{"id":70776,"date":"2022-04-25T11:27:31","date_gmt":"2022-04-25T09:27:31","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=70776"},"modified":"2022-04-25T11:27:31","modified_gmt":"2022-04-25T09:27:31","slug":"kknk2022-kannapryswenners-bekend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/kknk2022-kannapryswenners-bekend\/","title":{"rendered":"KKNK2022 Kannapryswenners bekend!"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se Kannapryse, wat erkenning aan produksies en individue vir uitnemende bydraes tot die fees gee, is op 22 April by \u2019n swierige geleentheid by M-Studios in Philadelphia, Kaapstad aangebied. Die akteur Marion Holm was die aanbieder en pryse in 19 kategorie\u00eb is uitgedeel. Die geleentheid is regstreeks aanlyn gestroom na Netwerk24 en die KKNK se web- en Facebookblad en is steeds hier beskikbaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 jaar se Kannapaneel was Diane de Beer, Laetitia Pople, Marguerite Robinson, Gary Naidoo, Alby Michaels en Robyn van de Rhede. Die sameroeper van die onafhanklike paneel was Rafiek Mammon.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mammon s\u00ea: \u201cEk is amper te bang om te s\u00ea \u2018geluk\u2019 en \u2018welgedaan\u2019 aan n\u00e9t die wenners. Ek wil liewer praat oor hoe \u2019n enorme taak dit was om by die kortlys van benoemdes uit te kom, omdat die gehalte van die werk so goed is! D\u00edt is maar waaroor dit gaan \u2013 die kwaliteit van die werk wat kunstenaars en teatermakers gelewer het vir vanjaar se KKNK. Dis asof twee jaar van grendeltydperke en Covid-19 almal aangemoedig het om beter en sterker daaruit te kom, met \u2019n duidelike hongerte en begeerte om goeie teater te wil maak.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die huldigingsproduksie aan die ontslape Pieter Fourie,\u00a0<strong><em>Ek, Anna van Wyk<\/em><\/strong>, was die groot wenner van die aand en het met vyf Kannas weggestap: vir beste teateraanbieding, regie, ontwerp (<strong>Marthinus Basson<\/strong>), vroulike akteur (<strong>Tinarie van Wyk Loots<\/strong>)\u00a0 en manlike byspeler (<strong>Carlo Daniels)<\/strong>. Die produksie wat die 70ste verjaardag van twee ikone, Antoinette Kellermann en Antjie Krog, gevier het,\u00a0<em>die oerkluts kwyt<\/em>, is met twee Kannas vereer, vir uitnemende liter\u00eare bydrae (<strong>Frieda van den Heever)<\/strong>\u00a0en beste vroulike byspeler (<strong>Ancient Voices<\/strong>).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em>Karatara<\/em>,<\/strong>\u00a0\u2019n uitsonderlike multi-dissiplin\u00eare dansproduksie en roerende blik op die impak en gevolge van die Knysna-brande in 2018, het die prys vir beste debuutdrama ontvang.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Absa Kanna vir bydrae tot visuele kuns is vanjaar toegeken aan die kunstenaar\u00a0<strong>Karin Preller<\/strong>\u00a0vir haar uitstalling,\u00a0<em>Beyond Memory<\/em>, en\u00a0<strong><em>Emo Adams &amp; Take Note<\/em><\/strong>\u00a0is as beste musiekproduksie vereer met hul energieke en uitstaande optredes by die fees.\u00a0<strong>Wessel Pretorius<\/strong>\u00a0is as beste akteur aangewys vir sy spel in die Baxter-teater se produksie,\u00a0<em>Kiss of the Spider Woman<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Nuwe konsepteaterprojek, Lucky Pakkie-teater\u00a0\u2013\u00a0kort stukke in verskillende dissiplines wat deur \u2019n verskeidenheid opkomende en meer gevestigde kunstenaars as verrassingspakkette aangebied is\u00a0\u2013\u00a0is ook met groot opwinding deur feesgehore ontvang.\u00a0<strong><em>Om skoon te wees<\/em><\/strong>, geskryf deur Adriaan Havenga, met Havenga en Conradie van Heerden in die rolverdeling, is aangewys as die beste stuk van di\u00e9 projek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Mirinda Ntantiso<\/strong>\u00a0is as beste opkomende kunstenaar aangewys vir haar spel in\u00a0<em>Op hierie dag<\/em>, \u2019n teaterproduksie wat as deel van die KKNK se Oudtshoorn-gefokusde projek,\u00a0<strong>Karoo Kaarte.<\/strong>, aangebied is. Karoo Kaarte het ook die Herrie-prys ontvang. Di\u00e9 prys word jaarliks aan \u2019n individu, projek of produksie deur die paneel toegeken vir grensverskuiwende werk wat feesgangers laat gons het. Karoo Kaarte is \u2019n multi-dissiplin\u00eare kunsteprojek wat deurlopend in Oudtshoorn deur die kunste en spesifieke prosesse \u2019n verskil in en sosiale impak op die dorp en streek bewerkstellig. Die projek, onder leiding van Neil Coppen en Vaughn Sadie, fokus ook op vaardigheidsontwikkeling en langtermyn werkskepping.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In 2018 is daar ook spesiale tegniese pryse by die Kannas ingestel om ook aan die individue wat agter die skerms werk en die ruggraat van die fees is, erkenning te gee. Hierdie jaar is drie pryse oorhandig: \u2019n spesiale prys vir opkomende tegniese talent is aan\u00a0<strong>Clayton Carlson<\/strong>\u00a0oorhandig;\u00a0<strong>Braam Avenant<\/strong>\u00a0is vereer vir sy uitnemende tegniese bydrae oor die jare by die KKNK en\u00a0<strong>Jeanne Steenkamp<\/strong>\u00a0is vereer as verhoogbestuurder en vir bydraes oor die afgelope dekades.\u00a0<strong>Danie Maart<\/strong>\u00a0het ook \u2019n spesiale Kanna ontvang vir sy diens van 20 jaar aan die KKNK.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Kannapryse en -geleentheid is geborg en ondersteun deur\u00a0<strong>Absa, die Het Jan Marais Nationale Fonds, Netwerk24, die ATKV, NATi, Alert Patrol Security, Beans About Coffee, die Oudtshoorn Besigheidskamer, Wicus Pretorius, Ton en Anet Vosloo, M-Studios, Brainwave Productions, Multi-Media, XL-EVENTS, Van Loveren Wyne en die SAB.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wenners ontvang kontantpryse en \u2019n houtsneebeeld deur Collen en Johannes Maswanganyi.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Crispin Sonn, voorsitter van Kunste Onbeperk, het in sy toespraak die borge en vennote bedank vir hul volgehoue ondersteuning, nie net vir KKNK 2022 nie, maar ook die ondersteuning wat lojale vennote, onder meer Absa, Media24, die Het Jan Marais Nationale Fonds, NATi, die Oudtshoorn Munisipaliteit en die Wes-Kaapse regering se departement van kultuursake en sport, asook ander borge en donateurs gebied het. Hy het ges\u00ea dat, met hulle ondersteuning, die KKNK kuns en kultuur steeds deur die moeilike tye kon bevorder en ook werksgeleenthede in die kunste skep vir honderde kunstenaars en tegnici.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hugo Theart, artistieke direkteur van Kunste Onbeperk en die KKNK, het ges\u00ea dat die afgelope paar jaar uitdagend was en dat teaters en die feeste nou weer stadig hul voete begin vind. \u201cDie KKNK was die eerste volwaardige kunstefees in twee jaar in Suid-Afrika. Dit was \u2019n fees van dankbaarheid en hoop. Behalwe vir borge en donateurs wat dit alles moontlik gemaak het, moet ons ook ons gehore bedank. Hulle het entoesiasties teruggekeer en dit was wonderlik om weer ons fees-familie bymekaar te h\u00ea.\u201d Hy het ook die permanente KKNK-personeel bedank vir hul deursettingsvermoe\u00eb gedurende die afgelope jare en maande, asook die tydelike personeel wat ingespring het en die 26ste KKNK \u2019n reuse-sukses gemaak het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Theart het ook aangekondig dat die beplanning vir die\u00a0<strong>27ste KKNK<\/strong>\u00a0in Oudtshoorn reeds begin het en dat feesgangers kan regmaak om weer vanaf\u00a0<strong>1 tot 9 April 2023<\/strong>\u00a0na Oudtshoorn op te ruk vir \u2019n fees van gehalte musiek, &#8211; teater en &#8211; gesprekke. Maar hy het ook genoem dat klassieke musiekliefhebbers vanaf\u00a0<strong>5 tot 9 Augustus<\/strong>\u00a0vanjaar weer kan uitsien na\u00a0<strong>Klein Karoo Klassique<\/strong>, wat di\u00e9 jaar \u2019n paar verrassings en formaat-aanpassings insluit. Die volledige program sal teen middel-Mei bekend gemaak word. \u2019n Ander hoogtepunt vir 2022 is ook die\u00a0<strong>Teksmark<\/strong>, wat weer einde Augustus saam met NATi en die Baxter-teater in Kaapstad sal plaasvind.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-large-font-size wp-block-paragraph\"><strong>Die volledige lys van Kannawenners is:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna Slurpie-prys: opkomende kunstenaar<\/strong>\u00a0(geborg deur Ton en Anet Vosloo)<br \/>Mirinda Ntantiso vir spel in\u00a0<em>Op hierie dag<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70801\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/VDV9380-1920x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste bydrae tot visuele kuns<\/strong>\u00a0(geborg deur Absa)<br \/>Karin Preller vir die uitstalling\u00a0<em>Beyond Memory<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70806\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/2021.-Karin-_-Rienie-Montgomery-Park-1960s.-Oil-on-canvas-82-x-110-cm-1727x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste byspeler: manlik<\/strong><br \/>Carlo Daniels &#8211;\u00a0<em>Ek, Anna van Wyk<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70807\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/VDV8045-1920x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste byspeler: vroulik<\/strong><br \/>The Ancient Voices: Nomapostile Nyiki en Lungiswa Plaatjies &#8211;\u00a0<em>die oerkluts kwyt<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70808\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/VDV7380-1920x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste akteur: manlik<\/strong><br \/>Wessel Pretorius &#8211;\u00a0<em>Kiss of the Spider Woman<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70810\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/Kiss-of-the-Spiderwoman-Mbulelo-Grootboom-Wessel-Pretorius-in-Kiss-of-the-Spider-Woman-pic-1-by-Fiona-McPherson-6-1255x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste akteur: vroulik<\/strong><br \/>Tinarie van Wyk Loots &#8211;\u00a0<em>Ek, Anna van Wyk<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70811\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/VDV8481-1920x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste regie<\/strong>\u00a0(geborg deur Netwerk24)<br \/>Marthinus Basson &#8211;\u00a0<em>Ek, Anna van Wyk<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70816\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/VDV7429-1280x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste teaterontwerp<\/strong><br \/>Marthinus Basson &#8211;\u00a0<em>Ek, Anna van Wyk<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70817\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/VDV8225-1920x960.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir uitnemende liter\u00eare bydrae<\/strong>\u00a0(geborg deur NATi)<br \/>Frieda van den Heever vir die samestelling van\u00a0<em>die oerkluts kwyt<\/em>\u00a0uit die werk van Antjie Krog<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70818\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/IMG_3117-1920x1280.jpeg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste kinderteater<\/strong><br \/><em>Liewe Heksie en die rolskaatse<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70819\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/IMG_7905-1920x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste\u00a0<em>Lucky<\/em>\u00a0Pakkie-aanbieding<\/strong><br \/><em>Om skoon te wees<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70820\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/IMG_6806-1920x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste debuutwerk<\/strong>\u00a0(geborg deur ATKV)<br \/><em>Karatara<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70821\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/VDV0740-1920x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste teateraanbieding<\/strong>\u00a0(geborg deur die Het Jan Marais Nationale Fonds)<br \/><em>Ek, Anna van Wyk<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70822\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/VDV8714-1920x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir beste musiekaanbieding<\/strong>\u00a0(geborg deur Wicus Pretorius)<br \/>Emo Adams &amp; Take Note<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70823\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/VDV9989-1600x1280.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna Herrie-prys<\/strong>\u00a0(geborg deur die Oudtshoorn Besigheidskamer)<br \/>Karoo Kaarte.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-70824\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/04\/KarooKaarte_ART_COL_SENSEMAKING__AuntCollie_final_2.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Special Kanna for Service to the KKNK<\/strong>\u00a0(geborg deur Kunste Onbeperk)<br \/>Danie Maart<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir tegniese uitnemendheid en diens aan die KKNK<\/strong>\u00a0(geborg deur Alert Patrol)<br \/>Braam Avenant<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Spesiale prys vir opkomende tegniese talent<\/strong>\u00a0(geborg deur Beans About Coffee)<br \/>Clayton Carlson<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Kanna vir tegniese bydrae tot die kunste<\/strong>\u00a0(geborg deur die Kunste Onbeperk)<br \/>Jeanne Steenkamp<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se Kannapryse, wat erkenning aan produksies en individue vir uitnemende bydraes tot die fees gee, is op 22 April by \u2019n swierige geleentheid by M-Studios in Philadelphia, Kaapstad aangebied.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":70831,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-70776","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/70776","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=70776"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/70776\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=70776"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=70776"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=70776"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}