
DONKIE
Komiese drama
MET Frank Opperman TEKS Dana Snyman REGIE Gerrit Schoonhoven
VERVAARDIGER Let’s be Frank
In Donkieontmoet ons mnr. Barry Swart, 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, ’n voormalige model C-skool. Mnr. Swart is ’n man onder druk: Die leerlinge se akademiese prestasie is nie na wense nie en die eerste rugbyspan het vyf wedstryde agtereenvolgens verloor. Daar is ook ernstige probleme met dissipline, ’n rassistiese voorval en vrae of Afrikaans nog ’n onderrigtaal taal gaan wees. Uit talle oorde word mnr. Swart se kop geëis. Só besluit hy een Maandagoggend tydens saalopening om sy kant van die saak te stel …
Afrikaans | Gesin | 60 min.
R125, R140 (by die deur)
Laerskool Van Reedesaal
22 Maart 10:00, 23 Maart 19:00, 24 Maart 14:00, 25 Maart 17:00, 26 Maart 14:30