fbpx

Petite Symphonie – Charles Gounod (1818-1893) 

  1. Adagio – Allegro
  2. Andante cantabile (quasi adagio) attacca
  3. Scherzo: Allegro moderato
  4. Finale: Allegretto

Hierdie ‘Klein simfonie’ in B-mol nonet vir blasers is in 1885 vir die eerste keer in Gounod se tuisdorp, Parys, op die Salle Pleyel gespeel. Gounod het aan die Konservatorium in Parys studeer en die gesogte Prix de Rome op 21-jarige ouderdom gewen. Hy het ook gewyde werke, die opera Faust en verskeie orkeswerke gekomponeer. Petite Symphonie, wat eers in 1904 jare na sy dood gepubliseer is, bestaan uit vier bewegings met lewendige melodie, insluitend die tweede beweging wat as ‘n aria vir fluit gesien kan word.

Hierdie is ‘n soort simfonie wat strek oor die grense van groot ensemble kamermusiek en ’n simfonie van blasers. Gounod het dit met aanmoediging van sy vriend, Paul Taffanel geskryf, wat beskou word as die stigter van die moderne Franse skool vir fluit.

Gabriele von Dürckheim (fluit), Lisa White (hobo 1), Caren Bam (hobo 2), Daniel Prozesky (klarinet 1), Annelize de Villiers (klarinet 2), Brandon Phillips (fagot 1), Simon Ball (fagot 2), Caroline Prozesky (horing 1) en Conrad van der Westhuizen (horing 2)

koop kaartjie
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google