{"id":50889,"date":"2021-08-06T14:10:13","date_gmt":"2021-08-06T12:10:13","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=50889"},"modified":"2021-08-06T14:10:13","modified_gmt":"2021-08-06T12:10:13","slug":"digbundel-vloei-uit-sa-en-vk-kulturele-samwerking","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/digbundel-vloei-uit-sa-en-vk-kulturele-samwerking\/","title":{"rendered":"Digbundel vloei uit SA en VK kulturele samewerking"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Gemeenskap van vroue van Oudtshoorn (Suid-Afrika) en Moston en Salford van Manchester in die Verenigde Koninkryk het vroe\u00ebr vanjaar \u2019n vierdelige virtuele reis onderneem met \u2019n reeks stimulerende werkswinkels en gesprekke waarin hulle geluister, gedeel en uit mekaar se verhale geleer het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie projek is moontlik gemaak deur die <strong>British Council\u2019s Developing Inclusive and Creative<br \/>Economies Programme (DICE). SICK!-fees, <\/strong>die<strong> Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), Young Identity <\/strong>en<strong> Empatheatre<\/strong> het kragte saamgesnoer om die program te skep en te implementeer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie doel van hierdie splinternuwe aanlyn projek is om \u2019n unieke geleentheid vir jong vroue van Oudtshoorn te skep om op \u2019n betekenisvolle wyse kontak met eendersdenkende opkomende sterre en leiers in die Verenigde Koninkryk (VK) te maak. Deur di\u00e9 opwindende onderneming het hierdie vroue belangrike kwessies en invloede in hul onderskeie gemeenskappe ondersoek, eerlike gesprekke oor die lewe gevoer, idees ondersoek, denke gestimuleer en met die w\u00eareld verbind,\u201d verduidelik Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nege deelnemers is vir hierdie projek gekies: <strong>Glenisha Tarentaal <\/strong>(SA)<strong>, Joan Turner <\/strong>(VK)<strong>, Olive Oragui <\/strong>(VK)<strong>, P.A. Bitez <\/strong>(VK)<strong>, Shandr\u00e9 Harris <\/strong>(SA)<strong>, Siyasanga Building <\/strong>(SA)<strong>, Tiffany Saterdaght <\/strong>(SA)<strong>, Faidat Ope <\/strong>(VK)<strong> and Medulla <\/strong>(VK)<strong>.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHierdie kreatiewe deelnemers is uitgenooi om vroe\u00ebr vanjaar saam te werk,\u201d s\u00ea Theart. Die waarde van hul sessies blyk duidelik uit die terugvoer van die plaaslike deelnemers. \u201cEk het uit hierdie ervaring geleer om \u2019n baie beter skrywer te wees, want ek het al hierdie boustene en nou het ek die vaardighede om dit in die rigting te stuur waar ek dit wil h\u00ea. Dit was so \u2019n waardevolle les,\u201d s\u00ea Saterdaght.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tarentaal beaam dit en s\u00ea: \u201cOm te skryf wat in jou binneste is en nie bang te wees nie, en om alles daar te stel en \u2019n naam vir jouself te maak, was vir my waardevol.\u201d Harris s\u00ea hierdie projek het haar meer selfvertroue gegee. \u201cEk het die selfvertroue gekry om myself te wees en te doen wat ek moet doen. Ek is regtig dankbaar vir hierdie geleentheid en die hupstoot wat dit my gegee het.\u201d Building vertel dat sy dankbaar is om deel te wees van hierdie projek. \u201cEk het dit geniet om met verskillende vroue te praat, stories te deel en langs die pad pragtige siele te ontmoet.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Aanlyn sessies is in April en Mei aangebied, gefasiliteer deur Suid-Afrikaanse Tshego Khutsoane en Shirley &amp; Nicole May uit die Verenigde Koninkryk, met behulp van prosesse en metodes wat ge\u00efnspireer is deur hul eie samewerkende teater- en opvoer-agtergronde. Lebogang Mashile, bekende Suid-Afrikaanse digter en Kadijah Ibrahim, gevierde Britse digter was gassprekers en het die groep tydens een van die digitale sessies verder ge\u00efnspireer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie projek is \u2019n springplank vir langtermyn kulturele samewerking tussen die projekvennote, met die stemme van jong vroulike leiers as middelpunt. Die algemene tema wat oor die twee kontinente in die besprekings na vore gekom het, is <em>Ge\u00ebrfde Veerkragtigheid<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Digbundel met werke wat deur deelnemers geskryf is tydens hierdie samewerkingsprojek, ter viering van die gedeelde en individuele ervarings, sal vanaf 9 Augustus 2021 op kknk.co.za beskikbaar wees. Skakel op Vrouedag (SA) en National Book Lover\u2019s Day (VK) in en ervaar hierdie kragtige boodskappe eerstehands.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Meer oor die vennootskapsorganisasies:<br \/><strong>Young Identity (VK)<\/strong><br \/>\u201cDit was dinamies en ongelooflik om \u2019n digitale platform te h\u00ea om jou werk te deel en mense te leer ken, en \u2019n nuwe manier om internasionaal te werk, via Zoom. Dit was \u2019n briljante netwerkgeleentheid wat nuwe verhoudings gesmee het wat ons almal hoop om te ontwikkel en met respek, liefde, genade en vrede van die span te koester.\u201d<br \/><a href=\"http:\/\/www.youngidentity.org\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.youngidentity.org<\/a><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Empatheatre (Suid-Afrika)<\/strong><br \/>\u201cHierdie versameling gedigte getuig van die verbintenisse, vriendskappe en diepgaande uitruilings en idees wat vir meer as \u2019n maand in \u2019n Zoom-kamer gedeel is. Ons is so dankbaar vir beide die deelnemers en fasiliteerders van hierdie proses dat hulle dit so \u2019n vreugdevolle, ontroerende en belangrike ontmoeting van harte, woorde en gedagtes gemaak het.\u201d<br \/><a href=\"http:\/\/www.empatheatre.com\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.empatheatre.com<\/a><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>SICK! Festival (VK)<\/strong><br \/>\u201cVir SICK! is hierdie projek verteenwoordigend van \u2019n kumulatiewe oomblik in twee langtermynverhoudings wat ons die afgelope jare met beide die KKNK en Young Identity ontwikkel het. Om hierdie twee gemeenskappe bymekaar te bring en hulle die ruimte en vermo\u00eb te gee om die projek in hulle eie rigting te stuur \u2013 is vir ons \u2019n werklik unieke en inspirerende proses en ons is baie opgewonde om te sien waarheen dit kan lei.\u201d<br \/><a href=\"http:\/\/www.sickfestival.com\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.sickfestival.com<\/a><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>KKNK (Suid-Afrika)<\/strong><br \/>\u201cDit is vir die KKNK \u2019n voorreg om by die Britse Raad se DICE-projek ingesluit te wees. Ons kon \u2019n digitale platform skep wat vroue uit twee lande verbind het om \u2019n betekenisvolle, relevante en gefokusde gesprek te voer. Van die begin af het hierdie vroue sonder huiwering met mekaar omgegaan en hul verhale gedeel. Hierdie platform het blywende verhoudings geskep en gebou, en kreatiwiteit is aangemoedig en het gese\u00ebvier. \u201d<br \/><a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Gemeenskap van vroue van Oudtshoorn (Suid-Afrika) en Moston en Salford van Manchester in die Verenigde Koninkryk het vroe\u00ebr vanjaar \u2019n vierdelige virtuele reis onderneem met \u2019n reeks stimulerende werkswinkels en gesprekke waarin hulle geluister, gedeel en uit mekaar se verhale geleer het.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":53243,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-50889","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/50889","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=50889"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/50889\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=50889"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=50889"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=50889"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}