{"id":92528,"date":"2022-06-22T13:14:56","date_gmt":"2022-06-22T11:14:56","guid":{"rendered":"https:\/\/kknk.co.za\/?p=92528"},"modified":"2022-06-22T13:14:56","modified_gmt":"2022-06-22T11:14:56","slug":"program-vir-13de-klein-karoo-klassique-bekend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/kknk-nuus\/program-vir-13de-klein-karoo-klassique-bekend\/","title":{"rendered":"Program vir 13de Klein Karoo Klassique bekend"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis wintertyd op Oudtshoorn wat beteken\u00a0<strong>Klein Karoo Klassique<\/strong>\u00a0is om die draai. Di\u00e9 fees van klassieke musiek word van Vrydag 5 tot Dinsdag 9 Augustus vir die 13de keer op Oudtshoorn aangebied, met die ondersteuning van die Rupert Musiekstigting.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cKlassieke musiekliefhebbers kan weer uitsien na die geliefde klassieke musiekfees in haar tradisionele tydgleuf in Augustus. Ons moes lank wag om weer \u2018n volwaardige Klein Karoo Klassique aan te bied en vir die Vrouedag-langnaweek kan feesgangers uitsien na \u2018n keuse van die land se voorste klassieke musici en ook uitsonderlike opkomende talent.\u201d S\u00f3 s\u00ea Hugo Theart, artistieke direkteur van die fees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Theart verduidelik dat feesgangers kan nie net uitsien na dertien uitstaande konserte nie, maar die fees sluit ook \u2019n visuele kunsprogram, boekgesprekke en -verkope, wynproe geleenthede en ander proe-ervarings in. Die Burgersentrum die kern van die fees vorm, met meeste van die aktiwiteite wat hier sal plaasvind.\u00a0 Feesgangers kan natuurlik ook kies en keur uit uitstaande eetervarings en Karoo-gasvryheid by \u2019n verskeidenheid restaurante en eetplekke op die dorp; en daar is ook verskeie ander Klein Karoo-ervarings en besienswaardighede om tydens so \u2019n kuier in te pas.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Klassique begin op Vrydag 5 August om 19:00 met die\u00a0<strong><em>Klassique Galakonsert<\/em><\/strong>, \u2019n uitvoering deur lede van die Kaapstad Opera met die uitsonderlike sopraan Janelle Visagie en die briljante pianis Jos\u00e9 Dias in die Burgersentrum. Saterdag 6 Augustus om 10:00 speel Handri Loots (fluit) en Mareli Stolp (klavier) musiek vir fluit en klavier, waaronder\u00a0<strong><em>Poerpasledam<\/em><\/strong>, Arnold van Wyk se enigste komposisie vir hierdie twee instrumente. Na di\u00e9 uitvoering tree hulle in gesprek met die gehoor. Om 14:30 speel die\u00a0<strong><em>The Gqeberha Trio<\/em><\/strong>, David Bester (viool), Jan-Hendrik Harley (altviool) en Mariechen Meyer (kontrabas) musiek wat onder andere die ooreenkomste tussen snaarinstrumente en die menslike stem demonstreer van die\u00a0<em>Playford Suite<\/em>\u00a0tot Schubert se\u00a0<em>Erlk\u00f6nig<\/em>, gevolg deur \u2019n musiekgesprek. Om 19:00 keer tjellis Peter Martens en bekroonde Suid-Kaap-pianis Megan-Geoffrey Prins terug na Oudtshoorn vir \u2019n uitvoering op\u00a0<strong><em>Tjello en Klavier<\/em><\/strong>\u00a0met musiek van Schumann, Beethoven en Popper. Die musiekprogram sluit om 20:30 af met \u2019n\u00a0<strong><em>Jazz-konsert<\/em><\/strong>, saamgestel deur Ramon Alexander.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sondag 7 Augustus se program begin om 10:00 met\u00a0<strong><em>A Trio of Trios<\/em><\/strong>\u00a0met Suzanne Martens op viool, Karin Gaertner op altviool en Peter Martens op tjello met trios van Beethoven, Dohn\u00e1nyi en Stephenson. Ses lede van die Kaapstad Filharmoniese Orkes en Kaapstad Filharmoniese Jeugorkes is om 14:00 in\u00a0<strong><em>A Celebration of Youth<\/em><\/strong>\u00a0te sien met musiek van Mozart, Beethoven en Schumann.\u00a0<strong><em>Baroque to the Future<\/em><\/strong>\u00a0met die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes, sopraan Hlengiwe Mkhwananzi en Erik Dippenaar op klavesimbel sorg vir \u2019n spesiale galakonsert om 19:00. \u2019n Wye repertoire van barokmusiek word uitgevoer van onder andere Handel, Purcell, De Lalande en Rameau, gevolg deur \u2019n gesprek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maandagoggend 8 Augustus om 10:00 deel tjellis Anmari van der Westhuizen en pianis Nicolene Gibbons die verhoog in\u00a0<strong><em>Cello Splendour<\/em><\/strong>, gevolg deur \u2019n musiekgesprek. Twee Oudtshoorn-pianiste, John Theodore en Sulayman Human, wat in 2015 hulle debuut as klavierduo by Klassique gemaak het, keer terug na die verhoog met musiek van Bach, Strauss, Schubert en Rachmaninov, verwerk vir twee klaviere in\u00a0<strong><em>Suite Treats Variety<\/em><\/strong>\u00a0om 14:00, gevolg deur die fees se laaste musiekgesprek. Om 18:00 sluit lede van die Kaapstad Barokorkes, Ingo M\u00fcller (barokhobo) en Erik Dippenaar (klavesimbel &amp; regisseur) op die verhoog aan by soprane Lynelle Kenned en Hlengiwe Mkhwanazi in\u00a0<strong><em>Handel at Home<\/em><\/strong>\u00a0vir \u2019n program van kamermusiek vir instrumente en stemme. Hierdie uitvoering word by De Opstal Country Lodge aangebied en sluit \u2019n ligte aandete in.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dinsdag 9 Augustus gaan die klawers vir oulaas behoorlik dans met orrelmusiek deur Dippenaar in\u00a0<strong><em>The Splendours of the Baroque Organ<\/em><\/strong><em><strong>\u00a0<\/strong><\/em>om 09:30 by die NG Kerk Park, waarna die immergewilde Steinway-pianis Charl du Plessis Klassique om 12:00 afsluit met musiek van Chopin, Bach, Brahms, Beethoven en ander in\u00a0<strong><em>Songs for my Mother<\/em><\/strong>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Spesiale kaartjiepakket vir 11 van die 12 uitvoerings is beskikbaar teen R1 300, of enkelkaartjies kan vir uitvoerings gekoop word. Vriende van die KKNK kwalifiseer vir 5% afslag. Kaartjis is beskikbaar by Webtickets (<a href=\"http:\/\/www.webtickets.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\"><strong>www.webtickets.co.za<\/strong><\/a>), Pick n Pay-winkels regoor die land of die KKNK-kantoor.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Klein Karoo Klassique<\/strong>\u00a0word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die Rupert Musiekstigting en bydraes deur die ATKV en die Barrow Trust.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir meer inligting, besoek Klein Karoo Klassique se webblad by\u00a0<a href=\"http:\/\/www.klassique.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.klassique.co.za<\/a>\u00a0of kontak 044 203 8600. Om \u2019n Vriend van die KKNK te word, besoek\u00a0<a href=\"http:\/\/www.kknk.co.za\/en\/\">www.kknk.co.za<\/a>. Besoek\u00a0<a href=\"http:\/\/www.klassique.co.za\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">www.klassique.co.za<\/a>\u00a0vir die direkte skakel om te verseker jou verblyf vir die fees is vooruit bespreek en afgehandel deur\u00a0<strong>LekkeSlaap<\/strong>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-92542\" src=\"https:\/\/kknk.co.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/Klassique-Ads3.jpg\" alt=\"\" title=\"\"><\/figure>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis wintertyd op Oudtshoorn wat beteken\u00a0Klein Karoo Klassique\u00a0is om die draai. Di\u00e9 fees van klassieke musiek word van Vrydag 5 tot Dinsdag 9 Augustus vir die 13de keer op Oudtshoorn aangebied, met die ondersteuning van die Rupert Musiekstigting.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":92544,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[31],"tags":[],"class_list":["post-92528","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kknk-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/92528","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=92528"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/92528\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=92528"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=92528"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.kknk.co.za\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=92528"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}