{"id":53539,"date":"2021-08-23T10:15:01","date_gmt":"2021-08-23T08:15:01","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=53539"},"modified":"2021-08-23T10:15:01","modified_gmt":"2021-08-23T08:15:01","slug":"absa-steeds-toegewy-aan-die-kknk-en-die-visuele-kunste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/absa-steeds-toegewy-aan-die-kknk-en-die-visuele-kunste\/","title":{"rendered":"Absa steeds toegewy aan die KKNK en die visuele kunste"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cAlhoewel ons nie hierdie jaar die kunste in persoon kan geniet nie, is dit steeds vir Absa en die span by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) baie belangrik om die kunste direk\u00a0na entoesiaste te bring in die \u201cnuwe normaal\u201d virtuele w\u00eareld waarvoor ons aangepas het,\u201d s\u00ea Dr. Paul Bayliss, senior spesialis-kunskurator van Absa.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cAbsa\u00a0is steeds toegewy om kuns en kultuur in Suid-Afrika te ondersteun, aangesien dit die enigste dissipline is waar kunstenaars die platform het om die verhale van ons mense en ons land te vertel.\u00a0<strong>Absa is vanjaar reeds vir 16 jaar \u2019n trotse borg van die KKNK<\/strong>,\u201d vertel Bayliss.<\/p>\n\n\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bayliss is die kurator van\u00a0<strong><em>Emotion (Emosie)<\/em><\/strong>, een van hierdie jaar se uitstallings as deel van die\u00a0<strong>KKNK Virtuele Galery, ondersteun deur Abs<\/strong>a. \u201cDie uitstalling is digitaal gedrewe en bestaan uit fotografiese-, video- en klankkuns deur vorige Absa L\u2019Atelier-deelnemers. Dit sluit die werk van Suid-Afrikaanse kunstenaars in, maar ook di\u00e9 van kunstenaars uit Zambi\u00eb, Ghana, Mauritius en Kenia. Gesamentlik en individueel wek di\u00e9 werke verskeie emosies by die kyker op grond van hul ervarings uit die verlede en hul persepsie van die w\u00eareld rondom hulle. Dit is baie belangrik gegewe die tyd waarin ons tans leef,\u201d s\u00ea Baylis<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bayliss beskryf \u2018emosie\u2019 as \u2019n subjektiewe, abstrakte gevoel wat \u2019n universele taal voorskryf. Ons ervarings en interaksies be\u00efnvloed \u2019n emosionele toestand, een wat verbind is aan en gemanipuleer word deur ons sintuie. Emosies word gevorm deur ons verlede en verewig deur die samelewing se vermo\u00eb om die liggaamlike manifestering te vertaal. Elke emosie is persoonlik, maar die uitdrukking is \u2019n kultureel-ontwikkelde instink. Ons herken ons eie reaksies in ander en tog ontlok daardie reaksies verskillende emosionele herinnerings by ons elkeen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-gallery columns-3 is-cropped wp-block-gallery-1 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\">\n<ul class=\"blocks-gallery-grid\">\n<li class=\"blocks-gallery-item\">\n<figure><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-53540\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/22-Thami-Mbenekazi-Dissapointment-2018-1909x1280.jpg\" alt=\"\" data-id=\"53540\" data-full-url=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/22-Thami-Mbenekazi-Dissapointment-2018-scaled.jpg\" data-link=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/?attachment_id=53540\" title=\"\"><\/figure>\n<\/li>\n<li class=\"blocks-gallery-item\">\n<figure><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-53541\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Bernard-Brand-Isolated-Study-II-Oil-_-Honey-Series-2020-853x1280.jpg\" alt=\"\" data-id=\"53541\" data-full-url=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Bernard-Brand-Isolated-Study-II-Oil-_-Honey-Series-2020.jpg\" data-link=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/?attachment_id=53541\" title=\"\"><\/figure>\n<\/li>\n<li class=\"blocks-gallery-item\">\n<figure><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-53542\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Image-2-Dr-Paul-Bayliss_-1793x1280.jpg\" alt=\"\" data-id=\"53542\" data-full-url=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Image-2-Dr-Paul-Bayliss_-scaled.jpg\" data-link=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/?attachment_id=53542\" title=\"\"><\/figure>\n<\/li>\n<li class=\"blocks-gallery-item\">\n<figure><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-53544\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Naitiemu-Nyanjom-Anxiety-Anticipation-in-an-Age-of-Anxiety-2021-Holding-Image.jpg\" alt=\"\" data-id=\"53544\" data-full-url=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/Naitiemu-Nyanjom-Anxiety-Anticipation-in-an-Age-of-Anxiety-2021-Holding-Image.jpg\" data-link=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/?attachment_id=53544\" title=\"\"><\/figure>\n<\/li>\n<\/ul>\n<\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n<p>Kunstenaars wat hul werk as deel van\u00a0<strong><em>Emotion (Emosie)<\/em><\/strong>\u00a0ten toon stel, is: Anthea Pokroy, Bernard Brand, Daandrey Steyn, Frederick Bamfo, Ilen\u00e9 Bothma, Kara Schoeman, Kavinash Thomoo, Kgaugelo Rakgwale, Kirsten Eksteen, Lebo Rasenyalo, Marguerite Kirsten, Naitiemu Nyanjom, Paul Shiakallis en Thami Mbenekazi.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK, was verlede jaar se eerste KKNK Virtuele Galery nie net \u2019n dawerende sukses nie, maar ook \u2019n bekroonde inisiatief. \u201cOns is baie trots om die\u00a0<strong>KKNK Virtuele Galery, ondersteun deur Absa<\/strong>, vir \u2019n tweede jaar aan kunsliefhebbers te bring.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK visuele kunskurator, Dineke van der Walt, het in 2020 die kykNET Fi\u00ebsta vir Beste Prestasie in Visuele Kuns ontvang en di\u00e9 inisiatief is in dieselfde jaar genomineer vir Beste Aanlyn Projek,\u201d s\u00ea Theart. Hy verduidelik dat die algemene tema vir hierdie jaar se uitstalling\u00a0<strong><em>Voel \u2022 Feel<\/em><\/strong>\u00a0is en dat die aanbod 260 kunswerke deur 83 kunstenaars bevat. \u201cDie uitstalling bevat werklik iets vir almal, met kunswerke te koop vanaf slegs R500.\u00a0As \u2019n spesiale bonus kry Absa-kli\u00ebnte 10% afslag op hul aankope,\u201d sluit hy af.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Absa is ook \u2019n integrale deel van ander kunsprojekte as deel van die KKNK en in Afrika. Die\u00a0<strong><em>Absa Maakit Mooi<\/em><\/strong>\u00a0openbare kunsinstallasieprojek is in 2020 vir die derde agtereenvolgende jaar aangebied, al kon die KKNK weens die Covid-19-pandemie nie op Oudtshoorn plaasvind nie. Die projek skep \u2019n geleentheid vir feesgangers om kuns in verskillende omgewings te ervaar en dien as \u2019n kunserfenis vir die gemeenskap. Dit is deel van Absa se verbintenis om plaaslike gemeenskappe by die kunste te betrek, en hul inisiatief om geleenthede vir kunstenaars in Afrika te bied om kuns te skep. Materiaal uit die omliggende gebiede word gebruik en die vaardighede en kennis van die plaaslike bevolking word tydens die\u00a0skeppingsproses ingespan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As deel van hierdie projek is\u00a0<strong><em>The Tree of Unity<\/em><\/strong>\u00a0by die Calitzdorp-ingang na Oudtshoorn opgerig. Dit is deur Madeleine Miles gekonseptualiseer en deur kunstenaars Anton Roetz en Callie Koch gebou. Die plaaslike digter, Poem Mooney, het \u2019n spesiale gedig saamgestel wat by\u00a0<em>The Tree of Unity<\/em>\u00a0geplaas is. Tot dusver het die\u00a0<em>Absa Maakit Mooi<\/em>-projek 11 permanente openbare kunswerke op Oudtshoorn, oor die afgelope drie jaar ge\u00efnstalleer. Die Oudtshoorn Banketsaal en Fontein is ook as deel van hierdie projek opgeknap.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Behalwe vir die bestuur van Absa se korporatiewe kunsversameling van ongeveer 16 000 kunswerke, die Absa Galery, Money Museum en Absa Argiewe, ko\u00f6rdineer Bayliss ook die\u00a0<strong><em>Absa L\u2019Atelier-kunskompetisie<\/em><\/strong>\u00a0wat aangebied word regoor die 12 Afrika-markte waar Absa teenwoordig is. \u201cDie Absa L\u2019Atelier-kunskompetisie is een van Afrika se mees gesogte kunswedstryde. Di\u00e9 kompetisie, wat sy 35ste jaar vier, word jaarliks deur Absa aangebied in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Nasionale Vereniging vir die Visuele Kunste (SANAVA). Elke jaar word jong, dinamiese en inspirerende visuele kunstenaars van regoor Afrika die geleentheid gebied om hul talente deur hierdie gesogte kompetisie in die buiteland te ontwikkel. Boonop bied die kompetisie hulle \u2019n platform om temas en kontempor\u00eare kwessies te ondersoek wat hul potensiaal vir hulle kan ontsluit,\u201d sluit Bayliss af.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As jy lus is vir iets mooi, maar weens die inperking nog meestal by die huis bly, besoek die\u00a0<strong>KKNK Virtuele Galery, ondersteun deur Absa<\/strong>, met verdere ondersteuning van Business and Arts South Africa (BASA), vir \u2019n verrykende kunservaring. Dit bevat \u2019n interaktiewe 3D-weergawe wat by\u00a0<a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/afdeling\/virtuele-galery\/\">https:\/\/www.kknk.co.za\/afdeling\/virtuele-galery\/<\/a>\u00a0gesien kan word. Video&#8217;s van die galery se openingsaand en die eerste kunsbespreking met al die kurators van hierdie jaar se uitstallings is ook aanlyn beskikbaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK word ondersteun deur Absa en Media24, met verdere ondersteuning van onder meer die Het Jan Marais Nationale Fonds, die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport, die Oudtshoorn Munisipaliteit, Business and Arts South Africa (BASA) en die Jannie Mouton Stigting.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cAlhoewel ons nie hierdie jaar die kunste in persoon kan geniet nie, is dit steeds vir Absa en die span by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) baie belangrik om die kunste direk\u00a0na entoesiaste te bring in die \u201cnuwe normaal\u201d virtuele w\u00eareld waarvoor ons aangepas het,\u201d s\u00ea Dr. Paul Bayliss, senior spesialis-kunskurator van Absa.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":53549,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-53539","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53539","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=53539"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53539\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=53539"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=53539"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=53539"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}