{"id":54613,"date":"2021-11-15T12:15:28","date_gmt":"2021-11-15T10:15:28","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=54613"},"modified":"2021-11-15T12:15:28","modified_gmt":"2021-11-15T10:15:28","slug":"21-nuwe-tekste-word-vanjaar-by-teksmark-voorgele","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/21-nuwe-tekste-word-vanjaar-by-teksmark-voorgele\/","title":{"rendered":"21 nuwe tekste word vanjaar by Teksmark voorgel\u00ea"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Die sesde aanbieding van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se bekroonde\u00a0<strong>Teksmark<\/strong>, vind van\u00a0<strong>17 tot 19 November\u00a0<\/strong>by die\u00a0<strong>Baxter-teatersentrum\u00a0<\/strong>in Kaapstad plaas.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teksmark word in samewerking met die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Baxter-teatersentrum aangebied, ondersteun deur die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) en die Wes-Kaapse Regering se Departement van Kultuursake en Sport.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teksmark bied \u2019n geleentheid aan teksskrywers om hul idees in die vorm van uittreksels te\u00a0toets, wanneer dit as leesteater voorgel\u00ea word. Vanjaar word 21 tekste aangebied\u00a0waarvan 13 tekste deur \u2019n onafhanklike paneel gekeur is uit die aansoeke wat ontvang\u00a0is, drie tekste uit Premi\u00e8re Atelier van die Universiteit Stellenbosch se Dramadepartement, asook vyf van die Suidoosterfees NATi Jong Sterre-projek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanjaar se is voorstelle is:\u00a0<em>An Enchanted History of Jeanne Baret\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Klara van Rooyen<\/strong>,\u00a0<em>Arm.Alarm\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Wilken Calitz<\/strong>,\u00a0<em>Blood Bonds\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Vuyokazi Ngemntu<\/strong>,\u00a0<em>Brand asem\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Bauke Snyman<\/strong>,\u00a0<em>Change Chameleon, Change\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Lee Doubell<\/strong>,\u00a0<em>Dankie, maar nee dankie\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Stephren Saayman<\/strong>,\u00a0<em>Die tafel van die ongewenstes\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Henry Jacobs<\/strong>,\u00a0<strong>Casper Lourens\u00a0<\/strong>en\u00a0<strong>Maryke van der Walt<\/strong>,\u00a0<em>Die kontempor\u00eare kunskomplot\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Philip Theron<\/strong>,\u00a0<em>Grope-vir-jou en Juliet\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Frances Bruwer\u00a0<\/strong>en\u00a0<strong>Minke Marais<\/strong>,\u00a0<em>iDlozi la Manga<\/em>deur\u00a0<strong>Tshegofatso Mabele<\/strong>,\u00a0<em>Koning van die Diereriem\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Mar\u00ed Borstlap<\/strong>,\u00a0<em>Maanskyn en dorings\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Helo\u00efne Armstrong<\/strong>,\u00a0<em>Met liefde, Vincent\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Melissa Myburgh<\/strong>,\u00a0<em>Nipped in the Butt\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Nisa Smit<\/strong>,\u00a0<em>Oom Bey, my pa\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Henque Heymans<\/strong>,\u00a0<em>Semels\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Miandra Hayward<\/strong>,\u00a0<em>Sleeping with the Enemy\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Lwanda Sindhaphi<\/strong>,\u00a0<em>Space on Long Street &amp; The Imitation of a Noise\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Loryn Dyan Thomas<\/strong>,\u00a0<em>Staan uit die water uit\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Mercy Kannemeyer<\/strong>,\u00a0<em>The Dawn\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Jane Mpholo\u00a0<\/strong>en\u00a0<em>What happens in Russia &#8230;\u00a0<\/em>deur\u00a0<strong>Michaela Weir<\/strong>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cBelangstellendes kan Teksmark bywoon deur hul plek aanlyn te bespreek. Maar omdat\u00a0spasie beperk is as gevolg van Covid-19-protokol wat streng gevolg word, sal die sessies ook regstreeks gestroom word vir di\u00e9 wat nie die geleentheid kan bywoon nie om aanlyn\u00a0aan te sluit,\u201d vertel Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Theart sien hulle uit na \u2019n terugkeer tot die verhoog van vele akteurs en regisseurs, waaronder\u00a0<strong>Brendon Daniels<\/strong>,\u00a0<strong>Lara Bye<\/strong>,\u00a0<strong>Wilhelm van der Walt<\/strong>,\u00a0<strong>Milan Murray<\/strong>,\u00a0<strong>Stian Bam<\/strong>,\u00a0<strong>Nicole Holm<\/strong>,\u00a0<strong>Antoinette Louw<\/strong>,\u00a0<strong>Veronique Jepthas<\/strong>,\u00a0<strong>Ren\u00e9 Cloete<\/strong>,\u00a0<strong>Ira Blankenberg<\/strong>,\u00a0<strong>Charlton George<\/strong>,\u00a0<strong>Andr\u00e9 Roothman<\/strong>,\u00a0<strong>Amalia Uys<\/strong>,\u00a0<strong>Noxolo Bodlani<\/strong>,\u00a0<strong>Basetsana Motloung<\/strong>,\u00a0<strong>Mthuthuzeli Zimba<\/strong>,\u00a0<strong>Tankiso Mamabolo\u00a0<\/strong>en\u00a0<strong>Zamah Nkhonyeni\u00a0<\/strong>om \u2019n paar te noem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns het nou \u2013\u00a0meer as ooit\u00a0\u2013\u00a0nodig om ons stories te vertel. Ons het skrywers en die kunste nodig en ek\u00a0glo dat daar uit vanjaar se aanbod \u2019n oes van stories is waarin daar vir verdere ontwikkeling bel\u00ea gaan\u00a0word,\u201d vertel hy. Theart vertel ook dat Teksmark vanjaar uitgebrei is met\u00a0<strong>Teksmark Oudtshoorn<\/strong>, spesifiek daarop gefokus om stories uit die streek te ontgin en aan storievertellers en skrywers van hier\u00a0\u2019n platform te bied. \u201c \u2019n Internasionale sustersprojek, oftewel\u00a0<strong>TEKSTMARKT<\/strong>, het ook die lig gesien, wat skrywers van Suid-Afrika en Nederland byeenbring om stories vir internasionale gehore te ontwikkel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van NATi, s\u00ea toe Teksmark ses jaar gelede begin het, sou hulle\u00a0beswaarlik kon voorspel hoe groot die impak op die teaterbedryf sou wees. \u201cEn hier is ons nou, een\u00a0pandemie later, besig met die sesde aanbieding en die tekste stroom steeds in. Dit is baie duidelik dat ons skrywers nou \u00e9\u00e9rs baie het om te s\u00ea en te vertel. Dit is, soos altyd, vir NATi \u2019n geweldige voorreg om weer betrokke te wees by die Teksmark.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Lara Foot, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die Baxter, s\u00ea ondanks die uitdagings en verliese wat die w\u00eareldwye koronaviruspandemie tot gevolg gehad het: op kunstenaars, teaters, feeste en die kunstesektor, het Teksmark\u00a0\u2013\u00a0soos die Baxter\u00a0\u2013 volhard. \u201cOns is opgewonde om deur hierdie veerkragtigheid uit te sien na die sesde Teksmark.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tydens Teksmark word kort uittreksels uit tekste as leesteater opgevoer, waarna daar gesprekke oor die teks gevoer word. Hier word die gehoor uitgedaag en begrip word tussen individue van verskillende agtergronde en opinies gekweek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cSpasie in die teater is beperk, maar ons verwelkom graag rolspelers en betrokkenes in die teaterindustrie asook publiek by die\u00a0<strong>Baxter-teatersentrum\u00a0<\/strong>se\u00a0<strong>Golden Arrow Studio\u00a0<\/strong>van\u00a0<strong>17 tot 19 November<\/strong>. Alle Covid-19-riglyne word gevolg,\u201d sluit Theart af.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bespreek jou plek op die KKNK se webblad by\u00a0<a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/teksmark\/\">www.kknk.co.za\/teksmark<\/a>.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die sesde aanbieding van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se bekroonde\u00a0Teksmark, vind van\u00a017 tot 19 November\u00a0by die\u00a0Baxter-teatersentrum\u00a0in Kaapstad plaas.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":54617,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-54613","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54613","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=54613"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54613\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=54613"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=54613"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=54613"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}