{"id":55362,"date":"2022-01-27T16:17:43","date_gmt":"2022-01-27T14:17:43","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=55362"},"modified":"2022-01-27T16:17:43","modified_gmt":"2022-01-27T14:17:43","slug":"kknk-vier-in-2022-weer-fees-op-oudtshoorn","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/kknk-vier-in-2022-weer-fees-op-oudtshoorn\/","title":{"rendered":"KKNK vier in 2022 weer fees op Oudtshoorn"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Oudtshoorn skud n\u00e1 \u2019n afwesigheid van twee jaar sy vere reg om feesgangers van 29 Maart tot 3 April 2022 by die 26<sup>ste<\/sup> Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) te verwelkom.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns is verheug oor die moontlikheid om n\u00e1 twee jaar weer op Oudtshoorn te kan feesvier. Alhoewel ons oor die afgelope tyd, terwyl die fees nie kon plaasvind nie, hope digitale vermaak aan feesgangers gebied het, is daar niks beter as om die KKNK in Oudtshoorn se natuurskoon en met Klein Karoo-gasvryheid in lewende lywe te ervaar nie.\u201d S\u00f3 s\u00ea Crispin Sonn, voorsitter van die KKNK-direksie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns is baie opgewonde en staan gereed om feesgangers en kunstenaars van ver en wyd op Oudtshoorn te verwelkom en te vermaak. Soos oudergewoonte by alle byeenkomste gaan streng Covid-19-maatre\u00ebls toegepas word, sodat ons na die veiligheid van feesgangers, kunstenaars en personeel kan omsien en op \u2019n verantwoordelike manier kan saamkuier,\u201d s\u00ea Sonn. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit is nie maklik om \u2019n fees, waar mense in noue kontak met mekaar moet omgaan, aan te bied \u00e9n steeds die veiligheidsfaktor toe te pas, sonder dat ons aan sekere sleutelmaatre\u00ebls sal moet voldoen nie. Dit sluit in dat ons \u2019n inentingsmandaat sal toepas wat beide in akkoord en ter ondersteuning is van die huidige nasionale beweging, en wat ook deur ons borge ondersteun word. Ons feesgangers is lief vir die kunste en ons twyfel nie dat hulle sal verstaan hoe belangrik hierdie vereiste is nie \u2013 wat ons toelaat om hoegenaamd fees te kan hou,\u201d voeg Sonn by.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK, s\u00ea die vooruitsig om feesgangers, borge, kunstenaars, vennote en ander besoekers op Oudtshoorn te verwelkom is \u2019n voorreg. \u201cOns sien daarna uit om weer kuns in die hartjie van die Klein Karoo te vier. Dit is vir ons heerlik om met nuwe o\u00eb na die fees te kyk. Meeste van die gewilde elemente word aangebied, maar alles word op \u2019n nuwe manier verpak om nuwe ervarings te skep wat veilig binne Covid-19-riglyne aangebied kan word. Ons nooi jou uit om aan die einde van Maart in die Klein Karoo te kom asem skep.\u201d &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Theart word die feesprogram teen einde Februarie bekendgestel, met kaartjieverkope wat direk daarna open. \u201cKaartjies na vertonings word weens die veiligheidsmaatre\u00ebls beperk. Indien jy eerste die geleentheid wil h\u00ea om te bespreek, sluit aan by ons Vriende van die KKNK-klub. Kontak gerus vir Daleen Witbooi by <a href=\"mailto:info@kunste.org.za\">info@kunste.org.za<\/a> vir meer inligting.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alle maatre\u00ebls, voorwaardes en prosedures wat voor en tydens die fees gevolg gaan word, word binnekort op die KKNK se webblad by <a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a> beskikbaar gestel. Hierdie riglyne gaan streng tydens die fees deur alle betrokkenes en besoekers gevolg moet word om sodoende almal se veiligheid te verseker.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Verblyfbesprekings kan deur die Groter Oudtshoorn Toerisme-kantoor by 044&nbsp;279 2532 gedoen word, of kontak die feeskantoor by 044 203 8600 vir meer inligting.&nbsp; &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK word met trots ondersteun deur onder meer die hoofborg, Absa, en stigtersborg, Media24.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" src=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/01\/KKNK-1920x833.jpg\" alt=\"KKNK 2022 - 29 Maart tot 03 April\" class=\"wp-image-55363\" title=\"\"><figcaption>KKNK 2022 &#8211; 29 Maart tot 03 April<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir meer inligting en om op hoogte van sake te bly, teken in vir die KKNK se nuusbrief, volg die KKNK op sosiale media, besoek <a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a>, skakel die feeskantoor by 044 203 8600, of stuur \u2019n WhatsApp na 065&nbsp;285 2337.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oudtshoorn skud n\u00e1 \u2019n afwesigheid van twee jaar sy vere reg om feesgangers van 29 Maart tot 3 April 2022 by die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) te verwelkom.\u00a0<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":55368,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-55362","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55362","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=55362"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/55362\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=55362"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=55362"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=55362"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}