{"id":5085,"date":"2019-03-11T11:54:18","date_gmt":"2019-03-11T11:54:18","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=5085"},"modified":"2023-11-06T00:06:48","modified_gmt":"2023-11-05T22:06:48","slug":"sakpas-vermaak-vir-die-hele-gesin","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/sakpas-vermaak-vir-die-hele-gesin\/","title":{"rendered":"Sakpas-vermaak vir die hele gesin"},"content":{"rendered":"<p>\u201cOp Oudtshoorn is dinge in rep en roer met finale voorbereidings vir die 25ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) wat eersdaags hier afskop. Die kunste strek v\u00ear wyer as net in die teaters en op die feesterrein (die Kuierbuurt), met \u2019n warboel aktiwiteite wat gratis regoor die feesdistrik aangebied word.\u201d<!--more--><\/p>\n<p>S\u00f3 s\u00ea Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK. Die fees word van Donderdag, 21 Maart tot Woensdag, 27 Maart op Oudtshoorn aangebied.<\/p>\n<p>Volgens Theart kan feesgangers met \u2019n beperkte begroting die fees ten volle geniet. \u201cBaron van Reedestraat bly die hartklop van die fees, met daaglikse optredes deur van ons voorste musici, akteurs en TV-persoonlikhede op die RSG-verhoog en by die kykNET-leefarea. Buiten vir musiek, word straatteater-verrassings deur internasionale en plaaslike kunstenaars hier aangebied. \u2019n Aantal diverse gespreksreekse en radiodramas word gratis aangebied en as deel van ons visuele kunsprogram is \u2019n uitstalling saamgestel wat al ons vorige feeskunstenaars betrek,\u201d vertel Theart. \u201cBenewens al hierdie vermaak, word daar ook smulkos in Baron van Reedestraat verkoop, met verskeie watergate en yskoue drinkgoed wat verseker dat feesgangers nooit dors is nie.\u201d<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p>Die Burger Praat Saam Diskoers-reeks word soggens om 08:30 in die Netwerk24 Feeskafee (hoek van Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg) aangebied. Met die nasionale verkiesing om die draai, word \u2019n paneelbespreking met o.a. Anita Visser, Ebrahim Rasool, Melikhaya Xhego, Bonginkosi Madikizela, Patricia de Lille en Pieter Groenewald op 25 Maart aangebied. Ander onderwerpe en brandpunte wat oopgevlek word, sluit in <i>Is ons media in gevaar?<\/i> (21 Maart), <i>Ek is boer<\/i> (22 Maart), <i>Eiendomsreg-debat vlam op<\/i> (23 Maart), <i>Volstruisbedryf skud vere reg<\/i> (24 Maart), <i>Korrupsie in die privaatsektor<\/i> (26 Maart) en <i>Misdaad &amp; die rol van bendes<\/i> (27 Maart). Feesgangers kan di\u00e9 gesprekke gratis bywoon.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p>Boekgesprekke met skrywers van die jongste boeke word daagliks gratis in die ATKV-Boeke-oase aangebied. Feesgangers het hier die geleentheid om meer oor di\u00e9 kreatiewe denkers en hul prosesse te leer. Gesprekke vind plaas met onder andere Pieter-Dirk Uys, Koos Kombuis, Armand Aucamp, Marina Albertyn, Susan Coetzer, Carina Diedericks-Hugo, Sihle Khumalo, Dana Snyman, Willa Boezak, Hans du Plessis, Wannie Carstens, Danny Titus, Pieter Fourie, Amore Bekker, Jan-Jan Joubert, Willemien Br\u00fcmmer, Karina Szczurek en Erns Gr\u00fcndling.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p>Die fees se gewilde teatergesprekke vind na afloop van uitgesoekte dramas plaas en bied \u2019n geleentheid aan gehore om met die rolspelers in gesprek te tree. Hierdie gesprekke sluit in Tom Lanoye se epiese toneelstuk <i>Koningin Lear<\/i>, Ira Blanckenberg se outobiografiese drama <i>Haal asem<\/i>, Christo Davids se <i>My seuns<\/i>, Athol Fugard se klassieke Suid-Afrikaanse toneelstuk <i>Statements After an Arrest Under the Immorality Act<\/i> en Marina Albertyn se <i>Bloed en bodem<\/i>. Daar word ook oor jeugtoneel gesels as deel van ATKV-Tienertoneel. Feesgangers hoef nie kaartjies vir die vertonings te h\u00ea om di\u00e9 gesprekke, na afloop van die produksies, by te woon nie. Al hierdie gesprekke word moontlik gemaak deur die <i>Het Jan Marais Nationale Fonds<\/i>.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p>Feesgangers kan daagliks tussen 10:00 en 18:00 hul skoene by die kykNET-leefarea uitskop en hi\u00e9r gratis vermaak geniet. Daar is ook \u2019n kans om skouers te skuur met van ons land se gunsteling TV-akteurs en -persoonlikhede, wat di\u00e9 hoekie die perfekte plek maak om \u2019n bekende te ontmoet. Geniet musiek in \u2019n informele omgewing, hoor meer oor hoogtepunte van die fees en word oor \u2019n skemerkelkie verras deur spesiale gaste. <span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p>RSG is vir die 25ste jaar by die KKNK betrokke en die RSG-verhoog neem sy ikoniese plek in voor die C.P. Nel-museum. Luister daagliks vanaf 11:00 na musikante, sprekers en gewilde RSG-aanbieders. ATKV-Kampvuur word aangebied deur die gewilde RSG-aanbieder, Johan Rademan en Jacqui January. Hulle verwelkom saans feesgangers by die RSG-verhoog waar storievertellers bymekaarkom en verhale van heinde en verre met die gehoor deel. Di\u00e9 stories word aangehoor op die maat van strelende agtergrondmusiek. Met RSG se Die Beiteltjie-program klink die vakmanskap van die dramaturg en letterkundige op in die C.P. Nel-museum. Kom klink \u2019n glasie en luister na bekroonde radiodramas uit die SAUK se klankargief.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p>Elf visuele kunsuitstallings gaan jou ook nie \u2019n sent uit die sak jaag nie. Di\u00e9 uitstallings word in die Prince Vintcent-gebou aangebied, met onder meer die <i>KKNK25-terugblikuitstalling<\/i> wat \u2019n viering van die feeskunstenaars van die afgelope 24 jaar is. Absa neem visuele kuns na die strate van Oudtshoorn met <i>Maakit Mooi<\/i>, waarmee hulle vyf funksionele kunswerke installeer om die dorp te verfraai. Di\u00e9 kunswerke is \u2019n byvoeging by die vyf wat reeds verlede jaar deur Absa ge\u00efnstalleer is.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p>Lucia Boer, visuele kunskurator, tree daagliks om 11:00 in gesprek met die visuele kunstenaars en fokus op die relevante temas van hul werk. Boer neem feesgangers van 22 tot 24 Maart om 15:00 op \u2019n gratis rondleiding wat al die uitstallings belig.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><i>Springtime<\/i>, \u2019n produksie vanuit Nederland en moontlik gemaak deur die Koninklike Nederlandse Ambassade, Pretoria, word as deel van die vierde Uitkampteater-program aangebied en is ook gratis. Kaartjies na die ander Uitkampteater-produksies, wat drama, komedie en fisiese teater insluit, kos slegs R30.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p>Met al hierdie gratis vermaak tot feesgangers se beskikking, is daar geen rede om die bank te breek ter viering van \u2019n kwarteeu van die kunste nie. <span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p>Die volledige feesprogram kan by <a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a> afgelaai word en kaartjies vir produksies is by Computicket, Shoprite\/Checkers en House &amp; Home beskikbaar. Verblyfbesprekings kan by 044 203 8600 of <a href=\"mailto:verblyf@kknk.co.za\">verblyf@kknk.co.za<\/a> gedoen word.<span class=\"Apple-converted-space\">&nbsp;<\/span><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cOp Oudtshoorn is dinge in rep en roer met finale voorbereidings vir die 25ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) wat eersdaags hier afskop. Die kunste strek v\u00ear wyer as net in die teaters en op die feesterrein (die Kuierbuurt), met \u2019n warboel aktiwiteite wat gratis regoor die feesdistrik aangebied word.\u201d<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":5086,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-5085","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5085","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5085"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5085\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":240736,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5085\/revisions\/240736"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5085"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5085"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5085"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}