Die 12de Klein Karoo Klassique gaan weens die Covid-19-pandemie en die huidige beperkings wat as gevolg daarvan in plek is, nie vanjaar voort soos beplan nie.” 

Só sê Hugo Theart, artistieke direkteur van dié fees, wat van Donderdag 6 tot Maandag 10 Augustus op Oudtshoorn sou plaasvind. “Hierdie is ’n vreemde jaar en ter wille van die gesondheid en veiligheid van alle betrokkenes en Oudtshoorn se mense, kan Klein Karoo Klassique nie vanjaar plaasvind in die normale formaat nie. Dit is ’n teleurstelling, maar ons moet nou verantwoordelik optree en sorg vir die herstel van die wêreld”, sê Theart. 

Volgens hom word virtuele klassieke musiekkonserte vir die res van 2020 beplan, aangesien Klassique nie vanjaar in die tradisionele formaat aangebied kan word nie. “Dit is nou ’n tyd om innoverend te dink en nuwe maniere te vind om uitvoerende kunste te laat leef. Ons is besig met verskeie projekte wat oor die volgende maand of twee die lig gaan sien. Dit is ’n uitdagende tyd vir almal, maar as ons saamstaan gaan ons deur hierdie moeilike tyd kom. Een van die dae hou ons weer fees, maar intussen hou ons die kole warm”, sluit hy af. 

Meer inligting word binnekort op Klein Karoo Klassique se webblad en sosiale mediaplatforms bekend gemaak. 


Klein Karoo Klassique 2020 takes on a virtual format

Due to the Covid-19 pandemic and the current regulations that are in place, the 12th Klein Karoo Klassique will not be presented as planned this year.” 

These are the words of Hugo Theart, Artistic Director of the festival that was due to take place in Oudtshoorn from Thursday, 06 to Sunday, 09 August 2020. “This is a strange year, and for the sake of all parties involved, as well as the health and safety of Oudtshoorn’s residents, Klein Karoo Klassique will not take place in its normal format this year. As disappointing as this is, we must act responsibly and ensure that we contribute to healing our world”, Theart says.  

According to Theart, virtual classical music recitals are planned for the remainder of 2020, because Klassique will not be presented in its traditional format. “Now is the time to be innovative and find new ways to give life to the performing arts. We are working on several projects that will see the light within the next few months. These are trying times for all of us, but by working together we will withstand this challenge. We look forward to welcoming you back to Oudtshoorn for a fully-fledged festival soon, but in the meantime, we’ll hold down the fort”, he concludes.  

More information will be available on www.klassique.co.za and on social media soon.