
BLOED EN BODEM
Drama
Ontwikkel deur die Aardklop Kunstefees en KunStig
MET Stian Bam, Albert Pretorius, Carla Smith en Obed de KokerTEKS Marina Albertyn REGIE EN STELONTWERP Marthinus Basson BELIGTINSONTWERPChris Pienaar VERHOOGBESTUURDER Danielle Louw VERVAARDIGER RAMINIDAM
Jana kom besoek haar pa en oom op die familieplaas. Die plaas gaan agteruit en haar pa sit deesdae meer op die kroegstoel as die kerkbank. Een nag laat hy in dronkenskap die hek oop … Die enigste ander mens wat toegang tot die huis het, is Sibongile, haar speelmaat van kleintyd af. ’n Bitter relevante verhaal oor grense, grond en familie; oor plaasaanvalle en die desperate nalatenskap van Afrikanermans wat nooit kon genees nadat hulle aan die “verkeerde” kant van die apartheidstryd geveg het nie. Die bekroonde Melk & vleis-span bring hierdie eg Suid-Afrikaanse verhaal op die planke.
Afrikaans | Geen o/14 |S, V, T | 90 min. | R135, R150 (by die deur)
Gimsaal
22 Maart 10:00, 23 Maart 19:30, 24 Maart 10:00**, 25 Maart 19:30, 26 Maart 10:00,
27 Maart 15:00
**Gratis gesprek met die geselskap: 24 Maart 11:30 (na afloop van 10:00 vertoning) | 45min.