Voordat jy jou aansoek indien, lees eers die KKNK 2026 programriglyne noukeurig deur. Dit sluit inligting oor kriteria- en keuringsriglyne, teikenmark-inligting, ’n oorsig oor die KKNK se feesgangers, kontraktipes en ander belangrike inligting in.
Die KKNK 2026 begrotingsraamwerk wat jy benodig, kan hier afgelaai word.
Dien jou voorstel elektroniese by hierdie vorm in, voor die sluitingsdatum van
Maandag 14 Julie 2025 om middernag.
Slegs elektroniese voorstelle word aanvaar.
Alle aansoeke word deur ’n onafhanklike aanbevelingspaneel geëvalueer, in samewerking met die artistieke direkteur, in oorleg met die evalueringskriteria wat in die KKNK 2026 programriglyne ingesluit. Voorlopige en finale keuring word daarna deur die KKNK-kantoor uitgestuur.
Ons moedig ook reeds produksievoorstelle aan wat geoormerk kan word vir feeste verder in die toekoms. Dit bied geleentheid vir langtermyn beplanning. Indien jy ’n voorstel het vir die 31ste KKNK in 2027, stuur dit aan Hugo Theart by hugo@kunste.org.za.
Indien jy enige algemene navrae het kontak vir J.C. Aucamp:
Indien jy spesifieke navrae oor dié programriglyne het, of spesifieke voorstelle of idees, kontak vir Hugo Theart:
Lizané Basson, algemene bestuurder, is met kraamverlof tot einde-September 2025.