Oudtshoorn se mense skitter in KKNK-reeks

Oudtshoorn se mense, ’n reeks waarin Oudtshoorniete nie net hul talent ten toon stel nie, maar ook gesels oor dié besonderse dorp en streek, word as deel van die aanlyn KKNK 2021 aangebied.

“Alhoewel gehore die afgelope twee jaar nie na Oudtshoorn kon kom vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) nie, bring die KKNK nou die talent, stories en mense van Oudtshoorn na gehore regoor die land,” sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK.

“Oudtshoorn en sy mense is al meer as 25 jaar deel van die KKNK-ervaring en só ook die pragtige natuur en ikoniese bakens wat jaarliks ’n hoeksteen van dié fees vorm. Ons het die talent en stories van Oudtshoorn se mense in van hierdie bakens en natuurskoon vasgevang, waaronder die Kango-grotte, die Queen’s Hotel en in die pragtige Klein Karoo-buitelug,” vertel Theart.

Bobaas storievertellers soos André BoezakTom JohnsonHermanus Baadtjies, en Theo Witbooi deel van hul gunstelingstories oor die Karoo; Hannes VisserSusan Ongansie en Endus Wessels lees van hul gedigte voor wat in die pandemie-digbundel Maskers en mure verskyn; Danny B (Denver Manuel), Tiffany SaterdaghtNoemwoord (Janion Kennedy) en Oom Japsnoet gesels oor die Oudtshoorn rymklets-kultuur en wys ook ’n proesel aan kykers van hul werk; DaVinci (Leonardo Kiewiets) deel sy liefde vir dans en die Kallieklip Stofdansers (Calitzdorp Rieldansers) deel ook die ryk tradisie van rieldans in die streek; Alison Moos(operasionele bestuurder van die Kango-grotte) en Steven Mouton (hoofgids van die Kango-grotte) vertel oor hul tyd by dié ikoniese toeriste-aantreklikheid en hul deel interessante inligting oor die grotte waarvan min mense weet.

Die reeks sluit ’n roerende huldeblyk in waarin dr. David Piedt onthou word. Morné Pietersen (stasiebestuurder van Eden FM), Rosie Schoeman (oud-direkteur en stigterslid van die KKNK), Franklin Sonn (beskermheer van die KKNK en jarelange vriend van dr. Piedt), Hans van der Veen (fotograaf en lid van die KKNK), ds. André Boezak (storieverteller en predikant), Liesel le Roux (redakteur van Die Hoorn), Jaco Vorster (sakeman in Oudtshoorn) en dr. Piedt se vrou – Marjorie – gesels oor die reuse-invloed wat hy op hul lewens en die Oudtshoorn-gemeenskap gehad het. Dr. David Piedt se storie is ’n voorbeeld van hoe een mens ’n impak en verskil aan ’n gemeenskap kan maak.

Om Oudtshoorn se mense te kyk, besoek die KKNK se YouTube-kanaal (https://www.youtube.com/c/KleinKarooNasionaleKunstefees) en volg ook die KKNK op sosiale media.

Die KKNK word ondersteun deur Absa as hoofborg en die projek word verder ondersteun deur die Oudtshoorn Munisipaliteit, die Wes-Kaapse regering se Departement van Kultuursake en Sport, Business Arts South Africa (BASA) en die Jannie Moutonstigting.

Deel op facebook
Facebook
Deel op twitter
Twitter
Deel op linkedin
LinkedIn
Deel op whatsapp
WhatsApp
Deel op email
Email

Gesels saam

Mandjie 0

Teken in

Maak 'n rekening oop

Your personal data will be used to support your experience throughout this website, to manage access to your account, and for other purposes described in our privaatheidsbeleid.

Wagwoord herwinning

Het jy jou wagwoord vergeet? Voer asseblief u gebruikersnaam of e-posadres in. U sal 'n skakel ontvang om 'n nuwe wagwoord per e-pos te skep.