{"id":54217,"date":"2021-10-20T14:14:16","date_gmt":"2021-10-20T12:14:16","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=54217"},"modified":"2021-10-20T14:14:16","modified_gmt":"2021-10-20T12:14:16","slug":"kuier-saam-met-hannes-van-wyk-in-virtuele-absa-kuierkamer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/kuier-saam-met-hannes-van-wyk-in-virtuele-absa-kuierkamer\/","title":{"rendered":"Kuier saam met Hannes van Wyk in Virtuele Absa Kuierkamer"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Nuwe en opwindende inhoud word heeltyd in die\u00a0<strong><a href=\"https:\/\/absa.6connex.eu\/event\/kknk\/login\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Virtuele Absa Kuierkamer<\/a>\u00a0<\/strong>beskikbaar gestel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ses\u00a0<strong><em>Koffietafelgesprekke\u00a0<\/em><\/strong>deur die bekroonde aanbieder en akteur Hannes van Wyk, word in die\u00a0<strong>Koffiewinkel\u00a0<\/strong>van die\u00a0<strong>Virtuele Absa Kuierkamer\u00a0<\/strong>aangebied. Di\u00e9 reeks vorm deel van die program vir vanjaar se digitale Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie eerste vier episodes (van ses), is nou beskikbaar en kykers kan dit in die gemak van\u00a0hulle eie huise geniet. Onderwerpe wat tydens hierdie episodes bespreek word, sluit\u00a0<strong><em>Die invloed van Covid-19 op die kunste\u00a0<\/em><\/strong>en\u00a0<strong><em>Die toekoms van die kunste\u00a0<\/em><\/strong>in,\u201d s\u00ea HugoTheart, artistieke direkteur van die KKNK.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In episode een gesels Van Wyk met prominente individue in die vermaaklikheidsw\u00eareld oor die uitwerking van die Covid-19 pandemie op die kunste. Hulle praat oor die\u00a0<strong>verwoestende uitwerking van di\u00e9 pandemie\u00a0<\/strong>en kyk na moontlike oplossings, asook die pad vorentoe. Theart, Fahiem Stellenboom (bemarkingsbestuurder van die Baxterteater), akteur Marion Holm en Thabang Monoa (kunskurator en lektor) sluit by hom aan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tydens die tweede gesprek gesels Van Wyk met Marlene le Roux (uitvoerende hoof van Artscape), minister Anroux Marais (Wes-Kaapse minister van Kuns, Sport &amp; Kultuur), Jana Hattingh (uitvoerende hoof van die Suidoosterfees) en Andy Lubbe (feesdirekteur van Innibos) oor die\u00a0<strong>toekoms van teater, die kunste en die vermaaklikheidsbedryf<\/strong>. Hulle soek na antwoorde en stamp soms koppe, maar daar is lig aan die einde van die tonnel. Of is daar?<\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-spacer\" style=\"height: 50px;\" aria-hidden=\"true\">\u00a0<\/div>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-54219\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/10\/Hannes-van-Wyk-Koffietefalgesprek-4-1920x864.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-spacer\" style=\"height: 50px;\" aria-hidden=\"true\">\u00a0<\/div>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Akteurs Lizz Meiring, Bongi Mthombeni, Cintaine Schutte en Richard September deel in episode drie hulle ervaring oor\u00a0<strong>hoe moeilik dit is om in \u2019n eenmanvertoning te speel<\/strong>.\u00a0Die paneel gesels oor die vermo\u00eb van \u2019n akteur om enige rol te kan vertolk en tot hoe \u2019nmate akteurs beperk word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Drie akteurs uit die Kaapse sepie\u00a0<em>Suidooster<\/em>, Jill Levenberg, Gantane Kush en Denise Newman, gesels in die vierde episode met Van Wyk\u00a0\u2013\u00a0self jare deel van die sepie\u00a0<em>Egoli: Plek van Goud<\/em>. Dit is \u2019n heerlike kuier en blik op\u00a0wat agter die skerms gebeur. Die akteurs deel met kykers hulle lewe weg van die kameras af.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Episode vyf werp lig op\u00a0<strong>hoe daar in hierdie moeilike tye \u2019n bestaan in die vermaaklikheidsbedryf gemaak kan word<\/strong>. Pieter-Jan Kapp (besturende direkteur van PJK Production Management), Margit Meyer-R\u00f6denbeck (aktrise en eienaar van Die Boer), Willem Botha (sanger en entrepreneur) en akteur Heine Poole deel meer oor wat hulle doen om te oorleef en of dit eerder nodig is om ander beroepe en rigtings te ondersoek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van Wyk gesels in die laaste episode met sy paneel oor\u00a0<strong>belangrike aspekte van opleiding<\/strong>. Dr. Ismail Mahomed (direkteur: Sentrum vir Kreatiewe Kunste, UKZN), Ira Blanckenberg (akteur en hoof van Stageright Dramaskool), dr. Mareli Pretorius (voorsitter: Dramadepartement, Universiteit Stellenbosch) en Anton Luitingh (Luitingh Alexander Musical Theatre Academy) gee raad aan ouers wie se kinders in di\u00e9\u00a0rigting dink. Dit is \u2019n openhartige gesprek waar baie raad en leiding gegee word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">The\u00a0<strong>Virtuele Absa Kuierkamer\u00a0<\/strong>word tot einde November aangebied en \u2019n verskeidenheid gratis inhoud\u00a0kan by\u00a0www.kknk.co.za\u00a0verken word. Vir meer inligting, besoek ook die KKNK se sosiale mediaplatforms.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nuwe en opwindende inhoud word heeltyd in die\u00a0Virtuele Absa Kuierkamer\u00a0beskikbaar gestel.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":54219,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-54217","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54217","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=54217"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54217\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=54217"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=54217"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=54217"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}