{"id":246525,"date":"2026-10-06T09:58:13","date_gmt":"2026-10-06T07:58:13","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=246525"},"modified":"2026-10-06T10:00:23","modified_gmt":"2026-10-06T08:00:23","slug":"oudtshoorn-se-eerste-hemelruim-saterdag-hier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/oudtshoorn-se-eerste-hemelruim-saterdag-hier\/","title":{"rendered":"Oudtshoorn se eerste Hemelruim Saterdag hier"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Hekke maak 17:00 vir konsertgangers oop, met musiek wat 18:00 begin.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Danie Re\u00ebnwolf, hoofsanger van Spoegwolf, s\u00ea hulle is geweldig opgewonde om uiteindelik weer in Oudtshoorn te wees. \u201cDie sterrenag in Oudtshoorn is net iets anders. Ons kan nie wag om al ons grootste <em>songs<\/em>, grootste kuier en grootste klank na Oudtshoorn te bring nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Spoegwolf is een van Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse rockgroepe en deel hul kenmerkende energie en treffers op die verhoog saam met Tasch\u00e9 se unieke stem en kontempor\u00eare klank, asook Oudtshoorn se eie Noemwoord.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die pragtige Surval Boutique Olive Estate, gele\u00eb in die Klein Karoo se natuurskoon met \u2019n pragtige uitsig oor die Swartberge, is die perfekte venue vir di\u00e9 opelug-musiekkonsert. Konsertgangers gaan hier wonderlike musiek en egte Klein Karoo-skoonheid en -gasvryheid geniet.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Shanel Lambrechts, algemene bestuurder van Surval Boutique Olive Estate, s\u00ea hulle sien daarna uit om die fantastiese kunstenaars \u00e9n al die musiekliefhebbers uit die omgewing by die eerste <strong>Hemelruim<\/strong> te verwelkom. \u201cDie verhoog is gereed, die sterre skyn helder hier by ons \u00e9n die musiek wag om die aand met besonderse klanke te vul. <strong>Hemelruim<\/strong> beloof \u2019n aand onder die Klein Karoo se sterreprag waar herinneringe gemaak gaan word wat vir altyd gaan bly.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Saterdag 10 Oktober is \u2019n bedrywige dag in die Klein Karoo, met besoekers van ver en wyd wat in die oggend aan De Rust se Optimum Meiringspoort-halfmaraton deelneem. Na \u2019n rustige middag van herstel, is <strong>Hemelruim<\/strong> die ideale geleentheid om die dag se aktiwiteite op \u2019n ho\u00eb noot af te sluit: Hardloop in die oggend, kom sing en dans in die aand.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kaartjies vir <strong>Hemelruim<\/strong> is aanlyn beskikbaar by Computicket, Checkers-, Shoprite- of Usave-winkels en die KKNK se kantoor op Oudtshoorn. Kaartjies is ook by die venue te koop, onderhewig aan beskikbaarheid.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Verversings is tydens die konsert beskikbaar met kroegfasiliteite en verskeie opsies vir eetgoed. Vir meer inligting, besoek hemelruim.co.za, stuur \u2019n e-pos na <a href=\"mailto:sterre@hemelruim.co.za\">sterre@hemelruim.co.za<\/a>, skakel 044&nbsp;203 8600 of stuur \u2019n WhatsApp na 065&nbsp;285 2337.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Hemelruim<\/strong> word aangebied deur die KKNK. Volgende jaar se KKNK word van Dinsdag 23 tot Saterdag 27 Maart 2027 op Oudtshoorn aangebied. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Foto\u2019s aangeheg<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><strong>Hemelruim<\/strong>, Oudtshoorn se eerste woestyn-disko, word hierdie Saterdag (10 Oktober) by die pragtige Surval Boutique Olive Estate aangebied.\u00a0<\/li>\n<\/ul>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Musiekliefhebbers wat hulself di\u00e9 naweek op Oudtshoorn bevind, kan uitsien na die Klein Karoo se eerste woestyn-disko met Spoegwolf, Tasch\u00e9 en Noemwoord. Hemelruim word Saterdag 10 Oktober by die pragtige Surval Boutique Olive Estate aangebied. <\/p>","protected":false},"author":7,"featured_media":246526,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[55],"class_list":["post-246525","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus","tag-hemelruim"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/246525","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=246525"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/246525\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":246529,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/246525\/revisions\/246529"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/246526"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=246525"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=246525"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=246525"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}