fbpx

Laaste kans om KKNK virtuele galery te besoek

Kunsliefhebbers het slegs een week oor om die KKNK se heel eerste Virtuele Kunsgalery te besoek. Dié galery is tot Woensdag 19 Augustus oop.

“Hierdie inisiatief is ’n belangrike platform vir visuele kunstenaars om hulle werke, wat vir vanjaar se KKNK geskep is, te verkoop en sodoende ’n inkomste te genereer. Die galery het tot op hede 34 500 besoekersgehad en ons sien daarna uit om in hierdie laaste week nog meer besoekers te verwelkom.”

So sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK. Volgens Theart maak dié multimedia-ervaring die prag van 11 uitstallings wat by die KKNK uitgestal sou word, beskikbaar vir alle kunsliefhebbers om in die gemak van hul eie huise te geniet. “Die aanbod bestaan uit meer as 200 kunswerke, geskep deur 45 kunstenaars”, brei hy uit. 

“Terugvoer van besoekers aan die galery is baie positief met verskeie komplimente vir hoe maklik die galery is om te gebruik. Besoekers is ook vol lof vir die verskeidenheid van tegnieke en werke wat gesien kan word”, sluit Theart af. 

Onder die gunsteling-uitstallings tel Maryna Cotton en Sarel van Staden se Karoo Stories, ’n uitstalling van die Karoo, maan en sterre. Hierdie versameling verken en belig die dikwels skugter vorme, teksture en stories van die oeroue Karoo-landskap.

Kunswerke van drie jong Oudtshoorn-kunstenaars, Colin Meyer, Zietske Saaiman en Earlyn Cloud, word deur die Absa Galery aangebied en ’n groot hoogtepunt van dié jaar se aanbod is die retrospektiewe uitstalling van vanjaar se feeskunstenaar, Barbara Wildenboer.


Ervaar dit self. Besoek www.kknk.co.za/virtual-gallery/ en wandel deur die gange van die KKNK se eerste Virtuele Galery.

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on email
Email
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google