{"id":54638,"date":"2021-11-16T11:15:09","date_gmt":"2021-11-16T09:15:09","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=54638"},"modified":"2023-11-10T12:42:05","modified_gmt":"2023-11-10T10:42:05","slug":"n-feestelike-naweek-van-musiek-in-oudtshoorn","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/n-feestelike-naweek-van-musiek-in-oudtshoorn\/","title":{"rendered":"\u2019n Feestelike naweek van musiek in Oudtshoorn"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Klein Karoo Klassique<\/strong>, Oudtshoorn se fees van klassieke musiek is terug en vind vanjaar op 27 en 28 November plaas.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit is so wonderlik om weer die fees van klassieke musiek in Oudtshoorn te kan aanbied, en so ook die Feesseisoen in te lei. Almal word uitgenooi om ontvlugting te kom geniet en saam met ons in die Klein Karoo asem te skep,\u201d s\u00ea Hugo Theart, artistieke direkteur van Klein Karoo Klassique.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cSonder die\u00a0<strong>Rupert Musiekstigting<\/strong>, wat vanjaar vir die agtste keer by Klassique betrokke is, sou hierdie fees nie moontlik gewees het nie. Sluit by ons aan vir \u2019n somer viering van die land se voorste klassieke musici op Oudtshoorn, met \u2019n program wat iets vir elke klassieke musieksmaak bied.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die fees begin op Saterdag 27 November om 10:00 met\u00a0<strong><em>Guy Buttery en die Gqeberha-kwartet<\/em><\/strong>. Saam versterk\u00a0David Bester (viool), Jan-Hendrik Harley (altviool), Lynn Daphne Rudolph (altviool), Mariechen Meyer (kontrabas) en Guy Buttery (akoestiese kitaar, sitar en mbira) die musikale interaksie tussen kontempor\u00eare klassieke musiek en Buttery se kenmerkende komposisie-styl. Elke lid van die kwartet word as \u2019n unieke musikale stem hanteer, wat unieke stryk-teksture tot gevolg het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Saterdag om 15:00 keer Nina Schumann, een van Suid-Afrika se voorste pianiste, vir die eerste keer sedert 2012 terug na Oudtshoorn vir\u00a0<strong><em>Skoonheid in variasie\/Variasie in skoonheid<\/em><\/strong>. In hierdie uitvoering dien die kombinasie van vier komponiste \u2013 Bach, Mendelssohn, Rachmaninoff en Medtner \u2013 se werke, nie net om die tradisionele variasievorm en die \u201cherkomposisie\u201d daarvan uit te lig nie, maar ook die gesprek tussen komponiste op grond van gedeelde estetika.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Renee van der Westhuizen\u00a0(tweede viool), Emile de Roubaix (altviool), Dane Coetzee (tjello) en Petrus de Beer (eerste viool) bied Saterdag om 18:30 \u2019n\u00a0<strong><em>Skemerkonsert<\/em><\/strong>\u00a0by Karusa aan, met \u2019n program van gewilde klassieke musiek, musiek uit musiekblyspele, bekende filmmusiek en selfs \u2019n paar klassieke verwerkings van hedendaagse popul\u00eare treffers. Di\u00e9 uitsonderlike strykkwartet bied werke van Mozart tot Andrew Lloyd Webber, Katy Perry tot Bach, met die Karoo-sonsondergang as agtergrond vir \u2019n klassieke opelugervaring. Gaste kan vroeg aanmeld vir Karusa se a-la-carte spyskaart en \u2019n heerlike familie-aand onder die Karoo-sterre.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Klassique sluit op Sondag 28 November om 11:00 af met\u00a0<strong><em>\u2019n Barok-Kersfees<\/em><\/strong>. Vir hierdie uitvoering bied lede van die Kaapstad Barokorkes [Lynelle Kenned (sopraan), Joshua Frank (blokfluit), Erik Dippenaar (klavesimbel en musikale leiding)] \u2019n program van Kersmusiek uit die Barok aan, waarvan vele werke steeds in ons gereelde Kers-repertoire ingesluit is. Die program sluit uittreksels uit Handel se\u00a0<em>Messiah<\/em>\u00a0en Corelli se Kersfees-concerto in, soos in rondom 1780 deur Thomas Billington vir klawerbord getranskribeer, asook gewilde Kersgesange soos Isaac Watts se\u00a0<em>Joy to the World<\/em>\u00a0uit 1719, en\u00a0<em>O come, all ye faithful<\/em>\u00a0uit die mid-1700\u2019s. Die musiek word aangevul met gepaste voorlesings deur Sandra Prinsloo.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-54639\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Klein-Karoo-Klassique-2021.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cDaar is \u2019n spesiale kaartjiepakket vir al vier uitvoerings beskikbaar, teen \u2019n besparing van 20%.\u00a0<strong>Kaartjies kan aanlyn by Quicket (<a href=\"https:\/\/qkt.io\/Klassiq\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">https:\/\/qkt.io\/Klassiq<\/a>) gekoop word<\/strong>. Bring die hele familie en kom geniet hierdie viering van musiek saam met ons,\u201d vertel Theart.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Theart herinner musiekliefhebbers ook aan Coenie de Villiers en Deon Meyer se spesiale vroe\u00eb Kerskonsert. Gehore regoor die land was gaande oor De Villiers en Meyer se\u00a0<em>Karoo Suite 1 &amp; 2<\/em>\u00a0en nou het die twee meesters en Karoo-liefhebbers \u2019n spesiale vertoning,\u00a0<strong><em>Karoo-Kersfees<\/em><\/strong>\u00a0saamgestel wat op\u00a0<strong>25 en 26 November om 19:00<\/strong>\u00a0by die pragtige Surval Boutique Olive Estate net buite Oudtshoorn opgevoer word.\u00a0<strong><em>Karoo-Kersfees<\/em><\/strong>\u00a0beloof om \u2019n onvergeetlike en spesiale ervaring vir die hele gesin te wees. Kaartjies is beskikbaar by Quicket\u00a0(<a href=\"https:\/\/qkt.io\/KarooKersfees\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">https:\/\/qkt.io\/KarooKersfees<\/a>).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En dan is daar ook Celebratio Granaatplaas se spesiale ervaring,\u00a0<strong>Klassieke Klein Karoo Kersfees<\/strong>, op 11 Desember. Di\u00e9 buitelugkonsert onder die Klein Karoo se pragtige sterrehemel, het die afgelope paar jaar \u2019n instelling in die Klein Karoo geraak. Die produksie spog vanjaar met \u2019n splinternuwe program en die soprano Lynelle Kenned wat vir die eerste keer haar buiging maak. Sy deel die verhoog met die immergewilde Jannie Moolman en Corlea Botha. Die soliste word begelei deur lede van die Stellenbosch Stadsorkes onder leiding van Paul Loeb van Zuilenburg. Kaartjies is aanlyn beskikbaar op\u00a0<a href=\"http:\/\/www.celebratio.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.celebratio.co.za<\/a>\u00a0of by die Oudtshoorn Postnet-kantoor. Die plaas is sowat 30km van Oudtshoorn op die Ou Sementpad gele\u00eb.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Meer inligting oor al hierdie uitvoerings is beskikbaar by\u00a0<a href=\"http:\/\/www.klassique.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.klassique.co.za<\/a>\u00a0of kontak 044\u00a0203 8600.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Klein Karoo Klassique, Oudtshoorn se fees van klassieke musiek is terug en vind vanjaar op 27 en 28 November plaas.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":241131,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[37,31],"tags":[],"class_list":["post-54638","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-klassique","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54638","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=54638"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54638\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":241132,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54638\/revisions\/241132"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media\/241131"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=54638"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=54638"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=54638"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}