{"id":56234,"date":"2022-03-02T12:02:14","date_gmt":"2022-03-02T10:02:14","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=56234"},"modified":"2022-03-02T12:02:14","modified_gmt":"2022-03-02T10:02:14","slug":"kknk-se-feesprogram-bekendgestel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/kknk-se-feesprogram-bekendgestel\/","title":{"rendered":"KKNK se feesprogram bekendgestel"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), ondersteun deur Absa, bars uit sy nate van opwinding oor vanjaar se feesprogram wat op Saterdag 26 Februarie 2022 in Oudtshoorn bekendgestel is!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die fees, wat vanjaar van 29 Maart tot 3 April op Oudtshoorn plaasvind, gaan beslis in almal se smaak val met sy ryk en diverse aanbod van kunstenaars en vertonings. En dit kan ook nie anders nie, want in haar effens kleiner formaat is die fees \u2019n lont vir die plofstof van produksies en ervarings wat deur van die land se grootste name aangebied gaan word!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cVanjaar se fees het werklik \u2019n ooraanbod van uitstekende feesprogrammering, met di\u00e9 dat ons die KKNK se terugkeer na Oudsthoorn vier, maar in sy huidige formaat steeds die tipe gehalte sintuiglike fees wil aanbied wat mense in hul motors laat klim en na Oudtshoorn laat reis,\u201d s\u00ea Hugo Theart, Kunste Onbeperk se Artistieke Direkteur.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sedert die begin van die fees word daar jaarliks individue vereer, en hierdie jaar ontvang vier uitsonderlike mense erkenning: Die skrywer Jolyn Phillips ontvang die Kunste Onbeperk-prys vir Jong Stem en sy is ook te sien by die fees in die debuutproduksie van haar bundel\u00a0<em>Bientang<\/em>; Nic Barrow, een van die stigterslede van die KKNK en die man wat die saadjie vir \u2019n kunstefees op Oudtshoorn geplant het, word vereer vir sy bydrae tot die KKNK; die immergewilde en uitsonderlike akteur Frank Opperman word vereer met die Kunste Onbeperk-prys vir vertolking en die internasionaal befaamde Mary Sibande is die jaar se feeskunstenaar en sal sentraal staan tot die KKNK visuele kuns.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" class=\"alignnone wp-image-139329 size-large\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/jodibieber_JLB5291-1023x1280-1-818x1024.webp\" alt=\"\" width=\"818\" height=\"1024\" title=\"\">\n<figcaption>Mary Sibande is die jaar se feeskunstenaar.<\/figcaption>\n<\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n<p>Vanjaar se fees word geopen met die terugkeer van Natani\u00ebl na die fees met sy spesiale debuutvertoning,\u00a0<em>PRIMA DONNA<\/em>. Daar is ook vele debuutproduksies wat by di\u00e9 jaar se fees open.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-56236\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/image001-2-851x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\">\n<figcaption>Natani\u00ebl &#8211; <em>PRIMA DONNA<\/em><\/figcaption>\n<\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n<p><em>Ek, Anna van Wyk<\/em>, word opgevoer ter nagedagtenis aan en huldiging van die onlangs ontslape Pieter Fourie (die eerste feeshoof van die KKNK); daar is ook internasionaal befaamde skrywer Lars Nor\u00e9n se\u00a0<em>Terminaal 3<\/em>\u00a0met Anna-Mart van der Merwe, Andre Roothman, Edwin van der Walt, Carla Smith en Stian Bam. Beide produksies is onder regie van Marthinus Basson.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nuutgeskrewe tekste debuteer ook by die fees:\u00a0<em>Die Halwe Huis<\/em>, \u2019n eenmanvertoning geskryf deur die Oudtshoorn-boorling Ricardo Arendse met \u2019n ander Oudtshoorn-boorling Marlo Minnaar in die hoofrol, en Lee-Ann van Rooi wat die regie behartig, is ook te sien.\u00a0<em>Aghulhasvlakte<\/em>\u00a0deur Herschelle Benjamin debuteer by die fees met Kanya Viljoen as regisseur en met Wilhelm van der Walt, Ren\u00e9 Cloete en Kay Smith in die rolverdeling.\u00a0\u00a0<em>Op hierie dag<\/em>\u00a0\u00a0is \u2019n produksie uit Oudtshoorn en deel van die KKNK Karoo Kaarte-projek wat die hart van die fees sal wees die jaar. Verskeie Oudtshoorniete se talent is betrokke.\u00a0<em>Op hierie dag<\/em>\u00a0spog nie net met Oudtshoorn-talent nie, maar teater-egpaar Lida Botha en Johan Botha, wat ook nou in die Klein Karoo woon, is ook te sien in di\u00e9 produksie. Die KKNK Karoo Kaarte-projek is onder leiding van die bekroonde skrywer en regisseur Neil Coppen, en die visuele kunskurator en fasiliteerder, Vaughn Sadie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">KKNK-vereerde, Jolyn Phillips, se epiese digbundel,\u00a0<em>Bientang<\/em>, word in \u2019n verwerkte vorm na die planke gebring onder regie van Amelda Brand, en aangebied deur die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi);\u00a0<em>Spertyd<\/em>\u00a0is \u2019n produksie ter ere van die ontslape Elsa Joubert, met Sandra Prinsloo in die rolverdeling. Prinsloo maak ook haar verskyning in die gewilde en bekroonde eenvrou-vertoning,\u00a0<em>Oscar en die Pienk Tannie<\/em>, onder regie van Lara Bye.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Voorts sal die KKNK-vereerde Frank Opperman te sien wees in\u00a0<em>Ek wens, ek wens<\/em>; dan is daar ook die produksie wat sy terugkeer na die planke vier n\u00e1 sukses op televisie,\u00a0<em>N\u00earens Noord-Kaap<\/em>, met Geon Nel, Albert Pretorius en De Klerk Oelofse in die rolverdeling. Ons Engelse, internasionaal gerekende werk met Sylvaine Strike as regisseur,\u00a0<em>Kiss of the Spiderwoman<\/em>, met Wessel Pretorius en Mbulelo Grootboom beloof ook om hoogtepunte te wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Iets ekstra-spesiaal op vanjaar se fees is natuurlik die dubbelviering van Antoinette Kellermann en Antjie Krog se 70ste verjaardae in 2022, en op watter beter manier as in\u00a0<em>die oerkluts kwyt<\/em>, waarin Kellermann met Krog se woorde gaan tower.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir die dansliefhebbers is daar\u00a0<em>Karatara<\/em>\u00a0met die 2020 KKNK Jong Stem-vereerdes, die dansgeselskap van Figure of 8, wat saamwerk met Dean Balie en regisseur Gideon Lombaard. Kinder- en jeugteater \u2013 vir en deur studente en jongmense \u2013 is ook deel van die program, en \u2019n kinderarea met \u2019n verskeiedenheid aktiwiteite en produksies word beplan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanjaar se komedies sluit in\u00a0<em>Transpirant<\/em>, met Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout \u2013 ook te sien in die gelyknamige\u00a0<em>Schalk sing sleg<\/em>; daar is Marc Lottering se skerpskerts-vertoning\u00a0<em>Uncle Marc<\/em>, Adriaan Alfred Live, ook\u00a0<em>Kameras,<\/em><em>konserte en kleedkamers<\/em>\u00a0met Lizz Meiring; Marion Holm is weer by die fees met\u00a0<em>Holmruggery<\/em>\u00a0en dan is daar ook storievertellings deur Koos Kombuis, Dana Snyman en Erns Grundlingh, asook Pietman Geldenhuys en Lyntjie Jaars van\u00a0<em>Oppiestoep<\/em>-televisie-faam.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Musiek-hoogtepunte sluit in\u00a0<em>David Kramer Vanaand<\/em>\u00a0met die legende homself wat \u2019n intieme solovertoning aanbied, en\u00a0<em>Nostalgie<\/em>\u00a0van Amanda Strydom. (Die enigste kunstenaar wat al by elke enkele KKNK opgetree het!)<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-56237\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/David-Kramer-vanaand-3.jpg\" alt=\"\" title=\"\">\n<figcaption>Foto: John Hogg<\/figcaption>\n<\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n<p><em>Grensloos<\/em>\u00a0met Coenie de Villilers en Andre Schwartz, albei op klavier, is \u2019n viering van albei se werk. Karen Zoid sal ook weer \u2019n draai maak by die fees met \u2019n akoestiese konsert en Emo Adams en sy Take Note-band sal sorg vir \u2019n bietjie Kaapse bederf!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">N\u00f3g \u2019n hoogtepunt is die\u00a0<em>Kitaarkonings<\/em>\u00a0\u2013 ses van die land se bekendste, gewildste kitaarspelers saam op \u00e9\u00e9n verhoog, en\u00a0<em>Afrika Blues<\/em> met die ikoon Louis Mahlanga.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dan is daar ook\u00a0<em>The Music of Sir Andrew Andrew Lloyd Webber<\/em>\u00a0met Lynelle Kenned, Andre Schwartz en die Stellenboschse Simfonie-orkes op die pragtige Celebratio Granaatplaas buite Oudtshoorn, waar Spoegwolf se konsert ook aangebied sal word in \u2019n kontempor\u00eare kinkel in di\u00e9 kabel. Di\u00e9 groep vier vanjaar hul 10de jaar. Ander kontempor\u00eare juwele sluit ook Elvis Blue, Luna Paige, Rocco de Villiers en Anna Davel in.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir klassieke musiekliefhebbers is daar \u2018n spesiale uitvoering getiteld\u00a0<em>Beethoven en Beyond<\/em>\u00a0deur die internasionaal befaamde Amerikaanse pianis Gustavo Romero.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK se \u201cuit die boks\u201d konsepteater-aanbieding vanjaar is die anderste Lucky Pakkie-teater wat, nes die naam voorstel, neerkom op \u2019n gelukstrekking \u2013 jy weet nie wat jy gaan kry in hierdie vier-vlak, roterende verhoog-weergawe van die gewilde \u201cmusical chairs\u201d-speletjie nie, wat natuurlik net vir vet pret kan sorg! Daar is drie pakkette, saamgestel vir jonger kykers (\u201cMelkbaarde\u201d), ouer kykers (\u201cSagtebaarde\u201d), en volwasse kykers (\u201cHardebaarde\u201d). Elke roterende \u201cronde\u201d se vermaak duur 15 minute en niemand weet watter vertoning binne die pakket van jou keuse volgende aangebied sal word nie \u2013 d\u00eds jou \u201clucky\u201d pakkie!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Netwerk24-feeskafee is terug met gratis inhoud dwarsdeur die fees wat onder meer gewilde gespreksreekse soos die aktuele\u00a0<em>Die Burger<\/em>\u00a0Praat Saam-diskoersreeks insluit, saamgestel deur die joernalis en televisieaanbieder Ivor Price, en daar is ook die Liter\u00eare Gespreksreeks, saamgestel deur Elna van der Merwe. Die Netwerk24-feeskafee sal soos oudergewoonte die tuiste vir die KKNK se boekwinkel, die KKNK Boekeparadys, wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Absa Rooiplein, op die hoek van Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg, sluit nie net een van die fees se hoofvenues, die Absa Burgersentrum, in nie, maar feesgangers kan by die Absa Kuierkamer (net bo die Absa Burgersentrum) daagliks inloer vir wonderlike gespreksreekse, onder andere Hannes van Wyk se Koffietafel Kuiers, en \u2019n kuns-en-wyn-ervaring. Absa bied ook \u2019n spesiale Absa Kuiertuin aan met onder meer gin-ervarings, ook by die Absa Rooiplein.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Visuele Kuns, onder kuratorskap van Dineke van der Walt, is soos oudergewoonte te sien by die Prince Vintcent-gebou. En dan is daar ook die KKNK Feesmark, wat \u2019n nuwe formaat van die bekende Kuierbuurt is. Die KKNK Feesmark sal \u2019n verskeidenheid kos- en goederestalletjies huisves, asook die kykNET Leefarea, waar feesgangers kan ontspan en van hul gunsteling-akteurs en -aanbieders kan ontmoet. Daar sal ook gratis musiekverho\u00eb wees wat deur die dag feesgangers sal vermaak met opkomende talent, asook vele bekende gesigte.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kaartjieverkope open op Donderdag 3 Maart, en verblyf is beskikbaar deur by LekkeSlaap by\u00a0<a href=\"https:\/\/www.lekkeslaap.co.za\/akkommodasie-naby\/kknk?fbclid=IwAR1YxJKJHMx9C3oFG6LfS049CJIYcxY21YZgFSjp04tp3wQKB6gTGS5XxWY\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.lekkeslaap.co.za\/akkommodasie-naby\/kknk<\/a>\u00a0or\u00a0<a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/verblyf-lekkeslaap\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.kknk.co.za\/verblyf-lekkeslaap\/<\/a>\u00a0te bespreek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ge\u00efnteresseerde feesgangers kan ook meer inligting verkry deur op ons nuusbrief in te teken, deur die KKNK op sosiale media te volg, of ons webwerf te besoek by\u00a0<a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a>. Kontak ons gerus ook by die feeskantoor by 044 203 8600, of stuur \u2019n WhatsApp-boodskap na 065\u00a0285 2337.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK sal wel \u2019n inentingsmandaat volg, maar bepalings en voorwaardes vir uitsluitings geld. Meer inligting beskikbaar op die KKNK-webtuiste.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK word met trots ondersteun deur onder meer ons hoofborg, Absa, en stigtersborg,\u00a0Media24.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), ondersteun deur Absa, bars uit sy nate van opwinding oor vanjaar se feesprogram wat op Saterdag 26 Februarie 2022 in Oudtshoorn bekendgestel is!<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":56246,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-56234","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/56234","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=56234"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/56234\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=56234"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=56234"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=56234"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}