fbpx

Die hart verklap

Besonderhede

  • 25 Maart 10:00
    26 Maart 20:00
    27 Maart 10:00
    28 Maart 17:00

  • ATKV-Griesselsaal

  • 55 min.

  • Afrikaans
    Gesin

  • R125, R140 (by die deur)

Koop Kaartjies

Drama

MET Chris Vorster REGIE, VERTALING EN VERWERKING Dion van Niekerk en Chris Vorster VERVAARDIGER Giep van Zyl 


Die hart verklap is ’n nuwe Afrikaanse vertaling en verwerking van die Amerikaanse skrywer Edgar Allan Poe se kortverhaal “The Tell-Tale Heart”. Hierdie klassieke verhaal oor obsessie, vervolgingswaan en moord word op ’n vernuwende en komiese wyse op die planke gebring. ’n Moordenaar probeer sy bes om ’n onsigbare gehoor te oortuig dat hy nie versteurd is nie, maar hoekom wil hulle hom nie glo nie? Sy argument is dan so duidelik, sy dade so slinks, sy sintuie so skerp … hoe durf hulle sê hy is mal en dus skuldig? Die hart verklap het reuse-sukses behaal in 2019 op die Vrystaat Kunstefees, met vier Blinker-benoemings en twee Blinker-pryse vir beste debuutproduksie en beste kunstenaar. “Die spronge tussen 1843 en 2019 en tussen fiksie en realiteit is natuurlik net moontlik met ’n akteur wat sy liggaam en stem ten volle beheer. Chris Vorster gee hier ’n meesterklas in interpretasie.” – Naomi Morgan

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google