fbpx

KKNK Mothership-sessie: Anna Davel

Donderdag 10 September om 20:00

Die geliefde sangeres, Anna Davel se opwindende loopbaan het begin as die algehele wenner van die ATKV-Crescendo (’n nasionale sangkompetisie) in 1997, en haar tyd as deel van die a capella-groep, Cutt Glas het haar dwarsoor die wêreld na onder andere België, Portugal, Finland en China geneem. 

Oor meer as 20 jaar het Anna haarself gevestig as ʼn Suid Afrikaanse sanger en liedjieskrywer van formaat met nege hoogaangeskrewe albums agter haar naam. Hoogtepunte sluit in: vier SAMA-nominasies en een SAMA-toekenning (2006) vir Beste Afrikaanse kontemporêre album, asook nominasies vir verskeie ander gesogte nasionale nominasies en toekennings (Geraas, Ghoemas, Kannas, WoordTrofees, Tempos, ensovoorts).

Anna Davel se KKNK Mothership-sessie is ’n heerlike, ryk vertoning. Dit bestaan uit ’n paar oorspronklike liedjies, asook haar gunstelingjazz- en swingliedjies. Kykers kan uitsien na liedjies soos: Can’t take that away from me, Gypsy, Beyond the sea, Dra my saam, Those were the days, ensovoorts. Saam met Davel op die verhoog is die fenominale pianis Matthys Maree, asook Donveno Prins op saxofoon.

Davel sê: “Dit was so goed om ’n solokonsert by die Mothership te doen. Ek is al vir baie jare ’n ‘bywoner’ daar in Philadelphia, en bly dikwels vir lang tydperke as ek in die Kaap werk. Die woonstel wat ek soms gehuur het, is platgeslaan, en op daardie grond is die fantastiese Mothership Studios gebore. Dit was opwindend om te sien hoe die fondasies gegooi word, en hoe die studio in ’n paar maande gebou is tot die wonderlike kreatiewe spasie wat dit nou is. Daar gaan nog baie magic geskep word. Ek was ook bevoorreg om deel te kon wees van Republiek van Zoid Afrika, en een van my musiekvideo’s, La Vie en Rose is by die studio opgeneem.”

Davel is tans meestal besig met kunsuitstallings. Sy vertel: “Sedert die begin van inperkings kon ek nie toer nie, en is al my konserte ook, soos al my kollegas, gekanselleer. Ek is tans besig met my vierde solokunsuitstalling – Woorde III, by die Atterbury-teater saam met die sanger, Lizanne Barnard.” Davel werk ook in die volgende twee maande aand nog twee uitstallings (Decadent Art Market in Pretoria asook Still Life 2020 vir die Saronsberg Kunste-teater in Tulbagh).  Davel sê: “Ek geniet dit baie, en sal definitief in die toekoms my tyd verdeel tussen musiek en kuns. Ek vermoed dit sal ’n hele rukkie neem voor die musiekindustrie en teaters na so ’n mate herstel dat dit weer lewensvatbaar sal wees. Dit is ’n baie hartseer realiteit, en ek is baie dankbaar daar iets anders is waaroor ek ook passievol is.”

Moenie Anna Davel se spesiale konsert misloop nie! Kry jou kaartjie by WEBTICKETS. Dié musieksessie sal vanaf Donderdag 10 September om 20:00 beskikbaar wees om te kyk vir 72 uur. 

HOE OM DIE VERTONING TE KYK: (Twee maklike stappe!)

  1. Jy koop ’n kaartjie presies soos wat mens ’n kaartjie vir ’n gewone konsert sou koop, by WEBTICKETS. *Jy moet ’n profiel skep, en jou kontakbesonderhede invul. 
  2. Op die aand van die vertoning, skakel jy weer in op WEBTICKETS, gaan na My Account, en kliek dan op My TicketsHier sal ’n skakel wees wat 20:00live gaan. Kliek dan op die skakel – die player sal outomaties oopmaak en jy kan die vertoning kyk. 

Meer inligting, en die volledige program vir die KKNK Mothership Sessions-musiekreeks is beskikbaar byhttps://www.kknk.co.za/kknk-mothership-sessions/

Musiekliefhebbers kan ook met die aankoop van kaartjies ’n donasie aan die Tribuo-fonds maak. Dié hulpfonds is gestig om betrokkenes in die uitvoerende kunste tydens die Covid-19-pandemie te ondersteun. Meer inligting is beskikbaar by https://www.tribuo.co.za/

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on email
Email
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google