Dien nou jou programaansoek vir die 30ste KKNK van 28 Maart tot 4 April 2026 aanlyn in. Slegs voorstelle wat aanlyn, voor die sluitingsdatum van Maandag 14 Julie 2025 om middernag ingedien word, word oorweeg.
Maak seker jy het jou sinopsis (toneelproduksies) of musiek (musiekproduksies en -optredes) gereed om op te laai as deel van jou voorstel.
Kontakbesonderhede van die skakelpersoon (dien as skakel tussen die aanbieding of geselskap en die KKNK en moet maklik bereikbaar en in staat wees om besluite te neem).
Indien jy nie seker is nie, lees die programriglyne vir KKNK 2026 hier.
Kies die genre van jou aanbieding hier bv. drama, komedie, stand-up (vir toneel); musiekteater, kontemporêre musiek, klassieke musiek, kabaret (vir musiek); bewegingsteater, dansteater, kinderteater of plekspesifieke teater of dui aan indien ander.
Jou volledige voorstel, teks, musiek en ander ondersteunende dokumente moet hier opgelaai word.
Vir toneel- en musiekproduksies, woordkunsprogramme, storievertelproduksies, digkuns, dansteater, kinderteater, straatteater en Blitsteater:
Verskaf ’n tema, opsomming van die storielyn, kort beskrywing van die karakters en artistieke visie van jou produksie. Hierdie is jou pitch – maak seker die evalueerders weet wat is die produk en oorreed alle betrokkenes om die voorstel te keur! Verkieslik volledige tekste, maar konseptekste word ook aanvaar.
Vir musiekverhoogoptredes:
Stel die sangers of musikante deeglik bekend met ’n opsommende biografie, hoogtepunte in die sanger(s) se loopbaan en moontlike musieklys ens. Hierdie is jou pitch – maak seker die evalueerders weet wie dit is en word oorreed vir bespreking! Voorbeelde van musiek moet opgelaai word.
Vir Klein Karoo- en leefstylervarings:
Verskaf meer inligting oor die konsep of idee, waar en hoe dit aangebied word, wie dit aanbied, waarom dit spesiaal is en die KKNK dit as deel van die program moet aanbied.
Die volgende formate word aanvaar: pdf, txt, doc, docx, ppt, xls, xlsx, mp3 en mp4. Maak seker die dokument is kleiner as 10MB.
Benodighede en beperkings
Die KKNK verskaf basiese beligting en klank in elke venue maar indien jou produksie of optrede enige spesifieke of uitsonderlike tegniese en/of logistieke vereistes het, waarsonder hierdie produksie nie sal kan realiseer nie, meld dit hier.
Dui jou voorkeur kontraktipe hier aan. ’n Beskrywing van die verskillende opsies word ingesluit, of verwys na die KKNK 2026-programriglyne vir meer inligting.
Loketkontrak
KKNK deel in die loketinkomste van die aanbieding by die KKNK, maar dra geen verantwoordelikheid vir die skep van die aanbieding nie. Die meeste aanbiedings word op hierdie basis aanvaar. Geen venuehuur word gehef nie en basiese tegniese en bemarkingsondersteuning word verskaf. Die vervaardiger is verantwoordelik vir alle ander gepaardgaande kostes waaronder reis, verblyf, per diems en repetisiefooie.
Fooikontrak
KKNK vervaardig ’n geselekteerde aantal debuutaanbiedings. In die geval dra KKNK die omset van die produksie en aanvaar verantwoordelikheid vir al die speelvakke. In ruil, verwag KKNK inspraak in die kreatiewe proses. ’n Weldeurdagte begroting op die verskafde raamwerk moet saam met die voorstel ingedien word.
Ko-produksies
KKNK verwelkom voorstelle om in samewerking met produksiehuise, teaters, geselskappe en/of ander feeste produksies te ontwikkel. Hierdie opsie is alleenlik vir diegene wat reeds ander vennote het wat in die voorstel belangstel of wat bereid is om ’n gedeeltelike risiko te neem.