fbpx

KKNK Mothership Sessions-musiekreeks: Elvis Blue

Donderdag 3 September om 20:00

Dié musiekreeks word aangebied deur die KKNK, Mothership Studios en Netwerk24.

“As ek musiek speel laat dit my altyd goed voel. Dit is n voorreg om ’n instrument te kan optel en nog ’n groter voorreg as iemand wil hoor wat jy speel.” – Elvis Blue.

Elvis Blue sê dat dit beide opwindend en vreesaanjaend was om weer die geleentheid te kon kry om saam met sy vriende musiek te maak nadat hy vir maande weens die Covid-19-grendelreëls tuis moes gebly het. Hy vertel: “Ek het tydens die opname van hierdie vertoning gevoel soos Boris, die maltese poedel uit my kinderdae, wat soms ontsnap het uit ons tuin en dan karre in die pad af gejaag het – dit was lekker en vry! Ek hoop mense geniet die musiek!”

Hierdie geliefde Afrikaanse musiekster speel saam met Thinus Odendaal (dromme) en Mathys Maree (klavier) in hierdie heerlike aanlyn konsert. Mense kan verwag om van Elvis se grootste treffers te hoor, asook ’n paar van sy gunsteling covers.

Met drie platinum- en twee goue albums, en ’n lang lys top 10-treffers bly Elvis een van die hardwerkendste kunstenaars in Suid Afrika, met sy passie om sy musiek by ieder en elk uit te bring ’n sterk dryfveer. Sy gewildheid steek ook aan sy vermoë om aanklank te vind by oud en jong, Engels en Afrikaans, en om kwaliteit musiek te maak.

Elvis vertel dat die Covid-19-inperkingsreëls hom weer die wonder van sy gesin laat ontdek het. “Ek was die afgelope 10 jaar maar min tuis. Hierdie tyd het my ook die kans gegee om ander projekte te begin. Ek en my vrou het ’n padstal in George oopgemaak waaroor ons al lank droom. Kom kuier vir koffie!”

Moenie Elvis Blue se heerlike konsert misloop nie. Kry jou kaartjies by WEBTICKETS. Dié musieksessie sal vanaf Donderdag 3 September om 20:00 beskikbaar wees om te kyk vir 72 uur. 

HOE OM DIE VERTONING TE KYK: (Twee maklike stappe!)

  1. Jy koop ’n kaartjie presies soos wat mens ’n kaartjie vir ’n gewone konsert sou koop, by WEBTICKETS. *Jy moet ’n profiel skep, en jou kontakbesonderhede invul. 
  2. Op die aand van die vertoning, skakel jy weer in op WEBTICKETS, gaan na My Account, en kliek dan op My TicketsHier sal ’n skakel wees wat 20:00live gaan. Kliek dan op die skakel – die player sal outomaties oopmaak en jy kan die vertoning kyk. 

Meer inligting, en die volledige program vir die KKNK Mothership Sessions-musiekreeks is beskikbaar byhttps://www.kknk.co.za/kknk-mothership-sessions/

Musiekliefhebbers kan ook met die aankoop van kaartjies ’n donasie aan die Tribuo-fonds maak. Dié hulpfonds is gestig om betrokkenes in die uitvoerende kunste tydens die Covid-19-pandemie te ondersteun. Meer inligting is beskikbaar by https://www.tribuo.co.za/

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on email
Email
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google