{"id":9202,"date":"2020-09-28T14:21:03","date_gmt":"2020-09-28T14:21:03","guid":{"rendered":"https:\/\/www.kknk.co.za\/?p=9202"},"modified":"2020-09-28T14:21:03","modified_gmt":"2020-09-28T14:21:03","slug":"klassieke-musiekfeeste-span-kragte-saam-vir-digitale-konsertreeks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/klassieke-musiekfeeste-span-kragte-saam-vir-digitale-konsertreeks\/","title":{"rendered":"Klassieke musiekfeeste span kragte saam vir digitale konsertreeks"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die\u00a0<strong><a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/klassique-baroque\/\">Klassique Baroque-fees<\/a><\/strong>\u00a0vind vanjaar vir die eerste keer plaas en is \u2019n samewerking van twee van Suid-Afrika se klassieke musiekfeeste: Klein Karoo Klassique, wat jaarliks in Oudtshoorn plaasvind, en die Kaapstad Barokfees, wat jaarliks in Kaapstad aangebied word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie feeste kon weens die Covid-19-pandemie nie in 2020 plaasvind nie, maar span nou kragte saam om vier eksklusiewe musiekkonserte aan te bied. Die konserte is spesiaal vir di\u00e9 aanlynfees, met die ondersteuning van die Rupert Musiekstigting, opgeneem. Ian Burgess-Simpson Pianos het \u2019n Fazioli-klavier gratis vir die konserte beskikbaar gestel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns is oorweldig deur die ongelooflike belangstelling en digitale bywoning van Klein Karoo Klassique se eerste aanlyn konsertreeks in September, en sien daarna uit om gehore in Oktober met vier splinternuwe, uitstaande klassieke musiekkonserte te bederf\u201d, s\u00ea Hugo Theart, artistieke direkteur van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), wat jaarliks ook Klein Karoo Klassique aanbied.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die eerste van hierdie konserte debuteer op Donderdag 1 Oktober. Daarna word \u2019n nuwe uitvoering elke Donderdag vrygestel. Uitvoerings is vanaf 18:00 op die onderskeie Donderdae, tot Saterdag 31 Oktober om middernag beskikbaar om te kyk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Erik Dippenaar, artistieke direkteur van die Kaapstad Barokfees, vertel dat hulle die samewerking met Klassique geniet, omdat beide feeste \u2019n sterk fokus op kamermusiek het. \u201cHierdie reeks konserte strek oor \u2019n veelsydige repertoire wat wissel van die eerste helfte van die 17<sup>de<\/sup>, tot die mid-20<sup>ste<\/sup>\u00a0eeue,\u201d vertel Dippenaar. \u201cEk was gelukkig dat ek van my gunsteling-Suid-Afrikaanse musikante kon kies om mee saam te werk in die samestelling van di\u00e9 program. Elke musikant is uitgesoek vir hulle kenmerkende eienskappe en sterkpunte en die eindresultaat is \u2019n opmerklik-unieke kamermusiek-ervaring.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Lynelle Kenned (sopraan), Ralitza Macheva (barokviool), Refiloe Olifant (barokviool) en Erik Dippenaar (klavesimbel) begin die program met\u00a0<strong><em><a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/misshapen-pearls\/\">Misshapen Pearls<\/a><\/em><\/strong>, \u2019n opwindende program wat op die sterk kontraste in Barokmusiek fokus, asook die improvisasie-aspek van musiek uit hierdie tydperk, wat intrinsiek deel van die estetika daarvan vorm.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met\u00a0<strong><em><a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/haydn-in-london\/\">Haydn in London<\/a><\/em><\/strong>\u00a0voer lede van Camerata Tinta Barocca [Liesl Stoltz (dwarsfluit), Refiloe Olifant (eerste viool), Bonolo Kgaile (tweede viool), Lynn Rudolph (altviool), Cheryl de Havilland (tjello), Mariechen Meyer (kontrabas) en Erik Dippenaar (klavesimbel)] Joseph Haydn se geliefde\u00a0<em>Surprise Symphony<\/em>\u00a0uit, soos verwerk vir kamermusiek-ensemble deur Johann Peter Salomon. Die program word aangevul deur CPE Bach se\u00a0<em>Hamburger Sonate<\/em>\u00a0vir dwarsfluit en continuo, wat die eerste keer in 1786 gepubliseer is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Janel Speelman (sopraan) en Esthea Kruger (klavier) bied in\u00a0<strong><em><a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/1840-2\/\">1840<\/a><\/em><\/strong>\u00a0\u2019n program van\u00a0<em>lieder<\/em>\u00a0en musiek vir solo-klavier deur Robert Schumann aan. Al die lieder in hierdie program dateer uit 1840, Schumann se sogenaamde\u00a0<em>Liederjahr<\/em>, ook die jaar waarin hy met Clara Wieck getrou het. Dit sluit werke uit die liedsiklus\u00a0<em>Myrthen\u00a0Op. 25<\/em>\u00a0en\u00a0<em>Liederkreis Op. 39<\/em>\u00a0in. Kruger voer ook die\u00a0<em>Sonate no. 2 in G-mineur Op. 22<\/em>\u00a0uit. Die tweede beweging van di\u00e9 werk is gebaseer op\u00a0<em>Im Herbste<\/em>, een van die\u00a0<em>lieder<\/em>\u00a0in hierdie program.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die hoogaangeskrewe Zomari Duo [Bridget Rennie-Salonen (dwarsfluit) en James Grace (kitaar)] sluit die Klassique Baroque-fees af met\u00a0<strong><em><a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/histoire-du-tango\/\">Histoire du Tango<\/a><\/em><\/strong>, \u2019n uiteenlopende uitvoering van opwindende musiek vir dwarsfluit en kitaar uit Suid-Amerika. Die program gebruik die ikoniese werk van Astor Piazzolla,\u00a0<em>L\u2019histoire du tango<\/em>, as vertrekpunt. Dit bevat ook werke van die Brasiliaanse komponis, Celso Machado en die Argentyn, M\u00e1ximo Diego Pujol.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kaartjies vir hierdie vier uitvoerings is tot 31 Oktober beskikbaar en kos slegs R100 per uitvoering by\u00a0<strong><a href=\"https:\/\/qkt.io\/KBFestival\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Quicket<\/a>.<\/strong>\u00a0\u2019n Beperkte aantal pakkette vir al vier uitvoerings is teen slegs <strong>R300\u00a0<\/strong>beskikbaar.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Besoek\u00a0<a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/klassique-baroque\/\">https:\/\/www.kknk.co.za\/klassique-baroque\/<\/a>\u00a0vir meer inligting oor di\u00e9 aanlyn klassieke musiekkonsertreeks.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die\u00a0Klassique Baroque-fees\u00a0vind vanjaar vir die eerste keer plaas en is \u2019n samewerking van twee van Suid-Afrika se klassieke musiekfeeste: Klein Karoo Klassique, wat jaarliks in Oudtshoorn plaasvind, en die Kaapstad Barokfees, wat jaarliks in Kaapstad aangebied word.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":9204,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-9202","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9202","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=9202"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/9202\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=9202"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=9202"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=9202"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}