{"id":72642,"date":"2022-04-28T10:06:50","date_gmt":"2022-04-28T08:06:50","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=72642"},"modified":"2022-04-28T10:06:50","modified_gmt":"2022-04-28T08:06:50","slug":"kknk-2022-visuele-kunsuitstalling-nou-aanlyn-beskikbaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/kknk-2022-visuele-kunsuitstalling-nou-aanlyn-beskikbaar\/","title":{"rendered":"KKNK 2022 Visuele kunsuitstalling nou aanlyn beskikbaar"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kunsliefhebbers vir wie besigtiging van die visuele kunsuitstallings nie beskore was tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) van 2022 nie, kry nou die geleentheid om di\u00e9 veelbesproke werke van w\u00eareldklaskunstenaars aanlyn op hul rekenaar of selfoon te sien te kry\u00a0met \u2019n\u00a0<strong>3D virtuele galery<\/strong>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die <strong>derde KKNK virtuele galery<\/strong> neem kunsliefhebbers deur al die vertrekke van die Prince Vintcent-gebou in Oudtshoorn, waar die KKNK 2022 visuele kuns uitgestal is. Die virtuele galery is nou <strong>aanlyn beskikbaar tot Sondag 5 Junie 2022<\/strong>. Nes die KKNK se virtuele galery van 2021, is hierdie toer gebruikersvriendelik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie afgelope twee jaar het die KKNK groot sukses gehad met die virtuele galery. Tydens\u00a0die pandemie was dit nie moontlik om kunsgalerye te besoek nie, en die KKNK was trots om tog in hierdie tyd\u00a0\u2019n geleentheid aan kunstenaars te kon skep om hulle werke uit te stal en ook aan kunsliefhebbers\u00a0\u2019n geleentheid te kon bied om steeds kuns te waardeer en aan te skaf,\u201d s\u00ea Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie vorige twee virtuele galerye het ook belangstelling van\u00a0oor die w\u00eareld heen gelok en van die kunswerke is ook deur oorsese kli\u00ebnte aangeskaf. Noudat ons weer tydens die KKNK uitstallings in Oudtshoorn kon aanbied, het ons ook die waarde daarvan besef om die kunstenaars en werke nie n\u00e9t aan die Suid-Afrikaanse publiek wat nie die fees kon bywoon nie, beskikbaar te stel, maar ook aan kunsliefhebbers die w\u00eareld oor.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dineke van der Walt, die KKNK se visuele kunskurator, s\u00ea sy verstaan dat baie mense om verskeie redes nie fisies die fees in Oudtshoorn kon besoek en al die aanbiedinge kon geniet nie, maar dat die kunsuitstallings steeds baie gewild en deurlopend wel besigtig is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cSedert die fees die Dinsdag [29 Maart] geopen het, was daar reeds baie besoekers. \u2019n Kollega het genoem hy het nog nooit so \u2019n toeloop van mense gesien nie!\u00a0Teen die\u00a0Saterdag was daar weer netso baie besoekers. Ons het ge\u00ebindig met \u2019n groter groep\u00a0mense as waarmee ons begin het\u00a0\u2013 soos jy loop het daar net mense bygekom.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Elke aanlyn\u00a0uitstalling word vergesel van \u2019n\u00a0kort beskrywing van die uitstalling wat agtergrond en konteks oor die werk verskaf. Belangstellendes word ook bederf met vier kort bonus-video\u2019s: \u2019n dokument\u00ear\u00a0deur Lieza Louw oor die skeppingsproses van Karin Preller; \u2019n\u00a0vorderingsvideo van die ReWOLusie-hekelkunsprojek wat Mary Sibande se 2010-werk,\u00a0<em>Her Majesty Queen Sophie<\/em>, uitbeeld; Henrietta Scholtz se\u00a0<em>Life and Time in Place<\/em>; en\u00a0<em>Cloud Migration\u00a0<\/em>van Phumlani Ntuli.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van der Walt vertel die gratis kinder-kunsvermaak was ook baie gewild:\u00a0\u201cDaar was in een\u00a0stadium meer as 17 kinders in een uur wat aan die kinder-kunsprogram deelgeneem het!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons het tafels en stoele uitgepak en dit was wonderlik dat daar ook kinders was wat nie regtig kuns ken nie, want\u00a0dit was \u2019n wonderlike geleentheid om hulle aan kuns voor te stel\u00a0\u2013\u00a0hierdie soort werk met hulle is\u00a0ewigheidswerk.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van die werk wat in die aanlyn galery besigtig kan word, sluit in die werke van Mary Sibande, Nkhensani Rihlampfu en Gregg Price; die gewilde Oudtshoorn-projek\u00a0<em>Karoo Kaarte, Prestik and Paper<\/em>, asook versamelings uit die Absa-kunsgalery; daar is ook werk deur Dirk Bahmann en Wayne Matthews, groepsuitstallings soos\u00a0<em>Rich in Fibre<\/em>, en\u00a0<em>Liewe Land! II\u00a0<\/em>\u2013\u00a0wat onlangs die Fi\u00ebstaprys vir kuns gewen het\u00a0\u2013\u00a0albei laasgenoemdes onder kuratorskap van Van der Walt.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die werk van Karin Preller word vertoon, en daar is selfs\u00a0\u2019n mos-kunswerk deur die tuinboukundige Marcia Visser. Besoekers aan die aanlyn galery kan ook uitsien na die werke van Ayobola Kekere-ekun, Franklyn Dzingai en The Mapula Embroidery Project, onder vele andere.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alle werke is inmekaargevleg met vanjaar se visuele kuns-tema,\u00a0<em>Ontrafel<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alhoewel van die werke wat deel vorm van die virtuele galery reeds verkoop is, is daar werke wat steeds beskikbaar is vir voornemende kopers. Navrae oor kunswerke\u00a0<strong>kan gerig word aan Van der Walt by<\/strong> <strong><a href=\"mailto:dineke@vanderwalt.za.net\">dineke@vanderwalt.za.net<\/a>.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Die skakel na die virtuele galery is beskikbaar by:\u00a0<a href=\"https:\/\/kknk2022.kknk.co.za\/virtuele-galery\/.\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">https:\/\/kknk2022.kknk.co.za\/virtuele-galery\/.<\/a><\/strong>\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die KKNK word met trots geborg deur Absa, met ondersteuning vir die visuele kunsprogram van Business and Arts South Africa.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kunsliefhebbers vir wie besigtiging van die visuele kunsuitstallings nie beskore was tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) van 2022 nie, kry nou die geleentheid om di\u00e9 veelbesproke werke van w\u00eareldklaskunstenaars aanlyn op hul rekenaar of selfoon te sien te kry\u00a0met \u2019n\u00a03D virtuele galery.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":72647,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-72642","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/72642","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=72642"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/72642\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=72642"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=72642"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=72642"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}