{"id":53921,"date":"2021-09-10T15:43:18","date_gmt":"2021-09-10T13:43:18","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=53921"},"modified":"2021-09-10T15:43:18","modified_gmt":"2021-09-10T13:43:18","slug":"absa-loods-virtuele-kuierkamer-vir-aanlyn-kknk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/absa-loods-virtuele-kuierkamer-vir-aanlyn-kknk\/","title":{"rendered":"Absa loods virtuele Kuierkamer vir aanlyn KKNK"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">\u00a0Absa loods vanjaar \u2019n virtuele weergawe van hulle immergewilde <strong>Absa Kuierkamer<\/strong>, as deel van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se aanlyn fees vanaf September.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie KKNK het die afgelope tyd verskeie aanlyn projekte en produksies aangebied. Dit is \u2019n aanlyn fees waarmee ons die kunste aan almal in die gerief van hul eie huis bied \u2013 of dit nou op die TV- of rekenaarskerm, op radio, op \u2019n slimfoon, \u00f3f op jou voorstoep is \u2013 die KKNK is oral,\u201d s\u00ea Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Theart stap die KKNK se hoofborg, Absa, reeds vir menigte jare die pad saam met die fees as trotse borg en ondersteun hulle ook die kunste in hierdie uitdagende tyd wat die w\u00eareld steeds worstel met die impak van die COVID-19-pandemie. \u201cDie Absa Kuierkamer het \u2019n instelling by die fees geword, waar feesgangers vermaak is, kon kuier en gesels. Ons is baie opgewonde dat Absa nou di\u00e9 ervaring na feesgangers in die gemak van hul eie huise bring en sodoende ook \u2019n stukkie van Oudtshoorn na feesgangers bring,\u201d meen Theart.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cVir die 2021 weergawe van die KKNK, voeg Absa \u2019n virtuele aanslag by die feestelikhede \u00e9n vier ons 16 jaar as getroue borg van die KKNK,\u201d s\u00ea dr. Paul Bayliss, Absa se senior spesialis kunskurator. \u201cOns bied innoverings wat die fees se gebruiklike grense oorskry en stel sodoende nuwe gehore aan die fees bekend.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Reeks virtuele praatjies, aktiverings en skakelings word gedurende die aanlyn feestydperk aangebied, om steeds die kunste en moontlikhede beskikbaar aan kunstenaars, \u2019n werklikheid te maak. \u201cHierdie digitale kunsteenwoordigheid maak die beeldende kunste vir \u2019n diverse gehoor meer toeganklik, terwyl dit visuele kunstenaars ook &#8216;n platform bied om kwessies wat hul lewens be\u00efnvloed, te ondersoek en kommentaar te lewer,\u201d s\u00ea Bayliss.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">The <strong>Virtuele Absa Kuierkamer<\/strong> gaan aspekte van Oudtshoorn naboots en deurlopend aktiwiteite bekendstel waar besoekers toegang tot \u2019n verskeidenheid multimedia inhoud gaan h\u00ea. \u201cFunksies word oor die dorp heen versprei en kunsliefhebbers kan verskeie bakens en geboue verken, net soos wat hulle tydens die fees sou doen. Die platform spog met \u2019n magdom unieke, interaktiewe kenmerke en al hierdie funksies word deur \u2019n webgebaseerde toepassing aangebied, wat \u2019n soomlose ervaring op rekenaars en selfone moontlik maak,\u201d voeg Bayliss by.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een van die hoogtepunte op die program is bekroonde aanbieder Hannes van Wyk se <strong>Koffietafelgesprekke<\/strong>. Van Wyk gesels met sy gaste oor, onder andere, die impak van Covid-19 op die kuns- en vermaaklikheidsbedryf en gee \u2019n blik op die toekoms van di\u00e9 bedryf.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Ander virtuele ervaring wat aangebied word, is \u2019n dokument\u00eare kunsreeks getiteld <strong><em>Beyond the Canvas<\/em><\/strong>.Di\u00e9 dokument\u00eare reeks fokus op temas wat \u2019n impak op Suid-Afrika se beeldende kunste-landskap het. Temas wissel van tegnologie, sosiale media, toerisme en graffiti, tot herwinning en kos in verhouding tot die beeldende kunste. Plaaslike en internasionale kunstenaars sluit hier aan om hulle idees en ervarings te deel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daarbenewens bied Absa Kleinhandels- en Besigheidsbankdienste (RBB) \u2019n reeks van ses <strong>Sakepraatjies<\/strong> aan, waar talle gaste genooi word om aan gesprekke deel te neem om oplossings vir van die land se dringende vraagstukke te vind. \u201cGesprekke is saamgestel om te fokus op kwessies wat tot die volhoubaarheid van ons land in die algemeen bydra,\u201d s\u00ea Bayliss.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Justin Schmidt<\/strong> gesels oor hernubare energie en vervaardiging, <strong>James Noble<\/strong> werp lig op die franchise-w\u00eareld, terwyl <strong>Abrie Rautenbach<\/strong> na tendense in agribesigheid kyk. <strong>Fiks Dlamini<\/strong> fokus op geleenthede in die openbare sektor-landskap en <strong>Kgalaletso Tlhoaele<\/strong> skyn die soeklig op die belangrikheid van ondernemingsontwikkeling.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die platform bied ook vele inspirerende en eksklusiewe vermaak oor die volgende paar maande gratis aan, wat ondermeer insluit: <strong><em>21 Lewenslesse<\/em><\/strong>, \u2019n reeks waar bekende en prominente Suid-Afrikaners hul lewenslesse deel; <strong><em>komedie-segmente<\/em><\/strong> deur ons land se voorste komediante en storievertellers; <strong><em>The Karoo Project<\/em><\/strong>, \u2019n spesiale musiekreeks wat tydens inperking met Zolani Mahola, Jitsvinger en Native Young in die Karoo verfilm is; en <strong><em>Oudtshoorn se mense<\/em><\/strong>, \u2019n reeks waar inwoners nie net hul talente ten toon stel nie, maar ook gesels oor die besonderse dorp en streek. Dit kan daagliks deur ieder en elk geniet word.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK se tweede Virtuele Galery, wat ook deur Absa ondersteun word, het vroe\u00ebr vanjaar geopen. Bayliss tree hier as kurator van Absa se uitstalling, <em>Emotion<\/em> op. Doelgemaakte kunswerke wat vorige Absa L\u2019Atelier-deelnemers vir die digitale platform ontwerp het word hier ten toon gestel. Loop deur die uitstallings in die Virtuele Galery by <a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/afdeling\/virtuele-galery\/\">www.kknk.co.za\/afdeling\/virtuele-galery\/<\/a>.\u00a0 \u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">The <strong>Virtuele Absa Kuierkamer <\/strong>word oor \u2019n tydperk van drie maande aangebied, vanaf September tot November 2021. Klik hier vir &#8216;n oorsig en virtuele deurloop van die unieke platform: <a href=\"https:\/\/bit.ly\/3zW6RjP\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">https:\/\/bit.ly\/3zW6RjP<\/a>. Vir meer inligting, besoek <a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\"><strong>www.kknk.co.za<\/strong><\/a> en volg die maklike registrasieproses om toegang te kry tot die feestelikhede.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u00a0Absa loods vanjaar \u2019n virtuele weergawe van hulle immergewilde Absa Kuierkamer, as deel van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se aanlyn fees vanaf September.\u00a0<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":53735,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-53921","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53921","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=53921"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53921\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=53921"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=53921"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=53921"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}