Musikale reis wag op Oudtshoorn-gehore

’n Musikale reis deur die wêrelde van opera, tradisionele en kontemporêre kunsmusiek, asook melodieë uit musiekblyspele wag in September op musiekliefhebbers in Oudtshoorn, as deel van Klein Karoo Klassique wat hierdie jaar oor ’n paar maande ’n reeks klassieke musiekkonserte in Oudtshoorn sal aanbied. Klein Karoo Klassique word ondersteun die die Rupert Musiekstigting

Sopraan Lynelle Kenned keer terug na die Klein Karoo met Song Treasures saam met pianis Stefan Lombard, vir ’n intieme uitvoering wat strek van gewilde klassieke musiek van Handel en Mozart, tot plaaslike skatte deur Steyn en S. le Roux Marais. Song Treasures word aangebied deur Klein Karoo Klassique en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).  

“Ons sien daarna uit om Lynelle Kenned en Stefan Lombard met hierdie uitvoering op Oudtshoorn te verwelkom, vir ’n heerlike musiekreis deur die eeue. Dit is ’n wonderlike geleentheid vir plaaslike musiekgehore om weer musiek deur van ons land se bestes te beleef,” sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK. 

Kenned is ’n gegradueerde van die Universiteit van Kaapstad Operaskool, onder leiding van prof. Virginia Davids, en ’n multi-bekroonde kunstenaar. Sy ontvang in 2019 die Kunste Onbeperk-prys vir ’n Jong Stem, ’n Naledi-prys in 2018, ’n Fiësta-prys in 2017 en ’n Fleur du Cap-prys in 2016. Sy is gereeld op die verhoog te sien, met klassieke optredes as solis in onder andere The Messiah, Easter Oratorio, St Matthew Passion, Jauchzet Gott in allen Landen, Brahms se Requiem, Handel se Gloria, asook Vivaldi se Gloria.

Lombard is een van Kaapstad se mees gesogte en veelsydige musikante, wat ’n wye reeks in die repertorium speel, van klassieke kamermusiek, musiek vir twee klaviere, opera, asook konsertmusiek. As pianis het hy reeds saam met meeste van die voorste orkeste in Suid-Afrika opgetree, beide as solis en orkestrale instrumentalis. Hy is genooi om onder die oorlede Steven de Groote by die Arizona State University te studeer, en uiteindelik sy BMus-graad in klavieropvoering by die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Lamar Crowson en Laura Searle voltooi. Hy het ook onder leiding van Renna Kellaway aan die Royal Northern College of Music in Manchester, Engeland studeer.

Hulle program sluit Handel se Lascia ch’io pianga, Gonoud se Je veux vivre, ’n Mozart-medley van Non so piu en Voi che sapete, asook musiek uit West Side Story, The King and I, Showboat en The Phantom of the Opera in. 

Song Treasures word op Saterdag 18 September om 15:00 en Sondag 19 September om 11:00 in die Klein Karoo Ostrich Emporium uitgevoer. Slegs 50 kaartjies per uitvoering is beskikbaar as gevolg van die huidige Covid-19-maatreëls wat in plek is. Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by Quicket (https://qkt.io/SongTreasures). Alle Covid-19-maatreëls sal gevolg word en lede van die gehoor moet ten alle tye hulle maskers dra.

Kknk | Klein Karoo Nasionale Kunstefees | Oudtshoorn | Suid-Afrika
Klein Karoo Nasionale Kunstefees | Oudtshoorn | Suid-Afrika


Addisioneel tot hierdie uitvoering, is die Kaapstad Opera oor dieselfde naweek op Oudtshoorn te sien, vir ’n optrede van G. Puccini se pragtige, dog tragiese verhaal, La bohème. Hierdie optrede vorm deel van die Judith Neilson Cape Town Opera National Tour en word op Saterdag 18 September om 19:00 en Sondag, 19 September om 15:00 in die Burgersentrum aangebied. Die 50 kaartjies per uitvoering is ongelukkig reeds uitverkoop, maar kontak vir Daleen Witbooi by die KKNK-kantoor deur 044 203 8600 te skakel om jou naam op ’n waglys te plaas vir as die inperkingsregulasies verslap word en meer mense toegelaat kan word in die venue.

Deel op facebook
Facebook
Deel op twitter
Twitter
Deel op linkedin
LinkedIn
Deel op whatsapp
WhatsApp
Deel op email
Email

Gesels saam

Mandjie 0

Teken in

Maak 'n rekening oop

Your personal data will be used to support your experience throughout this website, to manage access to your account, and for other purposes described in our privaatheidsbeleid.

Wagwoord herwinning

Het jy jou wagwoord vergeet? Voer asseblief u gebruikersnaam of e-posadres in. U sal 'n skakel ontvang om 'n nuwe wagwoord per e-pos te skep.