{"id":5082,"date":"2019-03-11T11:48:46","date_gmt":"2019-03-11T11:48:46","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=5082"},"modified":"2019-03-11T11:48:46","modified_gmt":"2019-03-11T11:48:46","slug":"uitkampteater-se-tentjies-keer-terug-na-oudtshoorn","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/uitkampteater-se-tentjies-keer-terug-na-oudtshoorn\/","title":{"rendered":"Uitkampteater se tentjies keer terug na Oudtshoorn"},"content":{"rendered":"<p>Uitkampteater, die KKNK se bekroonde kortkuns-program, slaan vir die vierde jaar sy tentpenne in die hartjie van Oudtshoorn in by die 25ste KKNK, wat van Donderdag, 21 Maart, tot Woensdag, 27 Maart aangebied word.<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>\u201cOns is opgewonde oor vanjaar se Uitkampteater-program, wat weer kunstenaars uit Nederland, talent uit die plaaslike distrik en opwindende werke van jong en gevestigde teatermakers insluit, \u201d s\u00ea Hugo Theart, artisitieke direkteur van die KKNK.<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>\u201c \u2019n Projek soos hierdie is slegs moontlik met ondersteuning van borge en ons is dankbaar vir die voortgesette verhouding met die Koninklike Nederlandse Ambassade, Pretoria. Vermaak word in verskeie genres aangebied en elke produksie is familievriendelik, vir oud en jonk om te geniet\u201d, brei Theart uit.<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Jos van Wees en Merel Kamp besoek Oudtshoorn vanuit Nederland en hulle Springtime: Hendrick-Jan de Stuntman meets Merel Kamp beloof om \u2019n Uitkampteater-hoogtepunt te wees. Dit is \u2019n baldadige komedie in die styl van \u2019n tradisionele stilprent. \u2019n Man en \u2019n vrou hang aan spiraalvere wat aan \u2019n staalstruktuur vasgemaak is. Dit is \u2019n skouspelagtige visuele vertoning waarin die clich\u00e9s opbou tot \u2019n tragikomiese liefdesverhaal. Hierdie stuk word daagliks gratis aangebied.<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Onder die Uitkampteater-dramas tel die DCAS Eden Dramafees-wenners Highway met Llewellyn Bond en When love resigns met Charn\u00e9 Jansen en Gashm\u00e9e Harrison. In Highway is Bond op reis, die pad lyk lank en uitputtend. Daar is \u2019n paar motors wat stop op die snelweg \u2013 honger vir goedkoop liefde, maar dan stop daar \u2019n spesiale persoon &#8230; In When love resigns ontmoet Patricia uiteindelik die man van haar drome en is halsoorkop verlief, maar sy sukkel om mans te vertrou. Is Liam regtig die perfekte man of steek hy \u2019n geheim weg wat die pad van hul liefde vir ewig kan verander?<\/p>\n<p>Llandi Beeslaar en Stephanie Gericke, die span wat verlede jaar die Kanna vir beste Uitkampteater gewen het, is terug met \u2019n donkerkomedie, Halfses vir sesuur. Ten spyte van absurde onderbrekings, probeer twee vriende steeds hul ete geniet. Die verhoog is gedek vir \u2019n aand vol ongemaklike stiltes, onverwagse waarhede en miskien selfs nagereg.<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Richard Antrobus is met fisiese teater en mimiek in twee episodes te sien. Jan Alleman delf dieper in die lewe van Jan. Hy wil net normaal wees, maar noem dit die noodlot, karma of te\u00ebspoed \u2013 alles loop net altyd verkeerd, ten spyte van sy pogings om sukses te behaal. Dit is selfs \u2019n stryd om soggens op te staan, wat nog te s\u00ea om \u2019n werk te vind. Episode twee, Gewone tee, asseblief, is net nog \u2019n dag in Jan se lewe. Hy het uiteindelik \u2019n werk gekry. Dit is sy eerste dag en hy het \u2019n eenvoudige opdrag: \u201cGewone tee, asseblief.\u201d Ongelukkig verloop dinge nie soos dit moet nie en alles ontaard in \u2019n warboel in sy desperate poging om vir sy baas \u2019n koppie tee te maak. Sal Jan dit regkry? Hierdie twee stukke beloof om pret vir die hele gesin te wees. <span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Till death do us part is fisieke teater met Jurgen McEwan en Ame Reinke waarin die liefdesverhaal van Adam en Eva vertel word. Adam wat Eva wil laat glimlag, en Eva wat Adam te alle tye versadig en vertroos wil laat voel. Aangevul met musiek gaan die gehoor op reis saam<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0 <\/span>met<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0 <\/span>die verliefdes, pas getroudes en ook die stereotipiese rolle wat aan mans en vroue toegeken word.<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>\u00c8mil Haarhof en Tiaan Slabbert verwelkom in Die leeutemmer, die gypsy en die kas vol hartseer narre die gehoor by die sirkus. Gunstelinge soos Tarzan, die leeutemmer met (of sonder) sy briljante leeu Simba, maak \u2019n verskyning. En dan natuurlik ook die twee narre, wat deesdae sukkel om te glimlag. <span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Stories oor die meermin bring storievertellers uit die distrik byeen. Hier vertel befaamde digters en storievertellers van die distrik, Poem Mooney en ds. Andr\u00e9 Boezak elke dag inheemse stories oor die watermeid en haar speelplek in die riviere. Dit is eie kultuurstories van in en om Oudtshoorn.<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Uitkampteater word daagliks van 10:00 tot 12:00 en weer van 15:00 tot 19:00 voor die Absa Burgersentrum aangebied. Kaartjies na produksies kos R30 en toegang tot die Nederlandse Springtime is gratis. Kaartjies is slegs by die Uitkampteater-area beskikbaar en kan nie vooraf bespreek word nie.<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0 \u00a0<\/span><\/p>\n<p>Die volledige feesprogram is by <a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a> beskikbaar en kaartjies vir ander produksies is by Computicket, Shoprite\/Checkers en House &amp; Home beskikbaar. Verblyfbesprekings kan by 044 203 8600, of <a href=\"mailto:verblyf@kknk.co.za\">verblyf@kknk.co.za<\/a> gedoen word.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Uitkampteater, die KKNK se bekroonde kortkuns-program, slaan vir die vierde jaar sy tentpenne in die hartjie van Oudtshoorn in by die 25ste KKNK, wat van Donderdag, 21 Maart, tot Woensdag, 27 Maart aangebied word.\u00a0<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":5083,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-5082","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5082","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5082"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5082\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5082"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5082"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5082"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}