskrewe tekste en vertalings, asook \u2019n keur van bekroonde en gewilde werke wat die afgelope tyd by ander teaters en feeste te sien was.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie Feesmark is ekstra woelig met twee musiekverho\u00eb waar van Suid-Afrika se voorste en gewildste sangers en musikante te sien is. \u2019n Spesiale <em>Voluit-openingskonsert <\/em>(28 Maart) met verskeie verrassings en die ou bekende <em>Karoo Pops<\/em> (29 Maart) en <em>Kaktus<\/em> (2 April) is terug. Verder bied die Feesmark ook kinderteater in die Klein KKNK-teater, kort teaterproduksies met Blitsteater, asook markte en leefstylervarings regdeur die fees. Alles aangebied teen \u2019n sakpasprys. Bykomend is daar ook gratis vermaak in Baron van Reedestraat by die RSG en ATKV-Kuierkol, verskeie gespreksreekse en visuele kuns.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns nooi almal uit na die spesiale 30ste verjaarsdagpartytjie in die hartjie van die Klein Karoo. Dit is agt dae van voluit feesvier, met vermaak wat iets vir almal bied \u2013 jonk en oud. Ons sien baie daarna uit om di\u00e9 mylpaal saam met jou te vier\u201d, sluit Theart af.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teaterhoogtepunte sluit die terugkeer van Nicola Hanekom met \u2019n plekspesifieke drama in <em>Die gebed van \u2019n halfmens<\/em>, onder regie van Hanekom met Tobie Cronj\u00e9, Annelisa Weiland, Marlo Minnaar, Brendon Daniels, Alyssa van Reenen en Gretha Brazelle. Die gevierde Vlaamse skrywer Tom Lanoye se herbesinning oor die Trojaanse oorlog in <em>Atropa: Die wraak van vrede<\/em> onder regie van Marthinus Basson met Anna-Mart van der Merwe, Antoinette Kellermann, Rolanda Marais, Tinarie van Wyk Loots, Carla Smith en Geon Nel debuteer ook by die KKNK. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Atropa-\u00a9-Gys-Loubser-1024x683.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-245576\" title=\"\" srcset=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Atropa-\u00a9-Gys-Loubser-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Atropa-\u00a9-Gys-Loubser-300x200.jpg 300w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Atropa-\u00a9-Gys-Loubser-768x512.jpg 768w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Atropa-\u00a9-Gys-Loubser-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Atropa-\u00a9-Gys-Loubser-2048x1365.jpg 2048w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Atropa-\u00a9-Gys-Loubser-18x12.jpg 18w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Atropa-\u00a9-Gys-Loubser-scaled.jpg 1920w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Anna-Mart van der Merwe, Antoinette Kellermann, Rolanda Marais, Tinarie van Wyk Loots, Carla Smith en Geon Nel deel die verhoog in <em>Atropa: Die wraak van vrede<\/em>. \u00a9 Gys Loubser<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Saartjie Botha is terug met \u2019n splinternuwe stuk, <em>ge-gebergtes<\/em>, met Nic de Jager, Daneel van der Walt, Mich\u00e9 van Wyk en Ntombi Makhutshi. Botha hanteer ook die verwerking van <em>Die ander dogter<\/em>, \u2019n nuwe eenpersoonvertoning met Sandra Prinsloo. Die teks is geskryf deur Annie Ernaux, vertaal uit Frans deur Na\u00f2mi Morgan en onder regie van Lara Foot.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Carla Smith se eerste toneelstuk debuteer by die KKNK met <em>CRYBABY<\/em>, waarvoor sy ook die regie hanteer, met onder andere Frank Opperman, Nicole Holm, Wian Taljaard en Ren\u00e9 Cloete.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kanya Viljoen hanteer die regie van die komediedrama <em>Lemoene, lemoene, lemoene, lemoene, lemoene<\/em> met Mienke Ehlers en Dean John Smith. <em>Deep Heat<\/em> met Carin Bester en Hendrik Nieuwoudt&nbsp;is \u2019n plekspesifieke drama en vertaling van \u2019n teks deur Ashraf Jamal, vertaal en onder regie van Ilana Cilliers.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-\u00a9-Gys-Loubser-1024x683.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-245577\" title=\"\" srcset=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-\u00a9-Gys-Loubser-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-\u00a9-Gys-Loubser-300x200.jpg 300w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-\u00a9-Gys-Loubser-768x512.jpg 768w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-\u00a9-Gys-Loubser-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-\u00a9-Gys-Loubser-2048x1365.jpg 2048w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-\u00a9-Gys-Loubser-18x12.jpg 18w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-Lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-lemoene-\u00a9-Gys-Loubser-scaled.jpg 1920w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Mienke Ehlers en Dean John Smith is te sien in Kanya Viljoen se <em>Lemoene, lemoene, lemoene, lemoene, lemoene<\/em>. \u00a9 Gys Loubser<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die bekroonde&nbsp;<em>Karoo Kaarte.<\/em>-span agter&nbsp;<em>Die Swartmerrie<\/em>&nbsp;keer terug met \u2019n splinternuwe drama uit di\u00e9 projek se navorsing vir <em>Spoel<\/em>, met Theo Witbooi, Chantell Phillipus, Janion Kennedy, Melikhaya Blou en Ira Blanckenberg.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Breyten Breytenbach se eerste en laaste toneelstukke is vir die eerste keer by een fees op die planke. <em>Boklied<\/em>, met De Klerk Oelofse, David Viviers, Obed de Koker, Ntombi Makhutshi, Wian Taljaard, Keagon Cochrane, Hannah Borthwick, Jurgen McEwan en Ben Albertyn onder regie van Basson en <em>Verwelkingslied<\/em> met Antoinette Kellermann en Dawid Minnaar onder regie van Mar\u00ed Borstlap is in die Klein Karoo te sien. Feesgangers het \u2019n geleentheid om beide dramas teen \u2019n besparing van 30% te sien met \u2019n spesiale Breytenbach-kaartjiepakket.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Andrew Buckland is te sien in \u2019n splinternuwe drama, <em>The Fool\u2019s Guide<\/em>, asook sy veelberkoonde <em>The Ugly Noo Noo<\/em>. Die Zip Zap Circus neem die gehoor saam op \u2019n veelkleurige reis deur die mikrokosmos van Suid-Afrika in <em>MOYA<\/em>, hulle eerste verskyning in die Klein Karoo.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gewilde dramas van ander feeste sluit onder andere in Danie Marais se <em>Ek is nie Danie<\/em> met Albert Pretorius en Schalk Joubert&nbsp;onder regie van Nico Scheepers en Athol Fugard se <em>Boesman en Lena<\/em> met Veronique Jephtas, Brendon Daniels en Tshamano Sebe onder regie van Christo Davids.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is hope geleenthede vir skaterlag op die program, met \u2019n keur van komedies en stand-up-vertonings. Onder die komedies tel Lizz Meiring in <em>Die \u2018Real Housewife\u2019<\/em>, Wynand van Vollenstee en Thiart Li in <em>Geagte kampeerders<\/em>, Chris Vorster in <em>Gebou soos Steffi Graf<\/em>, Marion Holm in <em>Gryp elke grasHOLM<\/em>, Holm en Dean John Smith in <em>Kry vir jou \u2019n tux, Thomas<\/em>, Hannes van Wyk en Desir\u00e9 Gardner in <em>Magda Louw en haar Erhard: How Louw can you go?<\/em>, Margit Meyer-R\u00f6denbeck in <em>Ouma en die ou koeie<\/em>, \u2019n w\u00eareldklas trefferkomedie <em>Police Cops: The Original<\/em>, Frank Opperman in <em>Re\u00fcnie<\/em> en Mandri Sutherland in <em>Vrou ens. 1.2<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As deel van die stand-up aanbod kan feesgangers uitsien na optredes deur Alfred Adriaan, Alan Committie, Mel die Storieverteller, Hannes&nbsp;Br\u00fcmmer, Kurt Schoonraad Aletta Francina de Kock, Uncool Tea en Christie van Niekerk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vonkprop, \u2019n spesiale randfees-program, is die tuiste vir verskeie werke van opkomende kunstenaars. Van drama en komedie tot fisieke teater en alles tussenin, word hier aangebied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vier dansteaterproduksies word aangebied: <em>GAT<\/em> deur die Garage Dance Ensemble, <em>The Reservation<\/em> met die Figure of 8 Dance Theatre-geselskap, <em>Twee siele, een omhelsing \/ Dos almas, un abrazo<\/em> met Shaun Oelf en Ramsey Lewis en <em>Wings of Light<\/em> met die Figure of 8 Dance Theatre en Jozi Youth Dance Company.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Debuutwerke op die musiekprogram is volop. Natani\u00ebl deel die verhoog met Charl du Plessis in <em>SOOIBRAND<\/em>, Frieda van den Heever, Coenie de Villiers, Mauritz Lotz en Deon Meyer is te sien in <em>Stille vuur<\/em>, Francois van Coke in <em>Hoe ek dit onthou<\/em>, Rocco de Villiers se <em>KLAWER<\/em>, Jak de Priester se <em>25 jaar van songs<\/em>, Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar in <em>Tillie\/Mathilda<\/em>, Elzab\u00e9 Zietsman in <em>Wat om te doen as die w\u00eareld brand<\/em>, Albert Frost en James Grace deel die verhoog in <em>Twee w\u00earelde, twee kitare, een verhoog<\/em>, Anna Davel en Ilse Klink is <em>In Harmonie<\/em> en Davel is ook te sien saam met <em>The Melisizwe Plaatjie Collective<\/em>, die Charl du Plessis Trio vier <em>20 jaar<\/em>, <em>Ommitafel<\/em> met Steffie le Roux en Mariette Galjaard, <em>Plektrum<\/em> bring hulde aan tweemalige Grammy-wenner Mauritz Lotz, <em>STOK: Moenie ophou speel nie (1996 \u2013 2026) <\/em>met Jahn Beukes, Leon Ecroignard en Mauritz Lotz, <em>Strate van my hart<\/em> met Leslie Javan, Francois Afrika, Kurt Bowers, Eugene Ackerman, Elton (Speed) Cupido en Llewellyn Adonis, <em>Twee oseane<\/em> met Vernette Wessels, Helen\u00e8 Bester, Marius Wessels, Charlie Botha en Gavin Young, <em>Voor die gordyn oopgaan<\/em> met onder andere Brandon October en <em>Woordenaar<\/em> met Churchil Naud\u00e9, Jackie L\u00e4tti, Riku L\u00e4tti en Jannie van Tonder. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-SOOIBRAND-\u00a9-Clinton-Lubbe-1024x683.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-245578\" title=\"\" srcset=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-SOOIBRAND-\u00a9-Clinton-Lubbe-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-SOOIBRAND-\u00a9-Clinton-Lubbe-300x200.jpg 300w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-SOOIBRAND-\u00a9-Clinton-Lubbe-768x512.jpg 768w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-SOOIBRAND-\u00a9-Clinton-Lubbe-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-SOOIBRAND-\u00a9-Clinton-Lubbe-2048x1365.jpg 2048w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-SOOIBRAND-\u00a9-Clinton-Lubbe-18x12.jpg 18w, https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/KKNK-2026-SOOIBRAND-\u00a9-Clinton-Lubbe-scaled.jpg 1920w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Natani\u00ebl deel die verhoog met Charl du Plessis in <em>SOOIBRAND<\/em>.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ander musiekproduksies sluit onder andere in: Loukmaan Adams en Alistair Izobell se <em>Back 2 Back<\/em>, <em>Die kronieke van Buks<\/em> met o.a. Andr\u00e9 Schwartz, <em>Die lewe en die langpad<\/em> met o.a. Elvis Blue, <em>Die Vyftigers<\/em> met Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal, <em>Een keer om die son: Die klankbaan<\/em> met o.a. Almero Welgemoed, Ivan Botha en Donnalee Roberts, <em>Hoort<\/em> met Stephanie Baartman en Janine Neethling, Lize Beekman is terug by die fees in <em>Tussen hier en daar<\/em>, Loki Rothman <em>Live<\/em>, Luna Paige se <em>Die reisigers<\/em>, Mathys Roets in <em>Songs of Leonard Cohen<\/em>, <em>Omwentelinge, \u2019n papierspel<\/em> met Jana Cilliers en Koos Kombuis en The Scullery Quintet se <em>Stir-Fried Sonatas<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gesinne kan uitsien na <em>Jakob<\/em> met Bryan Hiles, onder regie van Michael Taylor-Broderick van die bekroonde <em>The King of Broken Things<\/em>, asook Eldon van der Merwe en Mia van der Merwe in <em>Liewe Heksie word \u2018gescam\u2019<\/em>, met teks en regie deur Margit Meyer-R\u00f6denbeck. Agt ander kinderteaterproduksies vir verskillende ouderdomme word by die Klein KKNK-teater in die Feesmark aangebied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Buiten die twee musiekverho\u00eb en Klein KKNK-teater, sluit ander doendinge in die Feesmark ook Blitsteater se kort teaterproduksies, stalletjies, die KKNK-winkel, kroe\u00eb, \u2019n pretpark, \u2019n ekspo-area deur Klein Karoo Agri en vele meer in.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Liza Grobler, die fees kurator van visuele kuns, het \u2019n program saamgestel onder die tema <em>Grenslose gesprekke<\/em>, wat regdeur die dorp gesien kan word. nomThunzi Mashalaba is die feeskunstenaar vir 2026 en die visuele kunsaanbod sluit onder andere ook \u2019n uitstalling getiteld <em>PLEK<\/em> in, met werke van al die KKNK se feeskunstenaars oor die afgelope drie dekades.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gratis vermaak is volop in Baron van Reedestraat in die Netwerk24-feeskafee langs die C.P. Nel-museum, waar gesprekke en ander spesiale ervarings aangebied word. Boekstories word in die ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books aangebied en die kykNET-leefarea voor die Absa Burgersentrum, asook straatoptredes deur die dag bied verder ook gratis vermaak. By die RSG en ATKV-Kuierkol (voor die C.P. Nel-museum) bied RSG en die ATKV vermaak met regstreekse radio-uitsendings en ander aktiwiteite deur die dag.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">KKNK 2026 word geborg deur Absa, met ondersteuning van die Het Jan Marais Nationale Fonds, NATi, Checkers, Netwerk24, kykNET, ATKV, Oudtshoorn-munisipaliteit en die Wes-Kaapse regering.\u00a0 <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die volledige program vir die 30ste KKNK, geborg deur Absa, is aanlyn beskikbaar by kknk.co.za. Kaartjies is te koop by Webtickets of die KKNK se kantoor. Vir meer inligting, besoek kknk.co.za of kontak 044\u00a0203 8600, <a href=\"mailto:info@kknk.co.za\">info@kknk.co.za<\/a> or send a WhatsApp to 065 285 2337.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cDie KKNK, geborg deur Absa, oftewel die moederfees van Afrikaanse feeste, vier van 28 Maart tot 4 April 2026 \u2019n voluit 30ste mylpaaljaar op Oudtshoorn.\u201d<\/p>","protected":false},"author":4,"featured_media":245575,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1,31],"tags":[],"class_list":["post-245574","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/245574","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/4"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=245574"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/245574\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":245579,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/245574\/revisions\/245579"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/245575"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=245574"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=245574"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=245574"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}