{"id":59626,"date":"2022-03-16T16:42:33","date_gmt":"2022-03-16T14:42:33","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=59626"},"modified":"2022-03-16T16:42:33","modified_gmt":"2022-03-16T14:42:33","slug":"kknk2022-bied-bekostigbare-en-gratis-vermaak-vir-die-hele-gesin","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk\/kknk2022-bied-bekostigbare-en-gratis-vermaak-vir-die-hele-gesin\/","title":{"rendered":"KKNK2022 bied bekostigbare en gratis vermaak vir die hele gesin."},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is te kies en te keur tydens vanjaar se KKNK, ondersteun deur Absa, met iets wat elkeen se beursie \u00e9n smaak sal pas wanneer die fees van 29 Maart tot 3 April op Oudtshoorn plaasvind.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die m\u00e9\u00e9r kompakte fees gaan net \u2019n bietjie anders lyk, maar steeds met feesgangers se gunsteling aktiwiteite en paar nuwighede ingesluit. S\u00f3 byvoorbeeld word Baron van Reedestraat nie vanjaar afgesper nie, maar alle feestelikhede skuif oor na die\u00a0<strong>KKNK Feesmark<\/strong>\u00a0by die De Jager-sportkompleks in Voortrekkerweg.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-59627\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Screenshot-2022-03-16-at-16.16.29.jpg\" alt=\"\" title=\"\">\n<figcaption>Festival terrain<\/figcaption>\n<\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n<p>Daar is nie vanjaar weekkaartjies beskikbaar nie, maar almal kan die feesgees in die KKNK Feesmark van 10:00 soggens tot 21:00 saans, teen \u2019n koste van slegs R50 per persoon vir \u2019n dagtoegangskaartjie.\u00a0Dink: gesinsvermaak, kosstalletjies, kroe\u00eb, speelplek vir die kinders, wynproe, deli-produkte, rondloop, snuisterye \u2013 alles terwyl jy na die bekende \u00e9n opkomende musikante en talent op die Castle Lager-verhoog,ondersteun deur\u00a0<em>Son<\/em>, luister van 11:00 soggens tot wanneer die feesmark saans toemaak, geniet.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die rits bekendes wat die hart- en kuiersnare, asook die voete by die Castle Lager-verhoog, ondersteun deur\u00a0<em>Son<\/em>, sal roer, sluit in:Demi-Lee Moore, Juanita du Plessis, Karin Kortje, Robin Peters, Granville Michaels, Early B en Justin Vega, asook Ruhan du Toit \u2013 om maar \u2019n paar te noem!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">By die\u00a0<strong>kykNET-leefarea<\/strong>\u00a0kan feesmarkgangers \u2019n oase ervaar en sommer hul gunstelingakteurs en -aanbieders ontmoet.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir die jong, jonger en jongste feesgangers is daar hope kindervermaak, wat \u2019n pretpark in die feesmarkgebied insluit. Daar is ook uitstekende programme wat vanjaar by die Laerskool Wesbank ervaar kan word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is gratis aktiwiteite wat aangebied word vanaf 10:00 tot 15:00 elke dag, met uitstaande kinderproduksies. Van dit is gratis, en vir ander kan kaartjies gekoop word teen R75 vir kinders en R100 vir volwassenes. Die aktiwiteite word aangebied in samewerking met SASKO, wat ook \u2019n gemaklike tee-tuin aanbied vir ouers en kinders. Die teaterproduksies sluit ook verskeie bekendes in, soos Margit Meyer-R<em>\u00f6<\/em>denbeck, Lizz Meiring, Dean Balie, Bianca Flaanders, Jakkie Lou en vele ander!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">The\u00a0<strong>Absa Rooiplein<\/strong>\u00a0is \u2019n oase by die Absa Burgersentrum wat die\u00a0<strong><em>Absa Kuierkamer<\/em><\/strong>\u00a0will have\u00a0<strong>Absa Kuiertuin<\/strong>\u00a0insluit. Verskeie opwindende ervarings word hier aangebied tussen 10:00 en 16:00 daagliks. D\u00edt sluit die\u00a0<strong>Absa Koffietafelkuiers<\/strong>\u00a0in, aangebied deur televisieaanbieder Hannes van Wyk, by die Absa Kuierkamer. Kunsliefhebbers kan ook die\u00a0<strong>kunsgesprekke<\/strong>\u00a0smiddae met dr. Paul Bayliss, Absa se senior spesialiskunskurator, meemaak. Die eerste dr. David Piedt-gedenklesing vind ook in die Absa Kuierkamer plaas.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Heindrich Wyngaard bied op 1 en 2 April twee gesprekke aan as deel van die\u00a0<strong>KLOP!-gespreksreeks<\/strong>, ondersteun deur kykNET&amp;Kie. Op Vrydag gesels hy in die Absa Kuierkamer, en die Saterdag sal hy by die Aurial College in Springbokweg die gesprek voortsit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Netwerk24-feeskafee in die C.P. Nel-museum op die hoek van Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg, is die ander heerlike uithangplek. Hier wil jy nie die gewilde\u00a0<strong>Die Burger Praat Saam-diskoersreeks<\/strong>, of die\u00a0<strong>KKNK se Boekstories<\/strong>, misloop nie. Boeke en aandendkings asook talle winskopies is te vinde by die\u00a0<strong>KKNK Boekeparadys<\/strong>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Netwerk24 bied ook drie sakegesprekke aan met die\u00a0<strong>Allan Gray Sake &amp; Sauvignon-gespreksreeks<\/strong>\u00a0terwyl VIA sorg vir vermaak met die\u00a0<strong><em>Bier-uur<\/em>\u00a0met Bee<\/strong>r Adriaanse. Daar is ook ander lekker verrassings om na uit te sien met Media24-publikasies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En elke aand vanaf 21:00 speel die Netwerk24-feeskafee gasheer vir\u00a0<strong><em>Laatnag<\/em>.<\/strong>\u00a0\u2019n Plek waar jy kan ontspan en die dag afsluit met laatnag-musiek. Toegang is gratis.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-gallery has-nested-images columns-default is-cropped wp-block-gallery-1 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\">\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" data-id=\"59629\" class=\"wp-image-59629\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Screenshot-2022-03-16-at-16.17.30-1.jpg\" alt=\"\" title=\"\">\n<figcaption>Laatnag<\/figcaption>\n<\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" data-id=\"59628\" class=\"wp-image-59628\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/Screenshot-2022-03-16-at-16.18.00.png\" alt=\"\" title=\"\">\n<figcaption>Kontantloos<\/figcaption>\n<\/figure>\n<\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n<p>Die visuele kunsuitstallings by die Prince Vintcent-gebou in Baron van Reedestraat is gratis \u2013 van Dinsdag tot Saterdag elke dag van 09:00 tot 18:00. Woon ook gratis gesrekke en rondleidings by. Elke dag om 15:00 is daar gratis kinderkuns-vermaak wat kinderrondleidings en -aktiwiteite insluit. Besoek ook die Toekomsrussaal vir die Karoo Kaarte-kunsuitstalling, rondleidings en werksessies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kyk ook uit vir die gewilde teatergespreksreeks wat n\u00e1 verskillende vertonings oor produksies plaasvind \u2013 dis \u2019n geleentheid om met die betrokkenes te gesels oor die produksies om meer insig oor die proses, keuses en inhoud te bekom. Al hierdie gesprekke is ook gratis.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Alles is vanjaar kontantloos \u2013 jy sleep dus net jou kaart. Debiet- en kredietkaarte is oral by die fees by alle lokale welkom, so ook die oulike Absa\/Howler-kaart. Jy laai kontant daarop by een van die vele Absa\/Howler-dienspunte op die feesterrein, dan kan jy di\u00e9 kaart oral saam met jou ander kaarte gebruik. As jy egter by die kroe\u00eb \u2019n alkoholiese lafenissie wil geniet, m\u00f3\u00e9t jy met jou Absa\/Howler-kaart betaal.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Enige balans op jou Absa\/Howler-kaart kan dadelik aan jou uitbetaal word by enige dienspunt op die feesterrein. Dis nou, as jy nog nie al jou geld spandeer het op die feesheerlikhede nie&#8230;<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Laai jou volledige feesprogram <a href=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/03\/KKNK2022-Feesgids-Digitaal.pdf\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">HERE<\/a> af.\u00a0 Die feesprogram kan ook maklik afgelaai word as \u2018n app op jou foon, volg net die basiese instruksies op ons tuisblad.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kaartjies is beskikbaar by <a href=\"http:\/\/www.webtickets.co.za\/kknk\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Webtickets<\/a>, of jou naaste Pick n Pay, of by ons kantore te Voortrekkerstraat 217, Oudtshoorn. Verblyf is beskikbaar by LekkeSlaap by\u00a0<a href=\"https:\/\/www.lekkeslaap.co.za\/akkommodasie-naby\/kknk?fbclid=IwAR1YxJKJHMx9C3oFG6LfS049CJIYcxY21YZgFSjp04tp3wQKB6gTGS5XxWY\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.lekkeslaap.co.za\/akkommodasie-naby\/kknk<\/a>\u00a0or <a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/verblyf-lekkeslaap\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.kknk.co.za\/verblyf-lekkeslaap\/<\/a>.<\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-56101\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/02\/Web-1920-\u2013-3-1.jpg\" alt=\"\" title=\"\">\n<figcaption>Lekkeslaap<\/figcaption>\n<\/figure>\n<\/div>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n<p>Feesgangers kan ook meer inligting verkry deur op ons nuusbrief in te teken, deur die KKNK op sosiale media te volg, of kontak ons gerus by die feeskantoor by 044 203 8600, \u00f3f stuur \u2019n WhatsApp-boodskap na 065\u00a0285 2337.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK volg \u2019n inentingsmandaat, die bepalings en voorwaardes vir uitsluitings en alle inligting rondom die mandaat, is beskikbaar op die KKNK-webtuiste,\u00a0<a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK word met trots ondersteun deur onder meer ons hoofborg, Absa, en stigtersborg,\u00a0Media24.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is te kies en te keur tydens vanjaar se KKNK, ondersteun deur Absa, met iets wat elkeen se beursie \u00e9n smaak sal pas wanneer die fees van 29 Maart tot 3 April op Oudtshoorn plaasvind.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":59637,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-59626","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/59626","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=59626"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/59626\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=59626"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=59626"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=59626"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}