{"id":53902,"date":"2021-09-06T18:43:07","date_gmt":"2021-09-06T16:43:07","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=53902"},"modified":"2021-09-06T18:43:07","modified_gmt":"2021-09-06T16:43:07","slug":"die-kknk-is-op-soek-na-n-bemarkings-en-kommunikaisbestuurder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/die-kknk-is-op-soek-na-n-bemarkings-en-kommunikaisbestuurder\/","title":{"rendered":"Die KKNK is op soek na \u2019n bemarkings- en kommunikasiebestuurder"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">BEMARKINGS- EN KOMMUNIKASIEBESTUURDER<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em>Kunste Onbeperk<\/em><\/strong> is \u2019n nie-winsgewende organisasie wat jaarliks onder andere die Klein Karoo Nasionale Kunstefees; Klein Karoo Klassique; Teksmark; verskeie werkswinkels en programme as deel van die Kunste-Akademie; en in 2020 en 2021 ook \u2019n aanlyn fees aanbied. Die KKNK se missie is om die kunste te vier en uit te bou deur volhoubare platforms te skep en in stand te hou, en optimaal te bel\u00ea in die skep en bestuur van unieke inhoud, met relevante projekte wat waarde tot ons gemeenskappe toevoeg. Vir meer inligting oor die KKNK besoek: <a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\"><strong>www.kknk.co.za<\/strong><\/a><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die organisasie is op soek na \u2019n ervare <strong>bemarkings- en kommunikasiebestuurder<\/strong> wat alle bemarkingsaktiwiteite en kommunikasie met rolspelers vir <strong><em>Kunste Onbeperk<\/em><\/strong> se feeste, produksies en ander projekte kan bestuur en uitvoer. Die geskikte kandidaat moet uitgebreide bemarkingservaring h\u00ea en passievol wees oor die kunste. Ondervinding in die bemarking van teaterproduksies, feeste of kuns- en kultuuraktiwiteite sal tot voordeel van die kandidaat wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ter versterking van strategiese leierskap in die implementering van <strong><em>Kunste Onbeperk<\/em><\/strong> se visie, moet die suksesvolle kandidaat o.a. die volgende <strong>sleutelprestasie-areas<\/strong> lewer:&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Ontwikkel en implementeer \u2019n ge\u00efntegreerde media- en bemarkingstrategie wat doeltreffend die korporatiewe identiteit en doelwitte ondersteun<\/li><li>Ontwikkel en implementeer \u0149 spesifieke sosiale media-strategie om deurlopende versterking van KKNK se blootstelling aan sosiale media platforms te verseker<\/li><li>Neem beheer van die beplanning en implementering van bemarkingsveldtogte, -aktiwiteite en -projekte<\/li><li>Verseker blootstelling en aktivering van veldtogte op verskeie gedrukte en digitale media<\/li><li>Gee leiding aan en bestuur media en bemarkingspesifieke diensverskaffers<\/li><li>Onderhandel met mediavennote vir waarde en koste-doeltreffende mediapakkette<\/li><li>Bestuur en verseker die tydige lewering van essensi\u00eble elemente soos die feesgids, advertensies en bemarkingsmateriaal<\/li><li>Bestuur effektiewe geteikende kommunikasie aan al die organisasie se rolspelers<\/li><li>Behartig die skryf, taalversorging en vertaling van kopie en dokumente<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kwalifikasie:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Graad 12, plus \u2019n toepaslike graad of diploma<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Noodsaaklike ervaring:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>\u2019n Minimum van vyf jaar toepaslike werkservaring, spesifiek binne \u2019n bemakings- en\/of verkope-milieu<\/li><li>Bewese rekord van bemarking, reklame, publisiteit, funksie-ko\u00f6rdinering en skakelwese<\/li><li>Woordvoering<\/li><li>\u0149 Uitstekende begrip van digitale en sosiale media-platforms en vaardigheid in die doeltreffende aanwending daarvan<\/li><li>Gebruik van toepaslike tegnologie vir bemarkingswerk<\/li><li>Bestuur van \u2019n begroting<\/li><li>Personeelbestuur<\/li><li>Uitstekende gebruik van Afrikaans en Engels (praat en skryf)<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Wesenlike ervaring:&nbsp;<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Ondervinding in die beplanning, bestuur of&nbsp; bemarking van teaterproduksies en feeste sal \u2019n voordeel wees<\/li><li>Vermo\u00eb om die taalversorging van kopie en dokumente te behartig<\/li><li>Kreatiewe denke<\/li><li>Uitstekende organisering- en beplanningsvaardighede<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Ander vereistes:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\"><li>Moet verantwoordelik, betroubaar en geloofwaardig wees<\/li><li>Gesonde oordeel en besluitnemingsvermo\u00eb<\/li><li>Besondere vermo\u00eb om werk optimaal onder druk te hanteer en onafhanklik te funksioneer<\/li><li>Dienslewerings-ingesteldheid<\/li><\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Neem kennis dat <strong><em>Kunste Onbeperk<\/em><\/strong> se hoofkantoor in Oudtshoorn is en die suksesvolle kandidaat moet verkieslik in die Klein Karoo woon. Kandidate wat nie in die Klein Karoo woon of kan woon nie, sal wel oorweeg word, maar sal met tye wel in Oudtshoorn teenwoordig moet wees tydens die aanloop en verloop van projekte.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alle plasings is in ooreenstemming met ons BEE-vereistes.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Voornemende kandidate moet \u2019n Curriculum Vitae (CV) na Lizan\u00e9 Basson e-pos (<a href=\"mailto:lizane@kunste.\">lizane@kunste.<\/a>org.za). Ontvangs van alle aansoeke sal erken word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Sluitingsdatum vir aansoeke: 17 September 2021<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK behou die reg voor om nie \u2019n aanstelling in die pos soos geadverteer te maak nie.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>BEMARKINGS- EN KOMMUNIKASIEBESTUURDER Kunste Onbeperk is \u2019n nie-winsgewende organisasie wat jaarliks onder andere die Klein Karoo Nasionale Kunstefees; Klein Karoo Klassique; Teksmark; verskeie werkswinkels en programme as deel van die Kunste-Akademie; en in 2020 en 2021 ook \u2019n aanlyn fees aanbied. Die KKNK se missie is om die kunste te vier en uit te bou [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":53905,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-53902","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53902","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=53902"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53902\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=53902"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=53902"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=53902"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}