{"id":913,"date":"2022-12-19T08:00:17","date_gmt":"2022-12-19T08:00:17","guid":{"rendered":"https:\/\/dev.webgap.xyz\/kknk\/?p=913"},"modified":"2022-12-19T08:00:17","modified_gmt":"2022-12-19T08:00:17","slug":"maak-solank-gereed-vir-feesvier-in-die-klein-karoo","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/maak-solank-gereed-vir-feesvier-in-die-klein-karoo\/","title":{"rendered":"Maak solank gereed vir feesvier in die Klein Karoo"},"content":{"rendered":"<p>Oudtshoorn trek in 2023 sy feesklere vir nege dae aan wanneer die 27ste KKNK, geborg deur Absa, van\u00a0<strong>Saterdag 1 tot Sondag 9 April<\/strong>\u00a0aangebied word. Di\u00e9 feesdatums val volledig in die skoolvakansie en eindig oor Paasnaweek.<\/p>\n<p>Die feesprogram word op\u00a0<strong>Vrydag 20 Januarie 2023<\/strong>\u00a0bekendgestel, met kaartjieverkope wat daarna landswyd en aanlyn by Webtickets open. Verblyfbesprekings kan reeds aanlyn op die KKNK se webblad gedoen word.<\/p>\n<p>Vriende van die KKNK ontvang die volledige feesprogram reeds voordat dit bekendgestel is en het ook \u2019n kans om eerste hulle kaartjies, teen afslagpryse, te koop. Om aan te sluit, besoek die KKNK se webblad.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Propvol feesprogram wag op feesgangers, wat al die gewilde KKNK-elemente insluit, asook soos altyd vernuwing en verrassings. Die gewilde opelugaandkonserte keer terug, asook plekspesifieke toneelstukke. Die multidissiplin\u00eare program gaan feesgangers vermaak in alle genres en is gemik op oud en jonk.\u00a0<strong>Baron van Reede Street<\/strong>, die hartklop van die fees, word in 2023 weer gesluit. Di\u00e9 feestelike straat bied aan feesgangers gratis vermaak met impromptu optredes, musiek en heerlike kos en drinkgoed, van vroegaand tot laatnag. En natuurlik is die gewilde gespreksreekse, visuele kuns en ander leefstyl-elemente ook deel van die aanbod. \u2019n Verdere bykomende element is \u2019n twee-dag opelugmusiekfees wat die fees op 1 en 2 April afskop. \u2019n Inkopieparadys is in die\u00a0<strong>Festival terrain<\/strong>\u00a0gele\u00eb en bied kuns- en kosstalletjies om van te kies en keur, met \u2019n musiekverhoog wat vermaak verseker.\u201d S\u00f3 s\u00ea Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK.<\/p>\n<p>As deel van die KKNK word daar vir die eerste keer vanaf 1 tot 4 April, in samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, \u2019n\u00a0<strong>Youth Arts Festival<\/strong>\u00a0spesifiek op ho\u00ebrskoolleerders en -onderwysers gemik, aangebied. Di\u00e9 fees binne die fees, is gefokus om \u2019n liefde en belangstelling vir die kunste by ho\u00ebrskoolleerders te kweek deur \u2019n program van teater, musiek, dans, visuele kuns, aktuele gesprekke en meer. Sommige produksies en geleenthede word deur die jeug self aangebied, om aan hulle \u2019n stem en platform te bied. Pakkette met verblyf en kaartjies teen bekostigbare pryse word beskikbaar gestel, wat ook meesterklasse en werksessies insluit.<\/p>\n<p>Vir meer inligting, besoek die KKNK se webblad by\u00a0<a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a>\u00a0of stuur \u2019n e-pos na\u00a0<a href=\"mailto:info@kknk.co.za\">info@kknk.co.za<\/a>.<\/p>\n<p><strong>Vir medianavrae:<\/strong>\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 J.C. Aucamp, bemarkingsbestuurder<\/p>\n<p>E-posadres:\u00a0<a href=\"mailto:jc@kunste.org.za\">jc@kunste.org.za<\/a><\/p>\n<p>Selfoonnommer: 076\u00a0333 5945<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oudtshoorn trek in 2023 sy feesklere vir nege dae aan wanneer die 27ste KKNK, geborg deur Absa, van\u00a0Saterdag 1 tot Sondag 9 April\u00a0aangebied word. Di\u00e9 feesdatums val volledig in die skoolvakansie en eindig oor Paasnaweek.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":914,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-913","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/913","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=913"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/913\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=913"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=913"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=913"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}