{"id":53898,"date":"2021-09-06T18:23:28","date_gmt":"2021-09-06T16:23:28","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=53898"},"modified":"2021-09-06T18:23:28","modified_gmt":"2021-09-06T16:23:28","slug":"aansoeke-ingewag-vir-nuwe-internasionale-teksontwikkelingsprojek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/aansoeke-ingewag-vir-nuwe-internasionale-teksontwikkelingsprojek\/","title":{"rendered":"Aansoeke ingewag vir nuwe internasionale teksontwikkelingsprojek"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>TEKSTMARKT<\/strong>,\u00a0\u2019n unieke teksskryfprojek tussen Nederland en Suid-Afrika, wil skeppende skryfwerk aanmoedig met di\u00e9 nuwe aanlyn program.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alle gevestigde en opkomende dramaturge en teksskrywers uit Suid-Afrika en Nederlandword genooi om deel te neem aan die projek en hul stories te vertel, hetsy op die verhoog\u00a0of in \u2019n rolprent. Deelnemende kandidate sal deur \u2019n onafhanklike paneel uit albei lande\u00a0gekies word en sal in verskillende fases gementor word om hul teksidees te ontwikkel. Rolprentdeelnemers sal hul teksidees aan professionele mense in die bedryf kan voorl\u00ea vir moontlike belegging en ontwikkeling. Teaterdeelnemers sal fases van mentorskap deurloop en minstens twee skrywers\u00a0\u2013\u00a0een uit elke land\u00a0\u2013\u00a0sal finale mentorskap ontvangen \u2019n toelae om die volledige teks te ontwikkel. Die finale teatertekste sal aangebied word as teksvoorlesings aan \u2019n paneel van potensi\u00eble vervaardigers\u00a0vir teaters en feeste.Die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), die Nederlandse ambassade in Suid- Afrika, Dutch Performing Arts\u00a0(\u2019n program van die\u00a0Fonds Podiumkunsten NL), DutchCulture en die Nederlandse Filmfonds. Die\u00a0<strong>TEKSTMARKT\u00a0<\/strong>sal nie net fokus op skeppendevaardighede en nuwe tekste vir die teater en rolprente nie, dit sal ook \u2019n kulturele uitruiling\u00a0tussen twee lande op verskillende vastelande wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit word aangebied met die samewerking van die Baxter-teatersentrum in Kaapstad, die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi), die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere, die Sentrum vir Skeppende Kunste aan die Universiteit van KwaZulu-Natal en die Durbanse Internasionale Filmfees (DIFF).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cNederland en\u00a0Suid-Afrika word verbind deur die geskiedenis. Hoewel die twee lande op\u00a0die oog af w\u00earelde uitmekaar is, is hulle nie sonder betekenisvolle ooreenkomste nie,\u201d s\u00ea Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK. \u201cDit is hiermee in gedagte dat die eerste tema vir die projek gekies is as\u00a0<strong><em>THE OTHER \/ DE ANDER \/ DIE ANDER<\/em><\/strong>. Die projek is nie\u00a0net \u2019n wonderlike geleentheid vir skrywers om hul vaardighede te slyp en hul teksidees te\u00a0ontwikkel nie, dis ook\u00a0\u2019n gulde kans om skeppende mense en denkers uit verskillende vastelande te stimuleer en \u2019n maatskaplik bewuste denkwyse en begrip van \u2018die ander\u2019 aan\u00a0te wakker.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Han Peters, die Nederlandse ambassadeur in Suid-Afrika, s\u00ea oor die projek: \u201cDie interkontinentale kulturele samewerking tussen Nederland en Suid-Afrika sal nie net nuwe tekste tot gevolg h\u00ea nie, met \u2019n\u00a0bietjie geluk sal nuwe vennootskappe ook aangegaan word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDis belangrik om na verskillende stories te kyk,\u201d s\u00ea Viktorien van Hulst,\u00a0direkteur van die Fonds Podiumkunsten NL.\u00a0\u201cOns samelewing met sy vele perspektiewe vereis grenslose nuuskierigheid en miskien veral wanneer dit ongemaklik of selfs konfronterend is. Deur na nuwe stories en nuwe stemme te luister word nuwe w\u00earelde geopen. Boonop gee dit ruimte vir pret en inspirasie. Daarom is ek opgewonde oor ons samewerking met\u00a0<strong>TEKSTMARKT<\/strong>. Ek is bly ons kan aanhou saamwerk ondanks geografiese\u00a0grense en saamkom ondanks die pandemie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bero Beyer, hoof van die Nederlande Filmfonds s\u00ea:\u00a0\u201c<strong>TEKSTMARKT\u00a0<\/strong>en sy tema kom op presies die regte tyd. Die Nederlandse Filmfonds en sy eweknie die Nasionale Film- en Videofonds van Suid-Afrika is tans besig om kulturele en ekonomiese bande te verstewig om wedersydse voordele ten beste te benut. Danksy die samewerking met die Nederlandse Uitvoerende Kunste, die Nederlandse ambassade en die KKNK, sal di\u00e9 platform waar Nederlandse en Suid-Afrikaanse dramaturge en draaiboekskrywers in staat gestel word om saam stories te ontwikkel en kennis en vaardighede te deel, \u2019n waardevolle bydrae tot ons pogings wees.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alle dramaturge en teksskrywers uit Suid-Afrika en Nederland, gevestig of opkomend, word genooi om deel te neem aan die projek. Dit sal in verskillende fases oor die volgende 12 maande aangebied word. Die volledige program is beskikbaar op die KKNK se webblad by\u00a0<a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/TEKSTMARKT\/\">kknk.co.za\/TEKSTMARKT\/<\/a>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Registreer vir die gratis dinkskrum met sprekers van albei lande wat die tema van die projek sal bespreek. Dit vind op 13 tot 17 September 2021 aanlyn plaas.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die spertyd vir voorstelle is 27 September 2021. Besoek <a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">kknk.co.za<\/a>\u00a0vir nog inligting of stuur \u2019n\u00a0WhatsApp na +27 (65) 285 2337.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>TEKSTMARKT,\u00a0\u2019n unieke teksskryfprojek tussen Nederland en Suid-Afrika, wil skeppende skryfwerk aanmoedig met di\u00e9 nuwe aanlyn program.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":139389,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-53898","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53898","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=53898"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53898\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=53898"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=53898"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=53898"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}