Kaapstad Opera bring geliefde La bohème na Oudtshoorn

Die Kaapstad Opera bring die pragtige, dog tragiese verhaal van G. Puccini se La bohème in September na Oudtshoorn, as deel van die Judith Neilson Kaapstad Opera Nasionale Toer.

Die optredes word aangebied in samewerking met Klein Karoo Klassique en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).

“Ons is baie opgewonde om Afrika se voorste operageselskap vir twee uitvoerings van ’n baie geliefde opera, as deel van hierdie toer, op Oudtshoorn te verwelkom. Dit is wonderlik om ’n opera in die streek aan te bied en om die beste klassieke musiekervarings na Oudtshoorn te bring,” sê Hugo Theart, artistieke direkteur van Klassique en die KKNK.

La bohème word op 18 en 19 September in die Oudtshoorn Burgersentrum opgevoer. In ooreenstemming met die huidige Covid-19-regulasies is slegs 50 kaartjies per optrede beskikbaar.

Jeremy Silver, musiekregisseur van La bohème, sê van die duisende operas bly La bohème een van die top vyf werke wat wêreldwyd die meeste uitgevoer word. “Ons word nooit moeg vir die jeugdige energie daarvan nie, ook nie van die regte karakters wat onmoontlike morele besluite moet neem en die musiek wat direk tot die hart spreek nie. Die Judith Neilson Kaapstad Opera Nasionale Toer bied ’n kamermusiekweergawe so passievol en ekspressief soos enige klavierkwintet van Brahms of Dvořák aan. Die keuse om dit sonder ’n koor en met verminderde instrumente op te voer, is nie net vir praktiese doeleindes nie. Die gehoor beleef ’n meer direkte en ewe opwindende opvoering waar karakters vanweë hul nabyheid aan die gehoor van nader ervaar kan word. Ek is werklik verheug en opgewonde om deel hiervan te wees.”

“Die hartroerende verhaal en meesleurende musiek van Puccini se La bohème, oorgedra deur ’n groep uitstekende jong sangers en musikante byeengebring deur Kaapstad Opera, maak hierdie opvoering onmisbaar,” sê Lize Thomas, waarnemende artistieke direkteur van die Kaapstad Opera.

La bohème vertel die verhaal van die boheemse lewe van ’n groep jong vriende wat saam woon – Rodolfo, Marcello, Colline en Schaunard. Marcello en Musetta is eks-minnaars wat voortdurend na mekaar se arms terugkeer en ’n komiese verligting teen die aangrypende, gedoemde liefdesverhouding tussen Rodolfo en hul brose buurvrou, Mimì bied.

Die Suid-Afrikaanse regisseur Magdalene Minnaar lei die geselskap in hierdie produksie, met ontwerp deur Bettina John en beligtingsontwerp deur Stefan BenadeSilver behartig die musiekregie. Sewe bekende, jong Suid-Afrikaanse operasangers gee lewe aan La bohème: Lukhanyo Moyake as Rodolfo, Zandile Mzazi as Mimì, Bongani Kubheka as Marcello, Ané Pretorius as Musetta, Lwazi Dlamini as Schaunard, Conroy Scott as Colline en Garth Delport as Alcindoro.

Kaartjies vir La bohème op Oudtshoorn, Saterdag 18 September (19:00) en Sondag 19 September (15:00) is teen R250 per persoon beskikbaar by Quicket (https://qkt.io/LaBoheme). Kaartjieverkope open Dinsdag, 17 Augustus om 09:00. Alle Covid-19-regulasies sal nagekom word en lede van die gehoor moet te alle tye ’n masker dra.

Deel op facebook
Facebook
Deel op twitter
Twitter
Deel op linkedin
LinkedIn
Deel op whatsapp
WhatsApp
Deel op email
Email

Gesels saam

Mandjie 0

Teken in

Maak 'n rekening oop

Your personal data will be used to support your experience throughout this website, to manage access to your account, and for other purposes described in our privaatheidsbeleid.

Wagwoord herwinning

Het jy jou wagwoord vergeet? Voer asseblief u gebruikersnaam of e-posadres in. U sal 'n skakel ontvang om 'n nuwe wagwoord per e-pos te skep.