{"id":54684,"date":"2021-11-26T11:54:54","date_gmt":"2021-11-26T09:54:54","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=54684"},"modified":"2021-11-26T11:54:54","modified_gmt":"2021-11-26T09:54:54","slug":"bekroonde-kknk-teaterdramas-binnekort-op-via","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/bekroonde-kknk-teaterdramas-binnekort-op-via\/","title":{"rendered":"Bekroonde KKNK teaterdramas binnekort op VIA"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Vier van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se vlagskip-dramas is in Desember 2021 en Januarie 2022 op VIA, DStv-kanaal 147, te sien.\u00a0<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie vier teaterstukke wat onlangs op film vasgevang is, sluit drie Suid-Afrikaanse werke en \u2019n vertaalde Vlaamse teks in: Rachelle Greeff se ikoniese <strong><em>Die Naaimasjien<\/em><\/strong>, Philip Rademeyer se <strong><em>Opdrifsel<\/em><\/strong>, Tom Lanoye se <strong><em>Koningin Lear<\/em><\/strong> (vertaal deur Antjie Krog) en Reza de Wet se <strong><em>Asem<\/em><\/strong> (vertaal deur Marthinus Basson).\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<strong>VIA<\/strong> bied met hierdie speelvak op televisie \u2019n besonderse geleentheid aan teaterliefhebbers om veelvuldig-bekroonde KKNK-dramas in die gemak van hul eie huise te geniet, waarin van die room van Afrikaanse teaterlui te sien is. Elk van die produksies is verfilm om aan kykers \u2019n besonderse teaterervaring op die skerm te bied,\u201d vertel Hugo Theart, artistieke direkteur van die <strong>KKNK<\/strong>.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Izelle Venter, kanaalhoof van Media24 TV is opgewonde: \u201cDankie aan die KKNK en teatermakers wat hul werk op VIA kom deel. Dis vir my opwindend dat hierdie trefferstukke nou ook vir groter gehore beskikbaar is. <strong>Of jy Shakespeare, braai of maatsoek in Afrikaans \u2013 VIA staan reg<\/strong>.\u201d\u00a0<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-54687\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/JVS_8068-1917x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n<p>Sandra Prinsloo skitter in die eenvroustuk <strong><em>Die Naaimasjien<\/em><\/strong>. Dit is die verhaal van Magdaleen wat in haar ouetehuiskamer sit en besig is om elke deeltjie van haar naaimasjien skoon te maak, want sy het hom verkoop en die vrou op die foon het ges\u00ea sy is drie-uur vanmiddag hier om dit op te laai. Met deernis en humor vat Magdaleen ons terug na \u2019n tyd van melkaflewerings, sykouse met nate, moerkoffie en melkskeiers. En sy herinner ons aan hoe \u2019n ma \u2013 soos \u2019n baboeshka-poppie \u2013 binne-in elkeen van haar kinders staan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-54689\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/40CE7D30-9C67-4301-8472-7ACF6A8846E5-1920x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n<p>\u201c<strong><em>Opdrifsel<\/em><\/strong> sou in 2020 by die KKNK op Oudtshoorn debuteer, maar dit kon weens die Covid-19-pandemie nie gebeur nie,\u201d vertel Theart. \u201cDie filmweergawe is in 2021 opgeneem voordat dit nog voor \u2019n gehoor kon speel. Die produksie kon wel daarna by Aardklop voor \u2019n gehoor debuteer.\u201d Rademeyer het in 2020 die ATKV-Woordveertjie vir beste dramateks ontvang en Tinarie van Wyk Loots is deur Aardklop as beste aktrise vir haar spel in di\u00e9 drama aangewys.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van Wyk Loots en Brendon Daniels is te sien in di\u00e9 verhaal van \u2019n egpaar wat hul enigste kind aan die dood afstaan. Hulle moet hulself \u00e9n mekaar in die donker gat van rou verloor, en weer vind. Marguerite Robinson van Netwerk24 skryf: \u201cJa, ontvlug is goed, ontvlug is nodig. Maar in ongekende tye is daar veral ook plek vir verhale wat \u2019n skrefie oopmaak na dit wat jy jou nie kan indink nie. En so kry jy \u2019n belewenis van oomblikke van menswees wat jou lank gaan bybly.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-54694\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/KL-Openingstoeneel-3-1920x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n<p>&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<strong><em>Koningin Lear<\/em><\/strong> is in 2019 opgevoer ter viering van die KKNK se 25ste bestaansjaar. Die produksie het daarna verskeie speelvakke gehad en die geselskap en produksie is met verskeie pryse bekroon, waaronder \u2019n kykNET Fi\u00ebsta- en Kanna-prys vir Antjie Krog se meesterlike vertaling van die teks,\u201d brei Theart uit.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie herverbeelding van William Shakespeare se <em>King Lear<\/em> deur die gevierde Vlaamse skrywer Tom Lanoye, bring die room van Suid-Afrikaanse akteurs byeen om di\u00e9 kragtige verhaal na die plaaslike verhoog en nou ook na film te bring. Dit is \u2019n storie oor familie, mag en \u2019n w\u00eareld wat op sy kop gedraai is. Antoinette Kellermann, Anna-Mart van der Merwe, Rolanda Marais, Andr\u00e9 Roothman, Neels van Jaarsveld, Wilhelm van der Walt, Edwin van der Walt en Matthew Stuurman is in die produksie te sien, met regie en ontwerp deur Marthinus Basson.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Theart vertel verder dat die filmweergawe van die bekroonde 2017-teaterproduksie <strong><em>Asem<\/em><\/strong>, \u2019n unieke ervaring is. \u201cIn plaas daarvan om dit op die verhoog te skiet, is die produksie in \u2019n plaasstal by die Worcester Museum verfilm. Die kyker word deur besonderse kamerawerk binne die storie geplaas \u2013 dit beloof om \u2019n uitsonderlike ervaring vir die kyker te wees.\u201d\u00a0<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-54695\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/VIA_ASEM_STILL_1-2.png\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n<p>Met <strong><em>Asem<\/em><\/strong> verweef De Wet digterlik en kragtig \u2019n verhaal van liefde in \u2019n tyd van vernietiging, wat die alledaagse omskep in die uitsonderlike. De Wet is nege jaar gelede op 27 Januarie 2012 oorlede. Hierdie is \u2019n huldigingsproduksie aan een van Suid-Afrika se belangrikste en mees invloedryke toneelskrywers, met Kellermann, Van Wyk Loots, Stian Bam en Edwin van der Walt in die rolverdeling.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die skedule vir di\u00e9 vier produksies word hieronder aangedui.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li><strong><em>Die Naaimasjien<\/em><\/strong>: 25 Desember 20:00. Geen heruitsendings.\u00a0<\/li>\n<li><strong><em>Asem<\/em><\/strong>: 26 Desember 21:00, met heruitsendings op 3 Januarie 21:00 en 6 Januarie 21:00.\u00a0<\/li>\n<li><strong><em>Koningin Lear<\/em><\/strong>: 1 Januarie 21:00, met heruitsendings op 5 Januarie 21:00 en 8 Januarie 21:00.\u00a0<\/li>\n<li><strong><em>Opdrifsel<\/em><\/strong>: 2 Januarie 21:00, met heruitsendings op 4 Januarie 21:00 en 7 Januarie 21:00.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Besoek <a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a> vir meer inligting oor di\u00e9 teaterproduksies.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vier van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se vlagskip-dramas is in Desember 2021 en Januarie 2022 op VIA, DStv-kanaal 147, te sien.\u00a0<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":54687,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-54684","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54684","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=54684"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/54684\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=54684"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=54684"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=54684"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}