fbpx

Die Kuierbuurt bied hope vermaak vir die hele gesin. Aktiwiteite vir die jongspan is volop met teater in verskeie genres, voorlesings uit kinderboeke en hope ander pret by Speelbos. By die nuwe Liplekker kan jy wyn proe en smul aan heerlike deli-produkte. Daar is ook ander kroeë en rusareas. Die snuffelmark trek ’n nuwe baadjie aan en jy kan uitsien na ’n verskeidenheid demonstrasies en ander vermaak. Die musiekprogram skop om 11:00 af op die Castle Lager-verhoog en eindig om 18:00, dan word daar oorgeskuif na die Huisgenootverhoog vir die groot opelugkonserte. Ná die aandkonsert by die Huisgenoot-verhoog kan daar tot laat in die nag by die Castle Lager-verhoog gekuier word.

Vir Die Liefde Van

MET Joshua na die Reën, Craig Lucas, Jodi Jantjies, Die Hooflig, Whaden Johannes, Rumacques Gelderbloem (Oxijin), Nito Jafta, Joy-Leigh Jafta en Owen Reyneveldt,  2019 se o.14 ATKV-Rieldanskampioene: GB Batt Stofskoppers, Young Men’s Club-Maleierkoor, Unity Male Voices ORKES Prayburn Links, Melvin Williams en Isaac Jones 
REGISSEUR Anna Davel MUSIEKREGISSEUR William Jacobs 
VERVAARDIGER ATKV

Vir die liefde van is ’n blyspel en feesviering van Afrikaanse kulturele diversiteit. ATKV-Erfenis bied met trots hierdie produksie aan wat fees vier met rieldans, Maleier-koorklanke, reggae, jazz en R&B, alles in Afrikaans! Hoekom doen ons dit? Vir die liefde van …

24 Maart 20:00 Huisgenoot-verhoog | 90 min.
Ingesluit by Kuierbuurt-kaartjieprys. (R80 vir die dag)

KOOP DAGKAARTJIE
KOOP WEEKKAARTJIE

Amok!

Ondersteun deur: Son en Son op Sondag 
Met:
YoungstaCPT, Jerome Rex, Tribal Echo, Hakkiesdraad Hartman, Lynette Petersen, George-hoërskoolkoor, Rudeboi, Japsnoet, Beatrix, Kerwin Albertus, NinoDirtyFresh, EgoNege en Diversity Dance Crew. 
Vervaardiger: Hakkiesdraad

Amok! is ’n rymklets-geïnspireerde hip-hop-musiekproduksie, “opgejazz” met R&B, soul, folk en popmusiek. En dis bedoel vir alle ore en ouderdomme. Dis ’n gebalanseerde mengsel van oud en nuut wat genres en generasies oorbrug. Die opvoering sluit ’n lewendige orkes, ’n koor, ’n jong saksofoonspeler en die stemme van Suid-Afrika se opkomende sterre in.

25 Maart 20:00 Huisgenoot-verhoog | 90 min.
Ingesluit by Kuierbuurt-kaartjieprys. (R80 vir die dag)

 

KOOP DAGKAARTJIE
KOOP WEEKKAARTJIE

Die Ndlovu-jeugkoor en vriende

Met: Ndlovu-jeugkoor, Corlea Botha, Timothy Moloi en die Soweto-strykkwartet. 
Orkes: Melissa van der Spuy, Mauritz Lotz, Tim Rankin en Jaques Steyn.
Vervaardiger: Melissa van der Spuy

 

Ervaar die energie en skoonheid van ons kultuurerfenis saam met Corlea Botha, Timothy Moloi, die Ndlovu Youth Choir en die Soweto String Quartet. Hierdie ongelooflike kombinasie van vlagskip-kunstenaars sal jou hart laat swel van trots en jou voete laat jeuk van genot. Kom geniet ’n propvol-konsert met ons land se top uitvoerklanke.

26 Maart 20:00 Huisgenoot-verhoog | 90 min.
Ingesluit by Kuierbuurt-kaartjieprys. (R90 vir die dag)

KOOP DAGKAARTJIE
KOOP WEEKKAARTJIE

Kaktus oppie Vlaktes

Ondersteun deur: Huisgenoot 
Met: Schalk Bezuidenhout, Spoegwolf, Francois van Coke, Tasché Burger, Early B, Biggy en Loki Rothman

Kaktus oppie vlaktes is sedert die ontstaan van die KKNK ’n hoogtepunt vir baie feesgangers, waar rock en alternatiewe musiek op een verhoog bymekaar kom. En vanjaar doen ons dit weer met ou bekendes, nuwe gesigte, harde klanke en ’n aand wat ’n mens nie sommer gou gaan vergeet nie.

27 Maart 18:00 Huisgenoot-verhoog | 180 min.
Ingesluit by Kuierbuurt-kaartjieprys (R90 vir die dag)

 

KOOP DAGKAARTJIE
KOOP WEEKKAARTJIE

Die grootste Karoo paartie ooit

Borg: Huisgenoot 
Met: Jo Black, Robbie Wessels, Ricus Nel, Zolani Mahola, Demi-Lee Moore, Granville Michaels en Tracey-Lee Oliver. 
Orkes: Jaconell Mouton, Mauritz Lotz, Denny Lalouette, Nathan Smit en Andy Maritz.
Vervaardiger: Jaconell Mouton

Vergeet jou sorge en trek jou partytjieskoene aan, want Jo Black, Demi-Lee Moore, Ricus Nel, Zolani Mahola, Robbie Wessels, Tracey-Lee Oliver en Granville Michaels sing hulle grootste treffers! Maar ons word ook teruggeneem na die fantastiese musiek van die 80’s en 90’s vir Die grootste Karoo paartie ooit. Die orkes word gelei deur Jaconell Mouton. Maak gereed vir ’n onvergeetlike aand.

28 Maarrt 20:00 Huisgenoot-verhoog | 90 min.
Ingesluit by Kuierbuurt-kaartjieprys (R90 vir die dag)

 

KOOP DAGKAARTJIE
KOOP WEEKKAARTJIE

Swaai

Borg: Kuier 
Met:
Tarryn Lamb, Luna Paige, Anna Davel, Sima Mashazi, Artivist Avenue, Jarrad Ricketts, en Lady Day Big Band
Vervaariger: Luna Paige

’n Swing-konsert met ’n local twist. Ons vier jazz en swing uit toeka se dae, van Sophiatown tot Cape Jazz. Ons hoor hoe oorspronklike liedjies van plaaslike bekendes in ’n swing-styl omskep word. Die 21 vroue-orkeslede van die Lady Day Big Band, maak seker dat jy nie anders kan as om jou heupe te swaai nie. Katlego Maboe is die gasheer.

29 Maart 15:00 Huisgenoot-verhoog | 120 min.
Ingesluit by Kuierbuurt-kaartjieprys (R50 vir die dag)

 

KOOP DAGKAARTJIE
KOOP WEEKKAARTJIE

SPESIALE PROMOSIES

GOUE PROMOSIE | ’n Kuierbuurt-weekkaartjie teen R225 | Vir persone 70 jaar en ouer.


Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google