fbpx

Die eggo van jou oë

Besonderhede

  • 28 Maart 10:00
    29 Maart 11:00

  • Laerskool Wesbank

  • Afrikaans en Engels
    Gesin
    70 min. 

  • R125, R140 (by die deur)

Koop Kaartjies

Kontemporêre musiek

MET Jannie du Toit (sang en kitaar) en Susan Mouton (tjello) SAMESTELLING EM REGIE Emma Bekker MUSIEK Verskeie, o.a. Jannie du Toit VERVAARDIGER Jannie du Toit 


Twee virtuose kunstenaars op Suid-Afrikaanse musiekverhoë, Susan Mouton en Jannie du Toit, verf met die wonderlike klankkleure wat die kombinasie van tjello, kitaar en stem kan bied. Hulle bekoor met ’n paar van Jannie se heel jongste liedjies, maar ook met gunstelinge uit sy jeugjare soos die Afrikaanse kunslied, wêreldpop en folk van die sestiger- en sewentigerjare en die beste uit die Europese kleinkunstradisie: letterlik van Dylan tot by Doep, van The Beatles tot by Brel. Daarby kom enkele instrumentale werke vir tjello en kitaar, waarin Mouton se tjellospel skitter, en wat sorg vir merkwaardige verskeidenheid. Die twee kunstenaars werk reeds die afgelope sewe jaar nou saam en hul ensemblespel word oraloor met groot respek en geesdrif ontvang.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google