25: OUD EN NUUT IN DIE OUTENIQUA

DEBUUTKontemporêre musiek
’n Kunste Onbeperk-produksie
MET Amanda Strydom, Koos Kombuis, Sima Mashazi,, Karen Meiring, Anna Davel, Margit Meyer-Rödenbeck, Pietman Geldenhuys, Schalk Joubert, Mauritz Lotz, Ramon Alexander, Kevin Gibson, Melissa van der Spuy, nuutgevonde talent en ander gaskunstenaars  SAMESTELLING EN REGIE Schalk Joubert VERVAARDIGERKKNK en Cape Town Music Academy

Hierdie spesiale musiekproduksie is ’n viering van 25 jaar se musiek by die KKNK. Ons doen dit saam met die “oud” en “nuut” wat hul paaie oor die Outeniqua tot in hart van die Klein-Karoo gevind het. 25 Jaar gelede, by die heel eerste KKNK, was Amanda, Margit, Koos en die a capella-groep Cutt Glas reeds daar.Die produksie bring onder meer van die lede van Cutt Glass  vir die eerste keer in jare weer byeen. Die musikante, kunstenaars en storievertellers neem feesganger op ’n reis deur die dekades met van die mees geliefde liedjies en staaltjies. Daar word ook hulde gebring aan kunstenaars wat nie meer met ons is nie, maar wat oor die 25 jaar onvergeetlike bydraes tot die fees gelewer het. En in die gees van die KKNK stel die veterane ook nuwe talent bekend, nuwe fakkeldraers vir die volgende dekades.     

Afrikaans | Gesin | 75 min.
R145, R160 (by die deur)
Absa Burgersentrum
22 Maart 18:30, 23 Maart 13:00

koop kaartjies
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google