KKNK 2024

Jeugkunstefees

KKNK

Maak gereed vir die tweede KKNK Jeugkunstefees in 2024!

’n Onvergeetlike kunste-avontuur van drie dae

In samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement

KKNK

Die KKNK se Jeugkunstefees is gereed om in 2024 aan hoërskoolleerders ’n geleentheid te bied om die dorp met kreatiwiteit en opwinding rooi te verf! 

Na die eerste KKNK Jeugkunstefees in 2023, aangebied in samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD), beloof dié tweede fees nog ’n groter ervaring vir deelnemers te wees. Een van die KKNK se kerndoelwitte is om die impak van die kunste te vergroot en dit sodoende meer volhoubaar te maak. Ons is opgewonde om alle hoërskoolleerders uit te nooi na ’n onvergeetlike kunste-avontuur wat groter en beter as die eerste aanbieding is.  

Maak ’n nota in jou kalender

So, waarvoor wag jy? Maak jou vriende bymekaar, versprei die woord en sluit by ons aan vir ’n wonderlike reis deur die kunste in die Klein Karoo!

Vir meer inligting, kontak vir Lizané Basson:

Sien uit na

Die KKNK se Jeugkunstefees bied aan deelnemers die geleentheid om nie net die kunste in lewende lywe te ervaar nie, maar ook deel te neem aan werksessies en gesprekke en nuwe vriende te maak. Hier is wat op deelnemers wag: 

KKNK

Ervaar die kunste

As jy ’n droom het om ’n lewe uit die kunste maak, of ’n brandende passie het vir teater, musiek, dans en visuele kunste, is die KKNK Jeugkunstefees net die plek vir jou! Hierdie is die perfekte geleentheid om jou talente te slyp.

KKNK

Skuur skouers met bekendes

Snykantteater, werksessies en gesprekke skep vele geleenthede vir deelnemers om kunstenaars en betrokkenes in die bedryf te ontmoet en by hulle te leer – ’n regte backstage pass. 

KKNK

Maak nuwe vriende

Die kunste het die vermoë om mense van alle agtergronde saam te bring en die KKNK Jeugkunstefees skep vele geleenthede vir deelnemers om nuwe vriende te ontmoet en kuier saam met ander leerders met soortgelyke belangstellings in die kunste. 

Kies jou pakket

Pakket-opsies met en sonder koshuisverblyf en ontbyt is beskikbaar en sluit kaartjies vir tussen sewe en nege produksies, vier tot ses gefokusde aktiwiteite, gesprekke en toegang tot die Feesmark in. Meer inligting is in hierdie registrasiedokument beskikbaar. 

Registreer nou

Registreer vroegtydig om jou plek vir hierdie unieke feeservaring te verseker. Moenie hierdie ongelooflike geleentheid om die kunste op Oudtshoorn te ervaar misloop nie. Die sluitingsdatum vir voorlopige besprekings is 15 Januarie 2024 en die finale sluitingsdatum vir registrasie is 1 Maart 2024. 

Deelnemers by die eerste KKNK Jeugkunstefees in 2023 sê: 

Die KKNK se Jeugkunstefees wys vir ons dat ons ook hier kan staan as ons hard werk. En dat as ons dit kan droom, ons ons drome 'n werklikheid kan maak.

Ons kan nie genoeg dankie sê vir die geleentheid wat die KKNK Jeugkunstefees aan ons gebied het nie. Ons kinders het so baie geleer en soveel pret gehad (en baie nuwe vriende gemaak!). Ons sien uit daarna om die KKNK in 2024 by te woon!

Hierdie inisiatief deur die KKNK verseker dat leerders blootgestel word aan hoëgehalte-ervarings in die kunste, wat onderrig en leer in die klaskamer versterk. Deur die jeug aan die kunste bloot te stel, word jong gehore gekweek wat nie net sal reageer op die toekomstige artistieke en sosio-ekonomiese behoeftes van ons provinsie nie, maar ook die res van Suid-Afrika.

“Die KKNK se Jeugkunstefees wys vir ons dat ons ook hier kan staan as ons hard werk. En dat as ons dit kan droom, ons ons drome ‘n werklikheid kan maak.”

“Ons kan nie genoeg dankie sê vir die geleentheid wat die KKNK Jeugkunstefees aan ons gebied het nie. Ons kinders het so baie geleer en soveel pret gehad (en baie nuwe vriende gemaak!). Ons sien uit daarna om die KKNK in 2024 by te woon!”

“Die KKNK se Jeugkunstefees wys vir ons dat ons ook hier kan staan as ons hard werk. En dat as ons dit kan droom, ons ons drome ‘n werklikheid kan maak.”