{"id":54643,"date":"2021-11-16T11:28:28","date_gmt":"2021-11-16T09:28:28","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=54643"},"modified":"2021-11-16T11:28:28","modified_gmt":"2021-11-16T09:28:28","slug":"webinaar-ondersoek-impak-van-covid-19-op-kunste-in-sa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/webinaar-ondersoek-impak-van-covid-19-op-kunste-in-sa\/","title":{"rendered":"Webinaar ondersoek impak van Covid-19 op Kunste in SA"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Gespreksreeks gefokus op geestesgesondheid word as deel van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se eerste\u00a0<strong>Virtuele Absa Kuierkamer<\/strong>\u00a0aangebied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em>Skielik is die ligte af<\/em><\/strong>, gelei deur kliniese sielkundige en psigoanalitiese terapeut Melody Pick, plaas die soeklig op die impak van die Covid-19-pandemie op die kunste in Suid-Afrika. Covid-19 het \u2019n negatiewe sosio-ekonomiese \u00e9n sielkundige impak op die land gehad, met die kunste wat die hardste getref is sedert die eerste inperking in Maart 2020.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Baie betrokkenes in di\u00e9 bedryf het werkloosheid, finansi\u00eble nood en ander verliese in die gesig gestaar. Tydens\u00a0<strong><em>Skielik is die ligte af<\/em><\/strong>word gesprekke met verskeie rolspelers uit die bedryf gevoer. Die doel van die gesprekke is om bewustheid te skep oor die\u00a0uitdagings van geestesgesondheid en om na oplossing te kyk vir die herstel van die bedryf, asook die instel van bedryfverwante inkomste-beskermingsmaatre\u00ebls.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Pick s\u00ea sy het hierdie projek aan die einde van April 2020 uit \u2019n plek van diep bekommernis begin ontwikkel. \u201cDit was duidelik dat ons almal erge geestelike trauma ervaar \u2013 veral mense in die kunste \u2013 \u2019n industrie wat persoonlik so baie vir my as mens beteken. Ek het op daardie stadium as terapeut ongelooflik hulpeloos gevoel, omdat ek baie min kon doen gedurende die aanvanklike inperking. My hoop met hierdie reeks is dat mense verstaan dat hierdie \u2019n gedeelde stryd is, dat daar wel binne hierdie storm mense en organisasies is wat wil help en dat ons hierdie pandemie dalk as \u2019n katalisator vir strukturele hervorming kan sien,\u201d sluit sy af.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-gallery columns-2 is-cropped wp-block-gallery-1 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\">\n<ul class=\"blocks-gallery-grid\">\n<li class=\"blocks-gallery-item\">\n<figure><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-54644\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Cintaine-Schutte-en-Lynelle-Kenned-1920x864.jpg\" alt=\"\" data-id=\"54644\" data-full-url=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Cintaine-Schutte-en-Lynelle-Kenned-scaled.jpg\" data-link=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/?attachment_id=54644\" title=\"\"><\/figure>\n<\/li>\n<li class=\"blocks-gallery-item\">\n<figure><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-54646\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Cornelia-Faasen-en-Fahiem-Stellenboom-1920x864.jpg\" alt=\"\" data-id=\"54646\" data-full-url=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Cornelia-Faasen-en-Fahiem-Stellenboom-scaled.jpg\" data-link=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/?attachment_id=54646\" title=\"\"><\/figure>\n<\/li>\n<\/ul>\n<\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n<p>\u201cOns hoop dat hierdie reeks betrokkenes in die kunste help en moontlik ook ander wat met soortgelyke situasies kan identifiseer, asook om vir die publiek \u2019n vergrootglas op die spesifieke uitdagings wat betrokkenes in die\u00a0 kunste tans beleef te plaas,\u201d s\u00ea Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Theart s\u00ea verder die gesprekke eindig met \u2019n groepbespreking. \u201cMelody het \u2019n besonderse aanslag met die sessies en benader die reeks as \u2019n geheel. Daar is sessies met ander terapeute met sielkundige agtergronde of invalshoeke en sy gesels meer noukeurig met betrokkenes uit die bedryf. Ses sessies word vrygestel, wat met \u2019n interaktiewe groepsessie afgesluit word,\u201d vertel hy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die eerste sessie gesels Pick met prof.\u00a0<strong>Desmond Painter<\/strong>\u00a0van die Departement Sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US). Die volgende twee sessies is \u2019n gesprek met\u00a0<strong>Amelda Brand<\/strong>, wat \u2019n agtergrond in dramaterapie het en klasgee aan die Dramadepartement van die US.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir sessie vier en vyf sluit\u00a0<strong>Cornelia Faasen<\/strong>, uitvoerende hoof van die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi) en\u00a0<strong>Fahiem Stellenboom<\/strong>, bemarkingsbestuurder van die Baxterteater by Pick aan. In die sesde sessie gesels Pick met die kunstenaars\u00a0<strong>Lynelle Kenned<\/strong>\u00a0en\u00a0<strong>Cintaine Schutte<\/strong>\u00a0oor kreatiwiteit as \u2019n terapeutiese proses. Die reeks word afgesluit met \u2019n laaste interaktiewe sessie met verskeie deelnemers in die bedryf. Die groepsessie word regstreeks op die KKNK se webblad gestroom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alle episodes is in die\u00a0<strong>Virtuele Absa Kuierkamer<\/strong>\u00a0se\u00a0<strong>Forum<\/strong>\u00a0beskikbaar om te kyk tot en met einde-November 2021. Die reeks word in samewerking met die\u00a0<strong>Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi)<\/strong>\u00a0aangebied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Verskeidenheid gratis inhoud kan by\u00a0<a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a>\u00a0verken word. Vir meer inligting, besoek ook die KKNK se sosiale mediaplatforms.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Gespreksreeks gefokus op geestesgesondheid word as deel van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se eerste\u00a0Virtuele Absa Kuierkamer\u00a0aangebied.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":54648,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-54643","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54643","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=54643"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54643\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=54643"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=54643"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=54643"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}