{"id":5109,"date":"2019-03-13T15:45:50","date_gmt":"2019-03-13T15:45:50","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=5109"},"modified":"2019-03-13T15:45:50","modified_gmt":"2019-03-13T15:45:50","slug":"teater-en-musieklegendes-by-die-25ste-kknk-vereer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/teater-en-musieklegendes-by-die-25ste-kknk-vereer\/","title":{"rendered":"Teater- en musieklegendes by die 25ste KKNK vereer"},"content":{"rendered":"<p>\u201cDie 25ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) vier vanjaar die loopbane van drie legendes wat diep spore in Suid-Afrikaanse kunste getrap het \u2013 en steeds trap \u2013 asook een wat besig is om diep spore in di\u00e9 bedryf te trap.\u201d<\/p>\n<p>So s\u00ea Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK, wat van Donderdag, 21 tot Woensdag, 27 Maart op Oudtshoorn aangebied word. Volgens Theart word Athol Fugard, Lizz Meiring, Amanda Strydom en Lynelle Kenned vanjaar vereer.<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Fugard word met die Kunste Onbeperk-prys vir Lewensbydrae tot Teater vereer en di\u00e9 prys is nie net beperk tot binne die grense van Suid-Afrika nie. Hy het al meer as 40 dramas geskryf, waarvan hy ook in \u2019n hele paar gespeel het, en is naas Shakespeare die Engelse dramaturg wie se werk die meeste oor die w\u00eareld heen opgevoer word. Die pryse, doktorsgrade, vererings wat hy al ontvang het, is legio. Hy is bekend as \u2019n baanbreker in die toneelw\u00eareld in die apartheidsjare, maar sy stem strek veel wyer as die politiek. Daar word dikwels na die taal waarin hy skryf as \u201cSuid-Afrikaanse Engels\u201d verwys. Tereg so, maar Fugard se taal is \u2019n w\u00eareldtaal weens die diep menslike aard van sy karakters en die universele kwessies wat hy aanroer. Ter viering van di\u00e9 lewende legende bied die KKNK in samewerking met Eric Abrahams en die Fugard Teater Statements After an Arrest Under the Immorality Act aan, wat in 1972 by die destydse The Space Theatre in Kaapstad gedebuteer het. Marlo Minnaar en Liezl de Kock is in di\u00e9 meesleurende en roerende liefdesverhaal te sien, waarin twee naak minnaars nie net hul liggame ontbloot nie, maar ook hul diepste begeertes vir persoonlike en emosionele vryheid blootl\u00ea.<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-5114\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/Untitled-2.jpg\" alt=\"\" width=\"1093\" height=\"508\" title=\"\"><\/p>\n<p>Die Kunste Onbeperk-prys vir Diens aan die Kunste word vanjaar aan Meiring toegeken. Sy staan nie verniet bekend as Bizzie Lizzie nie. Die kunste is haar besigheid en sy is besonder bedrywig. Sy het haas geen bekendstelling as aktrise, skrywer (van dramas tot rubrieke) en regisseur nodig nie. Meiring vier ook vanjaar haar 35ste jaar in die bedryf. Maar Meiring is ook \u2019n mentor vir wie dit \u2019n liefdestaak is om jong talent op verskeie vlakke te help en te ondersteun. Aan die ander kant het sy ook \u2019n diepe deernis vir die ouer garde in die bedryf en is bekend vir die uitsonderlike werk wat sy vir die Teaterbystandsfonds doen. Dat sy waarskynlik die w\u00eareld se grootste f\u00ean van Mickey en Minnie Muis is, is nou nie hier ter sprake nie &#8230; Maar bizzie is sy bizzie, en baie daarvan juis in diens van die kunste. Vir die KKNK snoer sy kragte saam met Wynand van Vollenstee in die komiese drama Non met vakansie, wat by die fees debuteer en is ook saam met Nicole Holm en Margit Meyer-R\u00f6denbeck in die komiese drama 3 Susters te sien.<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Strydom ontvang die Kunste Onbeperk-prys vir Lewensbydrae tot Musiek. Sy vier vanjaar haar 40ste jaar in die bedryf (en ook haar 25ste jaar by die KKNK). \u201cDink \u2019n mens aan Strydom se loopbaan as teks- en liedjieskrywer, komponis, sanger en nog relatief onlangs ook as aktrise, is geloof, standvastigheid, vertroue en die nastrewing van absolute individualiteit en oorspronklikheid die grondslag van haar werkswyse,\u201d skryf die resensent Paul Boekkooi in sy commendatio. Strydom rock \u2013 in haar taal en verskeie ander tale. Sy bied salf vir wonde. En as sy haar stem verhef, doen sy dit met oortuiging, onbeskroomd en met passie. Sy is Miss Mandy en Amandla Amanda! Haar vertoning Amanda Strydom \u2013 Miss Mandy debuteer by die fees en sy is ook in die debuut musiekproduksie 25: Oud en nuut in die Outeniqua saam met o.a. Koos Kombuis, Sima Mashazi en die lede van Cutt Glas (soos Karen Meiring en Anna Davel) herenig spesiaal vir die vertoning.<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p><img decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-5113\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/03\/Untitled-22.jpg\" alt=\"\" width=\"1093\" height=\"508\" title=\"\"><\/p>\n<p>Kenned word vereer met die Kunste Onbeperk-prys vir \u2019n Jong Stem. Sy is \u2019n operasangeres, musiekteaterkunstenaar, aktrise, aanbieder, oorklankingskunstenaar, openbare figuur, motiveringspreker en vorige deelnemer aan Dancing with the Stars. Sedert sy haar studies in 2010 aan die Operaskool van die Universiteit van Kaapstad voltooi het, het sy vinnig opgang gemaak met rolle in operas en musiekspele. En haar talent het nie ongesiens verbygegaan nie, met pryse soos \u2019n Fleur du Cap, \u2019n Naledi en \u2019n kykNET-Fi\u00ebsta reeds agter haar naam. By vanjaar se KKNK debuteer sy met 1\/1 Lynelle Kenned. Dit is \u2019n versameling van vokale sketse oor die veranderlike, die onveranderlike en die onvoorwaardelike \u2013 wat deur verbintenisse verken word. Die vergestalting van vrouwees, en uiteindelik menswees. Sy is ook in Sing Saam! Op die Huisgenoot-verhoog te sien op 24 Maart, saam met o.a. Corlea Botha, Jannie Moolman en Craig Lucas.<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p>Die volledige feesprogram is by <a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a> beskikbaar en kaartjies vir produksies is by Computicket, Shoprite\/Checkers en House &amp; Home beskikbaar. Verblyfbesprekings kan by 044 203 8600, of <a href=\"mailto:verblyf@kknk.co.za\">verblyf@kknk.co.za<\/a> gedoen word.<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0<\/span><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cDie 25ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) vier vanjaar die loopbane van drie legendes wat diep spore in Suid-Afrikaanse kunste getrap het \u2013 en steeds trap \u2013 asook een wat besig is om diep spore in di\u00e9 bedryf te trap.\u201d<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":5110,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-5109","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5109","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=5109"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/5109\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5109"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=5109"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=5109"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}